Klein-Kariba: Bejaarde vrou se liggaam gevind

Die onderdak swembad waarin die bejaardes glo was toe die vloedwater hulle meegesleur het.

Die onderdak swembad waarin die bejaardes glo was toe die vloedwater hulle meegesleur het.

Elizabeth Sparrow, die 69-jarige vrou wat saam met haar man, Eric (74), by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is, se liggaam is ook gevind.

Die Sparrow-egpaar was verlede Vrydag omstreeks 13:00 in die onderdakswembad van die oord toe die water hulle meegesleur het. Eric se liggaam is verlede Saterdag om 11:00 gevind.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie se soek-en reddingseenheid het Elizabeth se liggaam Sondag omstreeks 13:00 in die Klein-Kariba-dam gevind. “Die familie is reeds in kennis gestel en die egpaar se seun sal Maandag haar liggaam gaan uitken,” het Mulaudzi gesê.

Elza-Lee Pretorius, een van die bestuurders by die oord, het aan Maroela Media gesê die oord betuig hul innige simpatie aan die vriende en familie van die Sparrow-egpaar. Die oord het bygestaan met ʼn kranslegging en familie en vriende word op die oord toegelaat om hul medelye te betoon.

Lees ook:
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.