Klasse hervat Maandag by TUT-kampus

TUT Soshanguve. Foto: Facebook

Akademiese aktiwiteit hervat Maandag (8 Oktober 2018) by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se twee Soshanguve-kampusse.

Dit volg ná gewelddadige betogings en vandalisme wat studente en personeel op dié kampusse se veiligheid bedreig het. Die universiteit het geen ander keuse gehad as om aktiwiteite by die kampusse op te skort nie, het Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, gesê.

“Studente kan Sondag reeds na koshuise terugkeer om voor te berei,” het sy bygevoeg. “Veiligheid bly TUT se eerste prioriteit en ʼn veiligheidsgebeurlikheidsplan is geïmplementeer.”

Volgens dié plan sal studente slegs sekere ingange na die kampusse mag gebruik en slegs geregistreerde studente sal toegelaat word met ʼn geldige ID-boekie, studentekaart en bewys van registrasie vir die 2018- akademiese jaar. Alle personeel en studente moet deurgaans hul studentekaarte sigbaar vertoon. “Oortreders sal aangekeer word en aangekla word van betreding.”

Eindjaareksamens vir studente op alle TUT-kampusse, buiten Soshanguve-Noord en Soshanguve-Suid, begin op 12 November 2018. Besonderhede oor hul eindeksamens sal met Soshanguve-studente bespreek word sodra bedrywighede hervat.

“Die universiteit het begrip dat studente emosioneel geraak is deur voorvalle op die Soshanguve-kampusse. Ons nooi hulle uit om gebruik te maak van die beraders en ondersteuningsdienste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Mens moet darem nou en dan gesig wys vir daai #Fees+geldjies vir die Apple en die Nikes en die karretjie en die Catch me if you can-klere. Maar moenie asem-ophou nie, die eksamens kom nader en dan begint ons maar weer… SA se studente is reeds op die VSA-univ-kalender waar die jaar vroeg sluit, net hier word nie met die oes gehelp nie, ons Safas of ma’s met babas Sassa ok sommer want werk… ooooh, dit laat mens ril… grrrr!

hendrik ·

Daar was vir hoe lank nie klasse nie en eksamen is op hande so hoe gaan studente slaag. Die idee is seker een van gee vir elkeen sy slaagsyfer en graad dan sal daar nie moeilikheid wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.