Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade

Vloedwater by die ATKV Klein Kariba-vakansieoord

Vloedwater by die ATKV Klein Kariba-vakansieoord

Die polisie van Limpopo is Dinsdag steeds op soek na Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man, Eric (74), by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord deur ʼn fratsvloed meegesleur is. Die Sparrow-egpaar was Vrydag omstreeks 13:00 in die onderdakswembad van die oord toe die water hulle meegesleur het. Eric se liggaam is Saterdag om 11:00 gevind.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag omstreeks 12:00 aan Maroela Media gesê die polisie se duikeenheid is tans op die toneel.

Intussen het Elza-Lee Pretorius, een van die bestuurders by die oord, aan Maroela Media gesê voorlopige ondersoek wat deur die oord se assessors gedoen is, toon dat daar skade van nagenoeg R15 miljoen is. “Hulle was kort ná die vloed hier, toe die water nog hoog was,” het Pretorius gesê. “Hulle kom Donderdag weer om ondersoek in te stel en sal dan ʼn beter beraming van die omvang van die skade kan gee.”

Die oord is tans gesluit vir die publiek. “Die oord gaan ten minste vir die volgende twee weke gesluit wees. Slegs personeel, die polisie, en staatsamptenare word toegelaat. Die personeel ruim die oord op en sorg dat oorblyfsels gereeld by die laagwaterbrug verwyder word. Ons laat ook die twee bejaardes se familie toe om hulle te help met die rouproses,” het sy bygevoeg.

Sy het gesê hulle behoort oor twee weke ‘n aanduiding te hê wanneer die oord weer vir die publiek oopgemaak gaan word.

Lees ook:
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.