Klasse ontruim weens vrees vir ‘Driehoek-tragedie’

18 klaskamers by Hoërskool Roodepoort is ontruim. (Foto: Mia Slabbert)

Vervalle, verlate en kommerwekkend gevaarlik.

Altesaam 18 klaskamers van Hoërskool Roodepoort in Gauteng is ʼn jaar gelede dringend ontruim nadat die gebou as uiters gevaarlik bestempel is. Dit staan vandag nog net soos dit destyds gelaat is, sommige met van die lesse steeds op die bord voor in die klas geskryf.

Hoërskool Roodepoort se bestuur het self begin ondersoek instel na die veiligheid van dié skool se gebou na die tragedie vroeg verlede jaar by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark toe ʼn loopbrug tydens skooltyd meegegee het en vier leerlinge hul lewens verloor het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie het die ingenieursmaatskappy wat ondersoek gedoen het na die skool se veiligheid, bevind dat van die klaskamers se vloere inmekaar begin sak het en daar was duidelike krake in die vloere.

18 klaskamers by Hoërskool Roodepoort is ontruim. (Foto: Mia Slabbert)

“Ons sukkel om al ons leerders in die oorblywende klaskamers te akkommodeer. Die departement het vir ons net sewe tydelike klaskamers gegee en van die leerders gaan skool in die saal,” sê Lucinda Human, hoof van finansies by die skool.

Hoërskool Roodepoort se bestuur meen dit is nou tyd dat die gemeenskap hande neem om self die strukturele skade aan die skoolgebou te hanteer, aangesien die skool nie self die bou van nuwe klaskamers kan bekostig nie.

#OpReisSaamMetMia het op Vrydag 31 Januarie navrae aan Steve Mabona, die woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, gestuur. Nog geen terugvoer is in die verband ontvang nie, maar dit sal bygewerk word wanneer dit wel ontvang word.

Kyk na die volle video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Dit bly die Dept se verantwoordelikheid. Waar is die Opposissie Partye. Kry antwoorde asb
Weer Politiel

Shady

Miljoene rande in die onderwys begroting word nie spandeer nie. Die geld is daar maar nie die wil nie

Nie Verbaas

Welgedaan weereens aan die beherende party vir die totale vernietiging van die hele Suid Afrika. Uitmuntende reaksie en aksie van die department!

Leeuwyfie

Indien die gemeenskap betaal om die klaskamers te herstel behoort hierdie gedeelte nie meer aan die staat nie, maar aan die gemeente en klaar.

Ronel

Twee brue by my kinders se hoërskool in Kroonstad is nogsteeds toe. Niemand weet wanneer wat gaan gebeur nie. Klaarblyklik is die departement min gespin oor die ongerief.