‘Kleiner kans vir verkragters om skuldig bevind te word’

Argieffoto

Argieffoto

Statistiek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toon dat ʼn verkragter “baie ongelukkig” moet wees om skuldig bevind te word in Suid-Afrika.

The Times berig dat van die 62 649 sake van seksuele oortredings wat in 2013/2014 by die polisie aangemeld is, slegs 5 484 tot skuldigbevindings gelei het. Die ander 57 165 sake het deur die krake geval.

Onlangse navorsing rondom die toestand van dienste wat deur die polisie en  gesondheidsinstellings vir slagoffers van seksuele oortredings beskikbaar gestel word, het getoon dat die prosessering van verkragtingsake “inkonsekwent en deurspek met probleme” is.

Dit kom in die lig van oudpresident Nelson Mandela se kleinseun wat van die verkragting van ʼn 15-jarige meisie aangekla is. Hy het reeds twee keer in die hof verskyn en sal Dinsdag weer in die beskuldigdebank wees.

Dit is egter ooglopend dat die polisie en howe nie in alle verkragtingsake met sulke doeltreffendheid omgaan soos in hierdie geval nie, het die koerant berig.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thys ·

Hier is mos nou weer bekende name betrokke. Op die ou end sal die meisie die skuldige wees.

gogga ·

Hi het mos n tietel agter sy naam, so hy sal baie jare kry .Maar soos Oscar Pistorius in hiusares wees vir n tyd lank of vry kom weens , te swak aan bewyse

Winston ·

Patetiese swak karakterlose mans is verkragters. Met uisondering van enkele mans wat in slagysters trap. Bewys die teendeel

connie ·

Ja, ONSKULDIG, daar is nie genoeg bewyse nie en al daai snet. Hy is mos Mandel se kleinseun. Was dit nou anders om, was hy al lankal gevonnis en die koerante weergalm van dit.

Christie Joubert ·

My liewe aarde! Wat het ons meer verwag? Zuma is dan die pionier wat dit aanbetref!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.