Klein ondernemings ly weens skade by substasie

(Argieffoto:
Unsplash)

Eskom is steeds hard aan die werk om die Gravett-substasie in Nigel, Ekurhuleni, te herbou ná dit Saterdag geplunder is. Klein ondernemings in die omgewing is sedertdien in donkerte gehul.

Die kragvoorsiener sê verbruikers op Driemanskap-kleinhoewes, Glenroy-plase, Rooikraal en Suikerbosrand is steeds sonder kragtoevoer weens vandalisme by die substasie.

“Die enorme skade wat aangerig is, beteken dat die substasie herbou moet word. Dit kan na verwagting meer as ʼn week duur om kragtoevoer te herstel.”

Eskom sê sy spanne doen hul bes om so vinnig as moontlik, maar behoorlik en veilige konstruksie te verseker.

Die kragvoorsiener het ook sy kommer uitgespreek oor ʼn toename in voorvalle van diefstal en vandalisme van elektrisiteitsinfrastruktuur in Gauteng. Eskom het pogings verskerp om die kwessie te takel en werk met wetstoepassers en gemeenskappe in Gauteng.

Dié vennootskap werp reeds vrug af, aangesien meer mense na vore kom met inligting en dit het reeds tot verskeie inhegtenisnemings, vervolgings en skuldigbevindings gelei.

Eskom vra om verskoning vir die ongerief terwyl hy aan die substasie se konstruksie werk en om kragtoevoer na die betrokke verbruikers te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.