Klein Logan verloor sy stryd

Klein Logan by sy ouers Dieter en Roelindi. Foto: Facebook

Klein Logan by sy ouers Dieter en Roelindi. Foto: Facebook

Die 17 maande oue Logan Snyman is Dinsdagaand oorlede, ʼn paar maande nadat hy met breinkanker gediagnoseer is.

Logan is omstreeks 23:15 in sy pa, Dieter, se arms in die Mediclinic Sandton dood. Hy is vroeër vandeesmaand na die hospitaal oorgeplaas waar hy op 7 Januarie weer geopereer is. Hy is hierna in die waakeenheid behandel en op suurstof geplaas. Logan was gister nog op suurstof en in ʼn kritieke toestand.

“Rus sag by liewe Jesus my engelkindjie. Ons sal jou nooit ooit vergeet nie en jou lief hê vir ewig en altyd en kan nie wag om jou eendag weer te sien nie,” het sy ma, Roelindi, na sy dood op Facebook geskryf.

Logan het die harte van derduisende mense aangeraak nadat sy ouers ʼn Facebook-groep begin het waar sy vordering weergegee is. Dokters het Logan se ouers kort ná sy eerste verjaardag meegedeel dat hy ʼn breingewas het. Hy is voor dié diagnose verskeie kere verkeerd gediagnoseer.

Logan in die hospitaal.

Logan in die hospitaal.

Logan is op 6 September in die Rooikruis-kinderhospitaal geopereer en 95% van die gewas is tydens ʼn ses uur lange operasie verwyder. Logan het verbetering getoon, maar twee dae later het hy spasties geraak en ʼn breinskandering het bevestig die drukking op sy brein is terug. Hy het ʼn noodoperasie ondergaan waartydens ʼn omleiding (shunt) in sy brein geplaas is om serebrale vloeistof te dreineer.

Dieter en Roelindi het op 15 September uitgevind Logan het fase 4-breinkanker en dat hy ses maande tot ʼn jaar oor het om te leef.

Dieter en Roelindi het hierna verskeie behandelingopsies ondersoek en Logan is by verskeie geleenthede in die hospitaal opgeneem. Die gesin het in Desember by die see vakansie gaan hou voordat Logan op Kersdag weer in die hospitaal opgeneem is. Hy het sieker en sieker geword voordat daar weer besluit is om die omleiding skoon te maak en ʼn voedingsbuis in te sit. Hy het egter hierna siek gebly voor hy Dinsdagaand dood is.

Volgens Dieter en Roelindi beteken die naam Logan ʼn nederige dienaar van God. Die ouerpaar het op 4 Januarie, toe Logan 17 maande oud geword het, geskryf: “Jy leer ons wat dit is om braaf te wees. Jy leer ons wat ware en opregte liefde is. Jy leer ons om vas te byt in die donkerste tye. Jy leer ons om te vertrou.”

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Rugga007 ·

Rus sag Logan, jou plekkie by JESUS is nou jou nuwe speelplek.

chris ·

Ai hoe hartseer om hierdie berig te lees. Kanker is ‘n vreeslike siekte . Arme Logan is die pyn en lyding gespaar. Niemand van osn weet wat die arme kind moes deurmaak nie. Aan die ouers , woorde kan julle nie troos nie, maar weet dat God nie ‘n fout maak nie . Ons bid vir julle vir krag en aanvaarding. Baie sterkte !!

BOLANDER ·

Baie sterkte vir julle, hou julle oë op HOM gerig. Die ou dingetjie is nou sonder pyn en veilig by Jesus.

Marelise ·

My hart is so seer… Terwyl duisende Mammas en Pappas vandag fotos plaas van hulle jong klomp wat vandag skool begin, is hierdie engeltjie se lewe beeindig. Rus sag mooiste babatjie

Amanda ·

Toe ek dit vanoggend lees het ek in trane uitgebars. Sterkte aan die familie. Al gaan my woorde nie n verskil aan jul seer maak nie. Weet net baie mense dink aan julle. Geen ouers of klein engel verdien om deur so iets te gaan nie. Rus In Vrede.

Susan ·

My innige meegevoel met julle??? mag julle nou die krag van die Here by julle wees as ook die van jul familie

broos ·

ai dis so hartverskeurend :( baie baie sterkte ons bid dat Onse Vader julle styf sal vashou in hierdie donker uur

zahn ·

Ons is as ouers self deur so ‘n paadjie. Woorde is daar nie. Onthou net een ding, waar hy nou is, het hy geen pyn nie, huppel rond, spring, dans, lag, gesels, speel, alles wat hy nie kon doen nie, doen hy NOU.
Dis baie moeilik, maar glo dit.

Vincent ·

Baie hartseer om die nuus te lees. Kan my nie indink hoe ‘n ouer moet voel, maak of aangaan nie. Rus sag Logan.

marthie lana bessenger herbst ·

Wat se mens al wat ek kan se hou jul Fokus op God hy aleen kan jul deur die seer dra sterkte liefde?

Charmaine ·

Sterkte aan familie. Dis tragies.
Hy was ‘n regte ou fighter’tjie ?

Weet van seer ·

Dieter en Roelindi ek ken die seer. Nou 40 jaar na my eerste dogtertjie 15maande oud in ‘n motorongeluk dood is en my 2de dogtertjie toe net 3 dae oud, is die verlange nog net so groot maar het daar ‘n roof oor die seer gegroei. My innige meegevoel.

Erno ·

Sterkte aand die familie. Ek bid saam met julle vir krag van God.

Jane ·

Ai julle, my innige simpatie met die heengaan van die pragtige ou dingetjie. Ek het saam met julle gebid vir sy genesing, nou sal ek vir julle bid vir die hantering van hierdie groot verlies. So jammer daaroor, baie sterkte vir julle gesin en familie, en mag God julle vertroos, geen woorde kan dit beter maak nie. Rus sag aan die voete van Jesus Logan, jy was maar net ‘n onskuldige ou babatjie!

nora visser ·

Jammer vir die verlies van julle kind.Mens verstaan nie altyd hoekom dinge gebeur nie maar Jesus pluk sy mooiste blomme en wees sterk dink aan julle

Charl ·

Baie sterkte vir julle, ons harte en gebede gaan uit na julle.

Sharon Grobler ·

Safe in the arms of Jesus. No more pain my little angel. Big loves to your parents and family. You are in our prayers xx

soek ·

Ai, ai…die kleine ou lyfie. Rus sag by Jesus kindjie. Ons innige meegevoel en simpatie met sy ouers en die familie. Sooooo hartseer.

carol ann huter ·

Daar is nie woorde wat kan se hoe hartseer my hart is nie…rus sag ons fbook maatjie..Jesus se arms is net liefde en geneesing my liefste engeltjie..mamma pappa ek le jule by Jesus se voete…net Hy sal vetroosting bied hou jule in my gebede.xx

Lucille Delport ·

Baie sterkte vir julle. Daar is nie n seerder seer as om jou kind aan die dood af te staan nie. Bid dat God julle deur die tyd sal dra.

Emmarentia Bolton ·

Ek kan net sê sterkte vir die mamma en pappa. My hart bloei vir julle en ek sal vir julle bid.

Ben ·

Daar is nou baie hartseer op aarde maar groot opgewondenheid in die hemel oor nog ‘n siel. Wees dankbaar oor die tydtjie wat hy op aarde was en bly dat hy nou in die hemel is. Sterkte aan sy ouers, oupas en oumas.

Justice ·

Hartverskeurend – ek het nie woorde nie – my innige simpatie.

lionel visser ·

R.I.V Klein Logan Jy is nou n helder sterretjie in die Hemelse Vader se paradys Jy gaan gemis word

mc ·

Hierdie ou klein vegtertjie was ‘n inspirasie vir ons almal. Vlieg hoog liefiekind. Sterkte aan mamma en pappa, mag God julle toevou in liefde en vertroosting. Dink elke oomblik aan julle.

susan forret ·

Hoe kom drs hom verkeerd gediagnoseer het? Verstaan dit nie

lee ·

Hart verskeurend om jou kind te verloor. Rus in vrede engeltjie, bid vir mamma en pappa deur hierdie swaar tyd. Mag Jesus julle bitter styf vashou deur die moeilike tyd. #feelingsad……

Cherise ·

Rus saggies pragtige mensie… jy is versekker op n baie better plek sonder einas. Sterkte aan mamma en pappa dis die moeilikste situasie om deur te gaan.mag God julle toevou in sy arms

Tina ·

Niks so seer soos om ‘n kind aan die dood af te staan nie. Jul moet sterk wees en mekaar bystaan daar le ‘n lang moeilike pad vir jul voor. RIP Logan.

Hannetjie Harvie ·

Baie sterkte, niemand sal julle pyn ken nie, net God, soek in hom julle vertroosting.

Anoniem ·

Hoe huil ek nou. Sterkte aan die ouers. Mag klein Logan sag rus in God se arms. Mag God jul vertroos, jul beskerm en daar wees met jul elke dag. Weet net God hou jul by die hand…..

Charmaine ·

My hart is so seer ek huil snot en trane! Klein mensie ons gaan jou mis jy het baie diep in ons harte gekruip !!! En so groot spasie is nou oop gelaat in ons harte, jy is nou by di Here en ons sal jou eendag weer sien !sterkte aan mamma en pappa en almal wat jou lief gehad het RIV Logan liefies?

stef ·

Sal ‘n mens dit ooit kan vertaan? so ‘n pragtige ou seuntjie! Glo in God Hy sal julle krag gee en dit vir julle beter te maak , ons wat agterbly kry baie swaar maar glo my ons kry krag van Bo !!

Hannelie Swart ·

Baie baie sterkte aan die hele familie. Rus in vrede klein Logan. xx

Melissa ·

Ai, Liefiekind Logan… Ons gaan jou baie mis. Jy het so diep in ons harte gekruip. Jy het die mooiste ou laggie gehad, jou ogies het geskitter soos sterretjies. Ons het so bly hoop en bid vir jou vir ‘n wonderwerk, maar jy is kom haal as ‘n Hemelse Pêrel. Ek weet nou jy speel nou lekker in die Hemel, daar waar jy geen meer pyn het nie. Ons dink aan jou Mamma en Pappa en bid dat Here Jesus daar vir hulle sal wees deur die moeilike tyd. Tot ons weer eendag ontmoet. x

Yvonne de Bruin ·

Ek het so pas gese ons bid vir hom en sy ouers. Toe moet ek lees hy is weg. Dieter en Roelindi mag die Here julle toevou en vertroos . Ek voel saam met julle en bid vir julle vir krag en sterkte.

Elma Tiran ·

Wat se n mens vir hierdie mense met hulle vreeslike hartseer???
Mag Jesus hulle toevou in Sy arms en hulle troos…
Baie sterkte aan die familie…
Baie liefde vir julle

Yvonne Whitworth ·

Agge ek huil sommer, sy lyding is verby hy sagging in Jesus se arms. Sterkte vir moeder en vader dis moeilik maar hou julle oe op God.

Yvonne Whitworth ·

Agge ek huil sommer, sy lyding is verby hy saggies in Jesus se arms. Sterkte vir moeder en vader dis moeilik maar hou julle oe op God.

weesWys ·

Huil saam met julle oor jul pragtigste kindjie, liewe Pappa en Mamma. Mag God julle gedurig dra.

Susan du Toit ·

My innige meegevoel aan die ouers dis baie hartseer. Ons is 3 jaar terug ook deur sulke nuus Prys die Here Duan het herstel met die chemo maar daai wolk hang altyd oor die ouers se kop.
My dogter het elke keer ‘n terug slag as hy weer vir opvolg gaan. Roelindi en Dieter ek dra julle
op aan ons Vader dink aan die mooi dae saam hom. Liefde

Kobie ·

Ons ween saam met die ouers..,hierdie pragkind rus nou ….nou het die ouers n toekoms verwagting….eendag n weersien….Runs saggies lie we Logan

Jodine ·

Het ek nou vanoggend gehuil oor die kindtjie… my hart is so so seer, ek het so gebid Jesus genees jou. Rus sag liefie kind, jy was so pragtig. Sterkte aan mamma en pappa.

Amanda ·

rus in vrede engel seunLogan? Sterkte vir familie mamma en pappa ?

Amanda Pretorius ·

rus in vrede engel seunLogan? Sterkte vir familie mamma en pappa ?

Daleen Becker ·

Ons is so jammer vir jul verlies van jul seuntjie.mag Jesus julle vashou en troos,ons nie woorde nie,maar ons dink aan julle in die moeilike tyd.baie sterkte

Santa ·

Rus sag by Jesus se voete liewe Engelkind…dis die seerste seer vir ouers…

Tillie Tarr ·

Ons gaan die gesiggie sooo mis… RIV engeltjie. Sterkte aan mamma, pappa en die familie. Xxx

Renet Viljoen ·

RIP klein Logan. Ons weet jy is in Jesus se arms. Pappa en Mamma, ons harte is seer saam met julle. Dit kan nie maklik wees nie. Baie sterkte, Jesus sal vertroosting gee.

Ounooi ·

Hier wa ek skryf rol di trane oor my wange en my hart is stukkend vir jul. Niks wat ek se sal jul eina beter maak ni. Ek weet dat jul liefi engeltjie veilig by pappa Jesus is en dat jul mekaar wee sal sien. Wens jul all sterkte en liefde toe. Ek is baie jammer en ek dra jul op na di Heer

Angelique ·

Goeie dag Snyman familie, ek het self n kind en ek weet hoe ek sou voel en deur wat julle gaan ek sal nie eintlik kan se ek weet hoe julle voel nie want dit het nog nooit met my gebeur nie maar ek kan so n idee kry van hoe julle voel en my hart gaan yt na julle toe. my hart is nogsteets gebreuk want niemand wil daar deur gaan nie en dink so daaran nou is al sy pyn weg en hy is nou by onse fader en wag vir sy mamma en pappa om weer terug huistoe na hom toe te gaan.

Baie jammer om te hoor en ek gaan nogsteets vir julle bid lat sy presence orelste saam met julle gaan en dat julle rus vind.

Annie ·

Baie jammer om van julle verlies te hoor,di so hartseer en baie sterkte aan julle ouers en die familie.

Liza ·

Ai so jammer om te hoor van julle verlies, sterkte vir julle …..rus saggies in Jesus se arms kleine Logan…….Jy is veilig en het nie meer eina nie……

Martin ·

Rus sag Held Logan. Jys vandag in die Here Se arms. Ek is ‘n groot man met trane in my oë. Alle sterkte vir mamma en pappa. Ek weet die Here sal julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Yollie ·

My hart is somr baie seer. Ek het elke dag op FB uitgekyk vir n beterskap post. Gaan daai mooi gesiggie baie mis. Alle sterkte vir sy mamma en pappa in hierdie ontsettende moeilike tyd xxx

Mariet Stander ·

Rus sag in Jesus se arms klein Logan. Daar is geen pyn meer nie…aan sy ouers, innige meegevoel bly net glo…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.