Klein partye soek doodstraf teen vrouegeweld

Argieffoto

Oproepe om die doodstraf het van die kant van twee klein partye opgeklink in ʼn parlementêre debat wat Woensdagmiddag oor geweld teen vroue en kinders gevoer is.

Sowel die IVP as die ATM het die oproep om die doodstraf gedoen in ‘n debat waarin alle deelnemers fel te velde getrek het teen geweld op vroue en kinders.

Die debat is aangevra deur die EFF, wie se sprekers met skokkende voorbeelde vorendag gekom het van hoe oorlewendes van spesifiek geweld teen vroue behandel word deur die gemeenskap en die owerhede, by name die polisie. Die EFF-LP Veronica Mente het uitgewys dat baie vroue geen keuse het nie anders as om, nadat hulle ‘n klag van geweld teen hul eggenoot of die man met wie hulle in ‘n verhouding staan, terug te keer na die huis wat hulle met die geweldenaar deel.

ANC-sprekers het hulle beroep op die Vryheidsmanifes, aangevoer vroueregte is menseregte en uitgevaar teen die patriargie, terwyl hulle ook die toename in Thuthuzela-sentrums aangeprys het.

Die DA-hoofsweep, Natasha Mazzone, en die DA-LP Nazli Sharif, het uitgewys dis nie vroue wat ander vroue verkrag nie, en dis ook nie vroue wat ander vroue doodmaak nie – dis mans wat hul gedrag moet verander. Terselfdertyd het Mazzone te velde getrek teen veldtogte soos #MenAreTrash, wat alle mans oor dieselfde kam skeer. “Ek weet daar is mans wat hul lewens sal waag om te keer dat vroue leed aangedoen word.”

Namens die VF Plus het hul LP, Tammy Breedt, gesê die geweld teen vroue is deel van die geweldskultuur en die mate van onverdraagsaamheid jeens enigeen wat van die norm verskil, hetsy dit taal, geslag of wat ook al is. Breedt het gesê geweld teen vroue begin met daardie ietwat onsmaaklike en ongevraagde aanmerking teenoor ‘n vroulike kollega, of daardie ietwat seksistiese grappie om die braaivleisvuur, en moet daar in die kiem gesmoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Ek sou dit waardeer maarcwees eerder realidties en werk vir swaarder minimum vonisse. Dit sal al ‘n begin wees indien die betrokke minister sy werk wil doen

Barbara

Hoe gouer hoe beter. So persoon verdien nie om te lewe.

Bramaputa

In hierdie sogenaamde “verligte” tyd kan ons nognie wegkom van diskriminasie nie. Vir een of ander rede is swart mense se lewens meer werd as al die ander rasse, is vrouens se lewens meer werd as mans s’n. Wat van pogings om ALLE geweld teen ALLE rasse en ALLE geslagte te stop? Met die huidige diskriminasie word die blanke mans eintlik as die pestilensie gebrandmerk en word geweld teen hulle gekondoneer. “Waaroor kla hulle? Hulle is nie swart of vroulik nie…”

marius

Dieselfde mense wat luidkeels verkondig dat wittes uitgemoor moet word ? Dieselfde mense wat die mrk geskep het ? Dieselfde mense wat die land tot stilstand wil ruk vir hul eie gewin ?

Pierreli

WAT van Plaas Moorde? Ons mag ook nie enige persentasie noem van ras groep waar die meeste gevalle van vrouegeweld voorkon nie.
Dis net dieselfde soos die Suid Afrikaanse aktriese wat nou in Amerika sit wat gesê het all men are rapists. Dis net weereens ‘n pogig om die wit man die” scape goat” te maak.