Kleinfontein “kies om nie te stem nie”

Kleinfontein (argieffoto)

Kleinfontein (argieffoto)

Slegs ʼn paar kiesers het Woensdag stempunte naby die Afrikaner-gemeenskap, Kleinfontein, oos van Pretoria, besoek.

Die paar kiesers was swartmense wat nie in die omheinde gebied bly nie.

ʼn Veiligheidswag in kamoefleer-klere het toegang geweier aan ʼn Sapa-verslaggewer. “Ek weet nie waar ʼn stempunt is nie. Ons stem nie. Ons kies om nie te stem nie,” het die veiligheidswag gesê.

Hy sê ʼn aansoek moet voltooi word en prosesse moet gevolg word voordat die Sapa-verslaggewer toegelaat kan word.

Sommige inwoners patrolleer glo die gebied te perd, volgens die Sapa-joernalis. Maroela Media het intussen verneem dié “patrollie” was slegs twee tienermeisies wat die perde na beter weiding geneem het.

Suid-Afrikaners neem Woensdag aan die vyfde nasionale demokratiese verkiesing deel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jan van Zyl ·

Ek het boodskap al hele ruk terug gelos dat hierdie berig nie al die ware feite bevat nie en onnodig negatief teen Kleinfontein gemik is. Lyk my nie sover dit word aanvaar dat die ware feite aangespreek word nie. Dan stel ek dit hier: hierdie berig gaan tekort aan die korrekte feite en wil voorkom of dit negatief teen Kleinfontein gemik is, wat onnodig is.

Wonder ·

Hulle is regtig kleinlik!! Dis juis diegene wat altyd kommentaar lewer oor hoe sleg SA is, maar as hulle kans kry om hul sê te sê swyg hulle…

Demokraat ·

As jy nie aan die demokratiese stemproses deelneem nie, moet jy jou weerhou van enige uitsprake omtrent die landsbestuur.

Boelie Brand ·

Hoe so, demokraat? Glo jy dan nie in Vryheid van spraak nie? Of is net mense wat met jou saamstem geregtig tot ‘n opinie?

Ek sou eerder sê dat indien jy stem, jy jouself moet berus by die uitslag van die verkiesing – ook by die besluite wat wettiglik dan deur die meerderheid namens jou geneem word. Dit beteken dat dit eintlik jy is wat jou dus moet weerhou van enige uitsprake omtrent die landsbestuur, want JY het aan die regering legitimiteit verleen deur deel te neem aan die stemproses.

Awie Erasmus ·

Ek is die hooforganiseerder op Kleinfontein, en daar het baie mense gaan stem. Ek het self talle mense ook aangery. Ek is nie seker waar die inligting vandaan kom nie, maar ek sal baie graag enige inligting aan julle wil verskaf in die verband.

Vriendelike groete

Awie Erasmus
072 815 4053

Jan van Zyl ·

Net vir duidelikheid, Awie is organiseerder van ‘N party op Kleinfontein. Net soos hy soos hy goed dink en bedoel om betrokke by ‘n party te wees, is daar ander Kleinfontein inwoners wat vir ander partye mag stem of glad nie stem nie. Awie is dus die betrokke party se organiseerder binne Kleinfontein, nie een deur Kleinfontein self aangestel nie. Kleinfontein skryf nie voor nie. Ek sal tog nie sê die Moot is stoksinnig bloot omrede sekere inwoners daar besluit om nie te stem nie.

Ria Maritz ·

Goeie naand Awie – van my af, dankie vir jou repliek hier sodat mense kennis kan neem, daar sal maar ALTYD kwaadstokers wees.

TROTS OP ELKEEN VAN JULLE – ek wil graag Kleinfontein ook my tuiste maak.

Groete

Jan van Zyl ·

1. Ek sal nie in die stem of nie stem debat wil ingaan nie, maar as mense werklik in ‘n demokrasie glo soos hul graag wil voorgee mag hul gerus diegene wat nie wil stem nie se demokratiese reg daartoe respekteer.
2. Die gebied is ook geensins gepratolleer deur inwoners nie. Omrede dit so stil en veilig is hou sommige daarvan om bietjie perd te ry. Met ons perde is daar ook vandag gery, vir plesier, nie patrollies nie.
3. Dit is heel logies dat joernaliste by enige veiligheidsoord of gebied nie net kan ingaan en doen wat hul wil nie. Hoekom Kleinfontein uitsonder? Kleinfontein verwelkom nog altyd alle joernaliste, maar wil darem hul met die regte mense in kontak bring. Niks fout daarmee nie.
4. Kleinfontein het geen standpunt vir of teen stem nie, dit is elke inwoner se eie keuse of hy dit wil doen.
5. Kleinfontein hou homself inderdaad met moderne oplossings besig, verby ‘n punt van net in kruisies trek vaskyk. Kleinfontein se ideaal spreek eerder van ‘n werkbare en volhoubare toekoms as bloot om te verstar in stoksinnigheid en kleinlikheid.
6. Die feite in die berig is dus nie alles korrek nie of spreek eerder van onnodige negatiewe bedoelings.

Ria Maritz ·

Dis WONDERLIK om te lees oor Kleinfontein se mense ! Laat mens terug verlang na jare gelede. BRAVO !

Boelie Brand ·

Ek dink as meer mense verstaan het wat ‘n ware demokrasie behels, minder mense sou gaan stem het, en nog minder hierdie tipe van kinderagtige uitsprake van “Demokraat” sou gemaak het!

Tobie Erasmus ·

Dag almal. Ek woon self op Kleinfontein, en ek het ook vandag gaan stem. En jammer vir die persoon wat sê daar was min mense van Kleinfontein want ek moes in ‘n lang tou staan omdat daar so baie mense van kleinfontein was. Was eintlik nogal lekker om so tussen die Kleinfonteiners te staan in die tou en te gesels. En net so vinnig oor die perde storie, ek woon al 10jaar op Kleinfontein en ek weet nog glad nie van enige perde patrolie nie.

Rynette de Beer ·

Nou sal ek wonder of hulle die motors getel het wat by die hekke uit is of die mense, of het hulle gedink ons moet almal met perde gaan stem? Hoe weet hulle waar het wie gaan stem, was daar boek gehou daarvan? Dan het hulle defnitief nie ons name in die boek gehad nie. Ons is inwoners van Kleinfontein en het wel gaan stem, dit was nou nie in die stem lokale wat spesifiek vir Kleinfontein oop gestel was nie omdat ons nie daar geregistreer was nie, miskien moet hulle net hul feite agter mekaar kry en nie net se wat hul lus is om te se nie! Die Kleinfonteiners hou hulself nie besig met boek hou van almal se doen en late nie, hier word baie hard gewerk om n sukses te maak van alles wat ons aanpak, hier doen ons nie dinge halfhartig nie, ons doen dit alles met oorgawe en n lied in ons harte, n glimlag op ons gesigte, so glo ek nie n woord dat Kleinfontein se mense nie sou gaan stem het nie! Daar was vervoer aangebied vir die mense wat nie vervoer het nie. Na ons gestem het, het ons terug gekeer na Kleinfontein om werk wat gedoen moet word te voltooi, daar was wel baie mense op perde, (net soos daar maar oor n gewone naweek of vakansie dag is) vir plesier en ontspanning, defnitief nie om die paaie te patroleer nie. Waarom word Kleinfontein altyd sleg gemaak in die media? Miskien omdat hulle jaloers is dat ons wenners is van harde werk, n vaste vertroue het, en n geloof het wat nie gebreek kan word nie. As jy nie met jou hele hart deel is van Kleinfontein nie, sal jy tog nie verstaan waaroor dit gaan nie.

Anné ·

Geagte Sapa-joernalis,

Ek is ‘n Kleinfontein inwoner. Ek en my vriendin het gister ons perde geskuif na ‘n ander gedeelte van Kleinfontein met beter weiding. Nee, ons het nie die gebied gepatrolleer nie, dit was bloot ‘n logiese skuif aangesien die weiding op ons plot min geraak het. Ek besef dat dit ‘n groot skok vir jou is om te hoor dat Kleinfontein mense ook ‘gewone’ en ‘logiese’ dinge doen en hul nie met allerhande belaglikhede besig hou nie.

Volgende keer, asseblief stop en vra voor jy verregaande afleidings maak net om ‘n skewe beeld van ‘n plek te skep.

Groetnis

aldo cilliers ·

Mooi man. Dit is nou hoe mense wat hulle self afsonder die ANC sterker maak. Julle besluit staan teen alles waarvoor julle staan, maar dit wys jou net weer watter tipe mense sulke besluite neem. Dom dwase. Julle waardes en besluite maak die ANC net sterker, nou dink julle om julle self af te sonder gaan help. Dit maak julle nog groter dwase, sjame.

Boelie Brand ·

Miskien moet jy eers bietjie asemhaal en jou feite agter mekaar kry.

aldo cilliers ·

Ek leew nou al die comments hier, en my reply was duidellik ook gemaak voor ek alle comments gelees het. Maar die verslaggewer is duidellik gister daar baie sleg hanteer, nadat hy/sy feite wou kom kry. Die feit dat mense goed wil wegsteek, veroorsaak hierdie afleidings. Waarom het iemand hulle nie net tewoord gestaan nie. Nou lyk dit of alle feite verkry is vanaf sekeriteit, en hulle sê net wat hulle opdrag gegee is om te doen. So die siening wat hier geplaas is, is nadat daar wel met mense gesels is, so waarom sal een persoon wat julle moet oppas se siening so anders wees as die res van die mense daar binne. Dalk moet julle iemand kry wat altyd bereid is om te gesels en nie mense weg te wys met hulle eie menings nie. Julle het julself uitgesonder deur anders te wees as ander sekeriteits areas, so hoe verwag julle om die selfde hanteer te word. Kry iemamd wat altyd enige iemand teword kan staan, dan sal iets soos hierdie nooit gebeur nie.

aldo cilliers ·

Ek lees nou al die comments hier, en my reply was duidellik ook gemaak voor ek alle comments gelees het. Maar die verslaggewer is duidellik gister daar baie sleg hanteer, nadat hy/sy feite wou kom kry. Die feit dat mense goed wil wegsteek, veroorsaak hierdie afleidings. Waarom het iemand hulle nie net tewoord gestaan nie. Nou lyk dit of alle feite verkry is vanaf sekeriteit, en hulle sê net wat hulle opdrag gegee is om te doen. So die siening wat hier geplaas is, is nadat daar wel met mense gesels is, so waarom sal een persoon wat julle moet oppas se siening so anders wees as die res van die mense daar binne. Dalk moet julle iemand kry wat altyd bereid is om te gesels en nie mense weg te wys met hulle eie menings nie. Julle het julself uitgesonder deur anders te wees as ander sekeriteits areas, so hoe verwag julle om die selfde hanteer te word. Kry iemamd wat altyd enige iemand teword kan staan, dan sal iets soos hierdie nooit gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.