Kleinfontein-paartjie in hof oor babalykie in vlak graf

Argieffoto

Argieffoto

Die paartjie wat in hegtenis geneem is nadat die lykie van ʼn baba in ʼn vlak graf in die woonwapark-gebied van die Kleinfontein-gemeenskap, oos van Pretoria, gevind is, se name is bekend gemaak nadat hulle in die hof verskyn het.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê Andrew Hellerle (29) en Marie Theron (28) het Maandag in die hof verskyn op aanklag van verberging van geboorte.

“Die twee is op borgtog vrygelaat en die saak word verder ondersoek. Dit is nog nie bekend wanneer hulle weer in die hof moet verskyn nie,” het Van der Merwe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die lykie van die baba wat vermoedelik op 30 weke gebore is, is Donderdag in die graf gevind.

Van der Merwe het Vrydag aan Maroela Media gesê nuwe inwoners van ʼn Wendyhuis in die woonwapark-gebied [waar mindergegoede mense woon] het die polisie ontbied weens ʼn slegte reuk wat hulle opgemerk het.

“Die polisie se honde-eenheid is na die toneel ontbied en het op ʼn vlak graf, ʼn paar meter van die Wendyhuis, afgekom,” het Van der Merwe gesê. “Die liggaam van ʼn baba is in die graf aangetref. Die ma en haar vriend het voorheen in die huis gewoon. Sy beweer sy het ʼn miskraam gehad.”

Maroela Media het van ʼn bron wat op die toneel was, verneem die baba se liggaam was vol maaiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
vermeende

Maroela media ek glo dit gaan vir julle nuus wees maar sodra vleis vrot word dan lok dit maaiers of gaan julle nou uit julle pad om die mense so skuldig as moontlik te kry. Ek dink dit is tyd dat julle een van julle verslaggewers stuur na een van die vele blanke plakkerskampe in ons land en nie net gaan inloer nie maar gaan lewe vir ‘n week sonder geld en dan kyk of julle dalk simpatie kan groei op daai dik liberale verslaggewer velle. Hierdie mense is nie minder gegoed nie, hulle is ongewensde blanke siele in ‘n… Lees meer »

ria

Vermeende dit is nou nie Maroela se skuld wat daar gebeur het nie hulle plaas dit net sodat die mense kan sien wat aan gaan en dit is hulle werk om dit te plaas en gese word om dit te doen ontspan. Vermeende ontspan wees bly dat hulle die mense op hoogte hou ??

Nico K

Ek stem saam dat dit nie nodig was om daar die laaste sin te plaas nie nie.

En Danie, moet nooit so verwaand wees dat jy dink dit is jou eie goedheid wat maak dat dit met jou goed gaan nie. Wees liewer dankbaar in nederigheid en hou op om ander mense te veroordeel.

Johannes Meintjes

Die effek van verarming op die hele sosio-ekonomiese bestel, situasie en etiek vir ons mede blanke Afrikaners is al herhaaldelik deur myself en andere op skrif gestel aan talle van ons pronkende en hoogwaardige Afrikaner instansies. Siekte, higiene, probleme met die hantering van afsterwes en die afwesigheid van mediese dienste het toenemende gevolge, – nie net vir blanke verarmdes nie maar ook vir die samelewing en die Staat. Soos met talle ander kritiese faktore in ons samelewings kom ons nie verby blote praat, polimiek, politieke toesprake, kerkbanke-deursit en sosiale media, tot praktiese of toepaslike vrugte wat hou nie.

Erna Coetzee

Daar is so baie jong mense wat so graag kinders wil he en sukkel om swanger te word. My hart bloei vir die kleinding!