Klein kankerlyertjie verloor die stryd

Imke Geldenhuys (Foto: Verskaf)

Imke Geldenhuys, wat verlede jaar as driejarige gediagnoseer is met ʼn aggressiewe vorm van kanker, is oorlede.

Imke het landswyd harte aangeraak toe Suid-Afrikaners van haar lot te hore gekom het. Maroela Media het vroeër berig die gesin het bykans R10 miljoen benodig om haar vir immunoterapie na die Memorial Sloan Kettering-kankersentrum in New York te neem.

Sy is in Februarie 2016 met hoërisiko-neuroblastoom gediagnoseer – ʼn gewas wat hoofsaaklik by kinders tot op die ouderdom van vyf jaar voorkom. Die gewas groei op hul niere en versprei na ander weefsel in die liggaam.

Tydens een van die grootste massa-geldinsamelings nóg het haar ouers, Darius en Ilona Geldenhuys van Tzaneen in Limpopo, in September verlede jaar gehoor dat hulle eindelik genoeg geld het om Imke na New York te neem vir die spesiale kankerbehandeling.

“Rus in vrede ons liewe engelgesiggie,” het Darius Maandag op Facebook gesê. “Engel liefste prinses ons het nie woorde nie. Berus dat jy nou vry is!”

Letaba Herald het berig Imke is vanoggend tussen 05:00 en 06:00 in New York oorlede.

Lees alle vorige berigte oor Imke Geldenhuys op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Maricia ·

So baie jammer hieroor. Liefde en sterkte vir haar ouers. ❤❤

Sandy ·

Ek is so verskriklik jammer vir julle. Kan myself nie die pyn voorstel wat julle deurgaan nie. Geen ouer verdien om hierdeur te gaan nie.

Ada ·

Baie jammer om te hoor.Die prinsessie is reguit hemel toe.Sterkte aan die liefdevolle ouers.

marlene ·

Sy’s só mooi. Regte engelgesiggie. Ai dit moet bitter wees vir haar ouers. ? Mag jul mettertyd vrede vind. Ons bid vir julle. xx

Pastoor ·

Sterkte julle. My hart is stukkend. Eks n oupa. Dit is hartverskeurend

Anna ·

? so jammer, hou vas aan julle memories en God se hand wat julle gaan deur dra ?

MammaBeer ·

Ag dis so hartseer. Wat n pragtige klein mensie, sy lyk so dapper en vol liefde. Dis so jammer dat die lewe so wreed is. Dis ook vir my erg om te dink dat dit so vreeslik duur is om sekere tipes kanker te behandel en dan werk dit nie eers nie. Ek kan nie help om te dink aan al die ander kinders wat siek en arm is wat kon baat by 10 miljoen rand nie. ‘n Mens wil natuurlik alles gee om mens se kind te help. Ek sou ook. Ek dink net dat daar ook soveel weeskinders is wat niemand het om geld vir hul in te samel nie. Dit is vir my so wreed en onregverdig dat hierdie dogtertjie en ander kindertjies so erg moet ly. Ek wens ek kon hul almal vashou.

SNEL ·

Ai, so jonk en so baie dinge moes deurmaak. Sterkte aan die ouers. ?

Elke Janse van Rensburg ·

“Verloor die stryd”???
Eintlik het sy die stryd gewen! Sy het die moeilikste wedloop van haar lewe tot die einde gehardloop en die wenpaal bereik. Sy is nie ‘n verloorder nie. Sy is ‘n wenner! Sy wag by Jesus vir al haar gelowige familie. Baie sterkte vir haar gesin. Dis nie ‘n maklike pad nie, ek weet, maar julle is nie alleen nie.

Nadia ·

Jy kon dit nie mooier stel nie, die dogtertjie het verseker die wen streep gehaal, dit wat n verskriklike harde skryf vir daardie klein lyfie

Ashlee ·

Sy het als gegee, maar die wenpaal nooit gehaal. Die wenpaal was n lewe vorentoe. N langer lewe, soos vir ons. Maar dit maak nie saak. Enige tyd sit ek veel eerder op ons Gewer se skoot, as om n mylpaal te behaal.

Jeannette ·

@Elke Janse van Rensburg – so waar. Hoe hartseer dit ookal is, dat ‘n jong lewetjie so vroeg beëindig is, en hoe stukkend haar ouers se harte moet wees – God het gegee en God het geneem. Imke se lyding is verby. Kanker vir so ‘n ou klein lyfie moet 1000 keer erger wees as vir ‘n volwassene, wat kan verstáán waar die pyn vandaan kom. Ek is so dankbaar dat my Ma kolonkanker oorleef het, maar daardie swaard sal altyd oor haar kop hang. Rus sag, liewe lyfie, Jesus hou jou STYF, STYF vas.

Ashlee ·

Rest in peace little angel, i know you will. And for most of us, including myself, stop complaining, stop feeling sorry for ourself so many times, stop all negatively that may cross our path, and thank God that we came this far.

Corrie Steyn ·

Liewe Heer hoekom die klein kindertjies,vou haar in U arms toe asseblief,aan die ouers Ilke is nou veilig in die arms van God rus in vrede kleine Ilke

Corrie Steyn ·

Liewe Heer hoekom die klein kindertjies,vou haar in U arms toe asseblief,aan die ouers Ilke is nou veilig in die arms van God rus in vrede kleine Ilke

Chantal Breytenbach ·

Ons harte gaan uit na die hele Geldenhuys en Pohl families. Julle het saam so hard baklei. Liefde en vrede vir julle. Klein Imkies is nou verlos van haar pyn. Dink aan julle

Magda ·

Rus in vrede kleinding. Jou pyn en leiding is verby. Genade word die gesin toegebid. Sterkte

Annie ·

Liewe Imke. Ek het gister so gehuil oor jou. Ons het gehoop dat jy Die styd sou wen. My hart is baie seer, maar ek dink jy sal nou kan soeel soos n klein dogtertjie moet speel. Geen pyn, geen pype, geen medikasie en geen hospitaal nie. Liewe Jesus gaan jou stuif vas druk met liefde. Sterkte aan jou ouers. Ons gaan jou vaie mis liewe engel kind!!!

LS ·

Baie hartseer !!! Rus in vrede, mag God die ouers/familie/vriende se hande styf vashou in die vreeslike moeilike tyd – BAIE STERKTE aan julle.
Sy het die mooiste ou gesiggie gehad, so stralend en vriendelik !!!

Annie ·

Rus in Vrede – en sy is so ‘n pragtige kind gewees. My hart gaan uit na haar ouers toe.

Ander Annie ·

Rus sag Engelkind. Innige simpatie aan haar ouers en familie. Sy het die dapper wedloop voltooi.

INNIGE SIMPATIE ·

Mamma en Pappa, ek weet nie hoe verwerk mens die verlies van iemand so spesiaal, iemand wat jy so bitter baie graag by jou wou hou verewig, maar ek weet die Here is elke oomblik saam julle en sal vertroosting bring.

Sy het die pragtigste ogies en gesiggie :-(

Sterkte vir julle.

Maritza

David ·

Pragtige gesiggie en ogies. Pragtige engeltjie.
So so jammer oor julle verlies. Gun haar die verlossing en vrede. Dit is moeilik.
Sterkte .

Hannelie ·

Here wees met hierdie familie, hou hul styf vas en vertroos hul. Sy is so pragtig! Sy het teen die siekte gestry, maar die gesiggie straal nog, is sy nie ‘n mooie kindjie nie?

Renè Erwee ·

Ek onthou so goed een van die onderhoude wat met die mamma gevoer is voordat hulle oorsee is en het altyd gewonder hoe dit gaan. Pragtige engelkind – sy is nou by haar Hemelse pappa – daar kan niks haar ooit weer seer- of hartseer maak nie. Liewe ouers en geliefdes, mag julle meer as ooit God se troos genade liefde en voorsiening ervaar.

Andrea ·

So bitter jammer vir julle! En vir die pragstige ou dingetjie… mag jy in vrede sonder pyn rus, Poplap.

Ouma ·

Dit moes verskriklik wees vir haar ouers, grootouers, familie en naby vriende om haar so te moes sien ly. Maar haar lyding is nou eindelik verby!! Sy is nou vry om te speel saam met maatjies en rond te hardloop…… sy het nou ‘n jôl! Die Here belowe ons dat dit wat ons nog nog nie in ons wildste drome kon droom, dit waarvan niemand nog nooit kon vertel het nie, (omdat hulle nie die woordeskat sou hê nie) ……..dît is wat Hy vir ons in die Ewige Lewe gaan regmaak het by die Vader. Ek hoop julle glo dat die Ewige lewe waar is! Want dit is! Julle gaan haar mis, maar die Here gaan julle trane afdroog en julle rustig maak. Sterkte.

TRACY ·

Ek is n ouma, kannie dink wat die ouers deurgaan nie, hartverskeurend aai, sterkte mense.

**Hartseer ·

Liewe Pappa en Mamma, ons is sò hartseer om te lees van julle groot eina met Imke. Sy is seker die allermooiste engeltjie in die hemel. Bid vir julle xx

sarel ·

geen van hierdie antwoorde bring vrede vir n ouer wat n kind verloor het nie al word dit goed bedoel.Dit is tyd dat mense besef dat God en Christus niks met seermaak en siektes en geweld te doen het nie. dit is God se wil eerder dat sy sou gelewe het en n vrou en ma geword het.Dit wat met haar gebeur het is gladnie God se wil nie. haar ouers sal n leemte en hartseer he vir die res van hulle lewe en dit is ook nie God en Christus se wilnie

Sue Jochum ·

Imke jy het jou engel vlerkies gekry …jy is nou veilig by jou Hemelse Pappa…Speel lekker met ander engeltjies…
Tan Sue

Hartseer ·

Ek huil van gister af Imkies jy het so in my hart gekruip ek onthou die dag wat jou Mamma Ilona vir my n oudio gestuur het en wat jy met my gepraat het en gese “Tan ek is gesond in Jesus se naam Amen” jy is nou veilig by Jesus en sonder pyn ek gaan jou eendag ook in die Hemel sien.
Sterkte Daruis en Ilona jul het baie vir Imkies gedoen en die pragtige foto van Imkies en die tweeling is pragtig sal altyd by jul bly
Bid vir jul

Hartseer v Tzaneen ·

Ek het die engeltjie nie persoonlik geken nie maar ek het als gevolg van haar. Liewe Mamma en Pappa julle was vir daai engeltjie als! Pappa wat so als saam haar gedeel het altyd thumbs up as da n foto is. Nou is sy laggend by Liewe Jesus sonder pyn. Troos julle daaraan dat sy nou verlos is. Mag ons Hemelse vader julle net Sterker maak in die tyd wat dit nog seer en rou is. Liefde uit Tzaneen

Christa ·

Nou het my kleinseun, 4 mnde 3 weke nog ‘n speel maatjie bygekry.
Ek vermoed die klomp kindertjies hou Jesus en hulle oumas, oupas, ens goed besig in die hemel.
Lekker speel ons kleingoed. Sien julle gou gou weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.