Klein Daniel maak sy oë oop

Daniel Kerswell is ernstige beseer in ‘n fratsongeluk. (Foto: Daniel Kerswell gebedsgroep, Facebook)

Daniel Kerswell se ouers was in ekstase toe hy Maandag vir die eerste keer sy oë heeltemal oopgemaak het.

Dié kleuter van Ermelo, Mpumalanga, was presies ’n week lank onder verdowing in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria nadat hy verlede naweek onder ʼn motorwiel beland het. Hy het verskeie breuke opgedoen asook skade aan sy longe. Aanvanklike skanderings het geen breinbeserings gewys nie.

Volgens Daniel se ma, Danelle, het sy gister ’n groot verrassing gekry toe Daniel self uit die verdowing wakker geword het. Hy het Sondag sy tweede verjaardag gevier en het toe al sy oë bietjie oopgemaak.

“Hy het dadelik begin huil toe hy my sien,” vertel Danelle.

“Dokers gaan ook Dinsdag probeer om die dreineringspyp uit Daniel se long te haal.”

Volgens Danelle was Daniel se verjaarsdag baie spesiaal. “Almal het vir hom gesing. Hy het vreeslik beweeg toe ons vir hom sing.”

Danelle en haar man, Paul, het onvermoeid gebid nadat Daniel Donderdag stuipe gekry het. Dokters het ʼn breinskandering gedoen om vas te stel of daar dalk ’n groter probleem is. Volgens Danelle het die skandering geen probleme opgetel nie.

“Die dokters sê die stuipe kon weens medisyne of skok wees. Hy het nog nie weer stuipe gekry nie, so ons is baie dankbaar.”

Maroela Media het vroeër berig Danelle, Daniel en sy boetie Aydin (4) was Sondag in die kombuis van hul huis doenig toe die seuntjies se pa, Paul, die huis uit is om na ʼn vriend te ry. Toe Daniel uit die huis verdwyn het Danelle dadelik onraad vermoed, na buite gehardloop en Daniel bewusteloos agter die motorwiel aangetref. Hy het vermoedelik agter die motorwiel beland en is ernstig beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Dankie Heer dat u Daniël so styf vasgehou het. Aan sy ouers, dit is ‘n vreugde/blydskap wat niemand ervaar soos ‘n ouer wanneer jou kind wakkerword nie. Sterkte, jul bly in my gebede.

modiglianigirl ·

Dankie tog! Dit is fantastiese nuus.
My hart gaan uit na Paul. Ek hoop regtig dat hy berading ontvang om deur hierdie trauma te werk. Sterkte en liefde aan julle hele gesin.

Skappie ·

So bly dat Daniel sy ogies oopgemaak het. Onse Liewe Heer se genade is baie groter as wat ons dink. Hoop hy herstel baie vinnig.

Nico ·

Tyd van wonderwerke is nog nie verby nie ons groot Geneesheer en Sy engele het na Daniel gekyk en hom versterk asook sy ouers. Alle voorspoed en sterkte vorentoe.

Caroline ·

I would like to congratulate the Steve Biko Akademiese Hospitaal for the good work and dedication they gave to little Daniel Kerswell. Well done hospital staff

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.