Klasse word hervat by Tuks

Argieffoto

Argieffoto

Klasse is Maandag by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se Hatfield- en Groenkloof-kampusse hervat onder swaar polisieteenwoordigheid en streng toegangsbeheer.

“Die universiteit is amptelik weer oop en ons kan sien dat studente inkom. Die kampusse is onder streng voorwaardes heropen. Studente moet ʼn geldige studentekaart hê, veiligheid is verskerp en die polisie is sedert Maandagoggend teenwoordig,” het Thabo Shingange, die waarnemende studenteraad se president, by die Hatfield-kampus gesê.

“Die studenteraad monitor die situasie sedert vanoggend en ons kan bevestig dat dit vreedsaam is. Die studenteraad het later vandag ʼn vergadering met die universiteitsbestuur om die pad vorentoe te bespreek asook hoe plofbare kwessies vreedsaam gehanteer kan word.”

Shingange het egter gesê baie studente is glo bekommerd oor die swaar polisieteenwoordigheid op die kampus. Verskeie polisievoertuie en ʼn Njalavoertuig was naby die hoofingang van die Hatfield-kampus geparkeer.

Die universiteit moes verlede week noodgedwonge saam met ander universiteite landwyd bedrywighede opskort ná ʼn vlaag van gewelddadige studentebetogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Herman ·

Indien studente om die regte redes op kampus is het hulle niks te vrees met betrekking tot die beveiliging daarvan nie

DPJ ·

Studete moet net vir een rede daar wees om hul te kalifiseer vir die toekom.
Anders is hulle vir kwaad geld daar wat ons land nie kan bekostig nie.

jan ·

hierdie probleem kon dadelik opgelos gewees het indien de la ray leierskap ge-openbaar het. sy het duidelik n tekort daaraan. so ook de villiers by us

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.