Kleinfontein-paartjie in hof oor babalykie in vlak graf

Argieffoto

Argieffoto

Die paartjie wat in hegtenis geneem is nadat die lykie van ʼn baba in ʼn vlak graf in die woonwapark-gebied van die Kleinfontein-gemeenskap, oos van Pretoria, gevind is, se name is bekend gemaak nadat hulle in die hof verskyn het.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê Andrew Hellerle (29) en Marie Theron (28) het Maandag in die hof verskyn op aanklag van verberging van geboorte.

“Die twee is op borgtog vrygelaat en die saak word verder ondersoek. Dit is nog nie bekend wanneer hulle weer in die hof moet verskyn nie,” het Van der Merwe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die lykie van die baba wat vermoedelik op 30 weke gebore is, is Donderdag in die graf gevind.

Van der Merwe het Vrydag aan Maroela Media gesê nuwe inwoners van ʼn Wendyhuis in die woonwapark-gebied [waar mindergegoede mense woon] het die polisie ontbied weens ʼn slegte reuk wat hulle opgemerk het.

“Die polisie se honde-eenheid is na die toneel ontbied en het op ʼn vlak graf, ʼn paar meter van die Wendyhuis, afgekom,” het Van der Merwe gesê. “Die liggaam van ʼn baba is in die graf aangetref. Die ma en haar vriend het voorheen in die huis gewoon. Sy beweer sy het ʼn miskraam gehad.”

Maroela Media het van ʼn bron wat op die toneel was, verneem die baba se liggaam was vol maaiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

vermeende ·

Maroela media ek glo dit gaan vir julle nuus wees maar sodra vleis vrot word dan lok dit maaiers of gaan julle nou uit julle pad om die mense so skuldig as moontlik te kry.
Ek dink dit is tyd dat julle een van julle verslaggewers stuur na een van die vele blanke plakkerskampe in ons land en nie net gaan inloer nie maar gaan lewe vir ‘n week sonder geld en dan kyk of julle dalk simpatie kan groei op daai dik liberale verslaggewer velle.

Hierdie mense is nie minder gegoed nie, hulle is ongewensde blanke siele in ‘n swart land waar hulle onwelkom is. Mense wat op elke hoek en draai uitgebuit word deur almal, mense wat te wit is vir werk aansoek. En net so vir interessantheid, kan julle verklaar of julle (maroela media) geregistreer het vir BEE punte vir die belasting korting???
Die media beskik oor die mag om mense op te sweep so gebruik daai mag oordeelkundig.

Michiel ·

Vermeende: Liewe aarde, waarom Maroela aanval oor…wat nou eintlik? Die feit dat daar maaiers is (en bloot genoem word!)sal forensiese deskundiges kan help met tydlyn wanneer baba dood is ens. Hoekom nou Maroela beskuldig dat hulle mense skuldig bevind aan WAT nogals? Bedaar mens, BEDAAR!

danie ·

Dis nou die grootste klomp vuilgoed wat ek al gehoor het, die minder gegoede siele is daar uit vrye keuse, as dit so beroerd gaan moet hulle dalk iets daar aan doen. Ek sien ook nie wat het dit te doen met die vlak graf met n baba lyk nie. Jy het nie geld nodig om n dood aan te meld nie. Dis as gevolg van die houding dat dit so gaan met hulle.

Marietjie ·

genade vermeende, as maroela dan so “liberaal” is, hoekom lees jy hulle nog?

ria ·

Vermeende dit is nou nie Maroela se skuld wat daar gebeur het nie hulle plaas dit net sodat die mense kan sien wat aan gaan en dit is hulle werk om dit te plaas en gese word om dit te doen ontspan. Vermeende ontspan wees bly dat hulle die mense op hoogte hou ??

Nico K ·

Ek stem saam dat dit nie nodig was om daar die laaste sin te plaas nie nie.

En Danie, moet nooit so verwaand wees dat jy dink dit is jou eie goedheid wat maak dat dit met jou goed gaan nie. Wees liewer dankbaar in nederigheid en hou op om ander mense te veroordeel.

nig ·

Nico K dan doen jy presies waarvan jy Danie beskuldig! Ai mense….

Johannes Meintjes ·

Die effek van verarming op die hele sosio-ekonomiese bestel, situasie en etiek vir ons mede blanke Afrikaners is al herhaaldelik deur myself en andere op skrif gestel aan talle van ons pronkende en hoogwaardige Afrikaner instansies. Siekte, higiene, probleme met die hantering van afsterwes en die afwesigheid van mediese dienste het toenemende gevolge, – nie net vir blanke verarmdes nie maar ook vir die samelewing en die Staat. Soos met talle ander kritiese faktore in ons samelewings kom ons nie verby blote praat, polimiek, politieke toesprake, kerkbanke-deursit en sosiale media, tot praktiese of toepaslike vrugte wat hou nie.

Erna Coetzee ·

Daar is so baie jong mense wat so graag kinders wil he en sukkel om swanger te word. My hart bloei vir die kleinding!

Chris ·

Erna sy het ook darem nie die kind vermoor nie hy is op 30 doodgebore as ek dit reg verstaan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ragel

Dankie vir die navraag.
Die polisie het aan ons bevestig haar noemnaam is “Nicole”, maar sy sal volgens haar doopnaam as “Marie Theron” in die hof verskyn.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ragel ·

Dit was net ‘n klip in die bos. Ek het bietjie gaan loer en dit lyk of daar nog kindertjies is. Bygesê as dit dieselfde Nicole en Andrew is. Kom ons hou maar verdere berigte dop om te kyk wat wel gebeur het.

amelia ·

Indien sy wel n miskraam gehad het voel ek baie jammer vir haar Die mense het nie geld vir enige iets nie wat nog van om stad toe te gaan om dood van baba aan te meld MAAR indien dit nie die geval is nie het ek nie simpatie nie sal maar koerant dop hou om te sien wat is die waarheid ( Ons moenie te gou oordeel nie kan met enige een gebeur om werk en als te verloor )

Vicki ·

Ek kan nie dink dat die besluit maklik kon gewees het vir die ouers nie, ek dink hul het doodeenvoudig nie geweet wat om met die lykie te doen nie. My innige simpatie met die ouers wat n kind verloor het.

pop ·

Vader tog, en dan begrawe jy n lykie so vlak dat die reuk uitslaan. Dalk te lui om n dieper graffie te maak??

Dr P E van der Dussen ·

Ek het net nadat ek die berig gelees het ‘n e-pos regstreeks aan Maroela gestuur waarin ek my afsku uitgespreek het oor die laaste paragraaf van die berig. Geen antwoord nie. Ek het nou net die nuusredakteur Nico en ook Susan se e-posadresse probeer – kom nie deur nie. Is dit die vlak waarop Maroela as Afrikaanse onderneming se stelseldoeltreffendheid werk? Probeer jy ‘n berig aftrek werk dit nie. Probeer jy hom per e-pos aanstuur werk dit nie. Na al jou moeite om gegewens in te vul moet jy iets grillerig invul wat moet bewys dat jy ‘n mens is – maar daar is geen aanduiding wat jy moet invul nie. Doen jy navraag kom die antwoord “vul maar 15 in”. Dan vul jy 15 in maar dit werk nie……. Neewat!

Sune van Heerden ·

Dagsê dr van der Dussen

Ons vra om verskoning dat ons nie dadelik reageer het op u e-poskommentaar oor die laaste sin in hierdie berig nie. Ons volstaan met die inligting wat ons gepubliseer het. Ek het ook nou reageer op u e-posnavraag.

Ek het nie ‘n verklaring waarom u nie na Susan of Nico toe kon deurkom nie, probeer gerus [email protected] of [email protected].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E.K. ·

Dr .. AFSKU? Werklikwaar… dis ‘n natuurlike proses, indien u ‘n mediese dr is behoort u dit te weet. As u dit afskuwelik vind is u in die verkeerde beroep (dis nou AS u ‘n mediese dr is). Die ffeit dat u iets “grillerigs” vind om “te bewys jy is ‘n mens”… sulke goed kom oral voor om sg “spam” te stop – dus vir ‘n rede. Hoe dit nou “grillerig” is weet g’n mens nie! Maroela, steur jul tog nie. Jul is daar om berig te lewer oor wat feite wat jul verkry by polisie en/of andersins – nie om elke persoon hier se nukke en grille te probeer systap of verstaan nie.

Chris ·

Nou weet ek nie hoekom gaan alma so aan oor die maaiers nie. Is dit nie deel van die ontvinding proses nie?

Dis hoe dit is ·

Chris ja dit is (deel van die ontbindingsproses). Dit vorm ook deel van forensiese na-doodse ondersoek. Dis nou nie asof Maroela iets uitgedink het nie, dis wat sekerlik met almal wat begrawe word gebeur . Waaroor die bohaai weet g’n MENS nie. Ek het al hope erger dinge gelees maar nou raak party heel opgeklits oor niks. dis ‘n natuurlike proses en of jy daarvan hou of nie, tensy jy veras word GAAN dit met jou oorskot gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.