Klein Henry verloor sy stryd

Henry Bosman het Sondagoggend gesterf. Foto: Facebook

Henry Bosman (5), die seuntjie wat verlede Donderdag ernstig beseer is toe hy onder ʼn laaigraaf beland het, het gesterf.

ʼn Familielid het die nuus aan Maroela Media bevestig dat Henry vanoggend in die hospitaal oorlede is.

Die familie sal moontlik in ʼn latere stadium bereid wees om meer bekend te maak oor die omstandighede waarin hy oorlede is.

Maroela Media het vroeër berig Sakkie Bosman, Henry se pa, het vertel Henry en sy driejarige boetie, Ian, was laat Donderdagmiddag saam met hom op die veeldoelige laaigraaf (TLB) op hul plaas in die Petrus Steyn-distrik in die Oos-Vrystaat toe Henry afgeval en die TLB oor hom gery het.

Baba Casper was by sy ma, Elle (38).

Henry is sedertdien in ʼn privaat hospitaal in Bethlehem behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Elvira ·

Rus in vrede liewe Henry. Sterkte aan die familie. Mag julle vertroosting kry.

Marita Nunes ·

Slaap in vrede Henry. Mag God jou ouers vertroos. AMEN

KG ·

RIV Henry….dis so ongelooflik hartseer. My innige simpatie aan sy geliefdes.

Linda ·

Ag ek is so jammer vir julle. Ek bid dat die Here julle sal vertroos soos net Hy kan. Sterkte!

Linda peo ·

Innige simpatie aan al die familie rus sag liewe engeltjie

Veronica ·

Ai! Dis hartverskeurend! Sterkte en vrede, wat alleen Jesus kan gee, bid ek julle toe! Dit was n aaklige ongeluk, maar mag Jesus self julle troos! Liefde in Christus vir julle!

Sybrand ·

My hart gaan uit na die ouers van klein Henry. Ons het self ons dogter van 11 verlede jaar skielik verloor en hierdie is nie iets wat denkbaar vir enige ouer is nie. Maar die 15 maande wat ons nou op hierdie pad is het ons baie geleer. Mag God julle ook net so vashou en vertroos in hierdie baie seer tyd en die pad wat julle ook nou moet stap. Weet net, julle stap hom nie alleen nie.

Guve ·

Sterkte aan die familie,dis verskriklik erg,ek Bid Jesus se troos oor julle toe,praat met Hom,Hy luister altyd.

Gollie ·

Dis waar ek het nie woorde nie.
STERKTE DIE SAL VERTOOSTING BRING DIS SEER

AW ·

By reading this article, I actually dont have the capacity to express myself in words that would or could do justice in stating my deepest heartfelt condolences to you as parents.

The Truth is, what can a person say…. cause at times, as much as there are Power in Words, there are times that words aren’t enough.

The reality is, that at times, parent’s will have to walk, the road less traveled….

A road that that nobody can walk with you or for you as a human being….

And or emotionally….
And or spiritually….

Irrespective of how many times family / friends / people express their sympathy….

Or, an often mistake people will do….
Is to say ….”I know what you are going through….”

Or, “I am praying for you…”

Not to say, that – that individual and or people, are deliberately insensitive…

Just that at times, we as so called “good people” Do Not Think Further than Our Short Nose’s….

Rather to be Guided by the Spirit of God…

However, it is heartbreaking, to read about / hear about your “reality”…

And to top it all…. I dont have all the Right Answers….

Within a Spirit of Humility….

I express my gratitude to you, as the grieving parents, in allowing me, that dont know you from a bar of soap…. to be able read about your loss, and to remind me again that Life is Precious, and to count my many Blessings….

AW

Michellé ·

AW today your words touched my heart. I’m sure it’ll bring some peace to others too. God bless??

Rona ·

Pragtige woorde. Mens moet elke dag op mens se knee gaan en dankie se vir wat mens het. Kwaad gevoelens uit die weg skuif. Die lewe is so kort om wrokke te dra. Sterkte aan die ouers xx

Yankee ·

So sorry. Don’t just show it, but also tell your kid’s once a day how much you love them!!

Nikita ·

Ja Henry sal onthou word as n klein vegtertjie wat baie baie mens se lewens verander het en ook mense nader aanmekaar gebring het veral ek dink ons mense van Petrus Steyn ons is versker n dorpie wa almal saamstaan in noot in goed en sleg Elle en Sakkie ons sal nie weet waardeur julle gaan nie wil net se julle is verseker kosbare ouers en God sal julle dra deur hierdie seer

Willem ·

Hoe tragies. Kan net die ouers en familie opdra aan ons hemelse Vader sodat hulle deur hierdie tyd gedra kan word. Baie sterkte vir julle. RIV klein boertjie

Anneline ·

Rus in vrede engelkind…Sterkte aan Henry se mamma en pappa, mag GOD jul dra en sy hand van vertroosting op jul neerle tydens die hartseer tyding??

Nel ·

‘…gelukkig treur ons nie soos die res wat geen hoop het nie.”—1 TESSALONISENSE 4:13.

Sons ·

My innige simpatie, ek bid dat Jesus julle sal vertroos in die moeilike tyd.

Mariaan ·

Baie stekte weet dat ons liewe Heer julle sal dra deur hierdie hartseer tyd. Julle is ons gebede.

Big Show ·

Rus sag kleinman, innige meegevoel aan sy ouers, familie en vriende.

Jannie ·

Uiters tragies en woorde ontbreek!!! Innige meegevoel met sy geliefdes!! ABBA VADER alleen kan julle pyn en hartseer verlig!! Wat ‘n pragtige jong Boerseuntjie….maar hy is nou in YASHUA se liefdevolle arms!! Baie sterkte!

pietie ·

js ,eks baie jam ,oor die verlies alle sterkte daar,en weet almal dink aan jul

Nikita ·

So jammer om dit te hoor. Die lewe is soms so onregverdig, dis baie hartseer. Wees sterk…mag ons hemelse Vader julle krag gee en dra gedurende hierdie moeilike tyd. Baie sterkte aan die familie.

vissie ·

Wat kan ek se. Dit ruk deur my…ek huil saam met julle. Mag God die seer versag.

Piet Pompies ·

Die mooiste en kosbaarste blomme word eerste gepluk. Sterkte aan die ouers, familie en vriende.

Jax ·

Toe ek die storie van die kind lees was my eerste gedagte aan die fliek faith like potatoes en die tragedie toe klein Angus onder die trekker ingeval het, ek kan onthou hoe my hart gebreek het op daardie oomblik. Dis hoe ek gevoel het toe ek van julle klein Henry gelees het.
Ek is vreeslik jammer vir hierdie ouers. Dis so pragtige seun, hy was vir julle tydelik geleen, God sal jul eendag weer herenig. My innige simpatie aan die familie. May God be your strength in this time of loss. My gebede is saam julle….. Sterkte…

Roz ·

So bitter jammer om dit te hoor. Mag die Here hierdie gesin styf vashou, vertroos en genees. Ons huil saam met julle. Ons verstaan nie hierdie goed nie.

Driekie ·

Sulke nuus ruk mens tot in jou siel. My innige simpatie aan die ouers en ander familie. Mag God julle vertroos en versterk.

Genoeg ·

En so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het om vir ons sondige mense te sterf en ons daarmee die ewige lewe geskenk het. Almal wat al ‘n kind aan die dood moes afstaan weet hoe verskriklik daardie seer is en kan mens net dink hoe seer dit ook vir ons hemelse Vader was. Juis daarom is Hy alleen die groot en magtige Trooster. Sterkte Sakkie en Elle. Julle word in duisende gebede aan God opgedra.

Daleen ·

Ag woorde ontbreek…my hart so seer vir die familie. Ek bid vir julle.xx

LATIE ·

Dis so baie hartseer veral die kind en so pragtige kinders YAHVAH seen hul familie deur die pyn dat kind is gelukkig by U HalleluYAH.

Chris Venter ·

RIV klein mannetjie God het jou geroep om saam met Hom te speel. Baie sterkte aan sy ouers en familie in hierdie tyd van hartseer. As n ouer myself sit trane vlak in my oe. Mag die Vader julle onder Sy vlerk neem en troos.

jakes ·

EK is stukkend binne. So pragtige engelkind wat nou in die hemel is. Ons innige meegevoel met sy ouers en famile.

GM ·

Rus in vrede kleintjie. Dit is so hartseer. Sterkte aan al sy naasbestaandes.

Gert ·

Ek het trane in my oë … Rus saggies groot seun. Speel by Jesus. Mamma , Pappa , mag die Heer julle so styf vashou. Wens ek kon julle hartseer beter maak. Jesus het die mooiste ou seuntjie nou by Hom !

Rina Kotze ·

Baie baie hartseer vir die ouers en jonger boetie wat agterbly!

So mooi ou seuntjie! Hy speel nou rustig in die hemel.

Mag ons hemelse Vader julle as gesin en familie baie styf vashou in hierdie tyd!
Woorde ontbreek, baie sterkte! Sal vir julle intree in gebed.

Marietjie ·

SO HARTSEER,,,,,, DINK AAN JULLE, EN MAG HY JULLE VERTROOS. PRAGTIGSTE OU DINGETJIE

Rina Kotze ·

Baie baie hartseer vir die ouers en jonger boetie wat agterbly!

So mooi ou seuntjie! Hy speel nou rustig in die hemel.

Mag ons hemelse Vader julle as gesin en familie baie styf vashou in hierdie tyd!
Woorde ontbreek, baie sterkte! Sal vir julle intree in gebed.

connie ·

RIP kleine Henry, my hart gaan uit na mamma en pappa. Mag onse Vader julle vertroosting gee in hierdie moeielike tyd. Daar is nie woorde wat die seer kan beskryf nie. Vertrou net op die Here, Hy sal vertroosting bring met tyd. Julle is in my gebede.

Tina Du Toit ·

Diepe Meegevoel. Daar is geen woorde om die leegheid wat jul nou voel te beskryf nie. Mag al die mooi herinneringe jul troos in hierdie moeielike tyd. Mag God jul aanraak met Sy liefdevolle krag en Sy teenwoordigheid. Ons bid vir julle. Baie sterkte.

Santie ·

As ek daardie mooi gesiggie sien, sien ek maklik my eie kleinkind – en dit dit breek my hart! Ek kan my dit nie eens indink nie…. Daarom bid ek vir sy Ouers, boeties, Oupas en Oumas (want hulle huil oor hul kleinkind, maar is ook stukkend oor hul kinders se pyn wat hul moet aanskou). Die hele familie, goeie vriende en al sy maatjies. Mag die Heilige Gees julle vertroos soos net Hy alleen kan!

David ·

Dit is altyd hartseer om te sien ‘n kind sterf. Maar hierdie is regtig ‘n tragiese storie. Ek bid dat die Here die familie en vriende sal troos

VanAfrika ·

Wens ek kan my arms om al die ouers sit want dis die seerte seer. Aan die mammie en pappie, ek is so jammer, my innigste simpatie. My hart gaan uit na julle. My enetjie is al 23 jaar lank by Liewe Jesus en nie een dag is maklik nie. Ek hou julle ook in gebed, dis waar jul krag vandaan gaan kom. En hou geloof, baie geloof, die heeltyd. Ek is regtig so jammer.

SoosDitIs ·

Ai, klein mens, so vroeg gepluk van die wereld af. My hart is saam die ouers seer vandag. Die lewe is so kort en kosbaar. Mag julle eendag vrede vind in julle harte. Sterkte. Dit klink so afgesaag maar daar is nie veel wat ons kan se om die seer te verminder nie.

Gesiggie ·

My hart is stukkend…. en geen woorde sal troos vir die ouers kan bring, as ek na Henry se gesiggie kyk dan sien ek n engel kind… Jesus het hom kom haal om deel te wees van sy Hemel tuin…ek gun aan geen ouer om deur so iets te gaan, en ja ons sal nooit die weg van die lewe verstaan. My gebed is dat Jesus aan jul die krag sal gee en dat jul atyd sal weet daar waar jul kindjie nou is, is daar geen pyn of leiding…. Rus veilig in Jesus se arms Engel kind. Sterkte aan die ouers en Familie my innige meegevoel.

Rooikop ·

Bitter hartseer …………… krap weer my wonde oop. My oudste seuntjie is
48 jaar terug oorlede toe ons in Ermelo distrik gebly het, op die ouderdom van 2 jaar toe hy van n trekker afgeval het en die groot wiel oor sy kop gery het. Hy is op pad hospitaal toe oorlede. ………………… baie sterkte vir hierdie familie …………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.