Kleinhandeloorlog teen plastiek verskerp

So lyk PnP se nuwe vrugte- en groenterak. (Foto: verskaf)

Die oorlog teen enkelgebruikplastiek duur voort.

Die kleinhandelaar Pick n Pay het Maandag ʼn vrugte- en groenterak in 13 van sy winkels bekend gestel waar géén plastiek of verpakking voortaan gebruik gaan word nie. Dit is deel van ʼn toetslopie om te bepaal of klante bereid is om van voorafverpakte produkte na los produkte oor te skakel.

Paula Disberry, kleinhandelbestuurder van Pick n Pay, sê plastiekafval bly vir baie verbruikers ʼn groot bekommernis en die toetslopie gaan aan hulle die keuse gee om alledaagse vrugte en groente sonder plastiekverpakking te koop.

Altesame 12 produkte is deel van die projek. Dit sluit in sekere soorte sampioene, rissies, klein tamaties, groenbone, brokkoli en murgpampoentjies. Dit word gevoeg by die ander 35 los vrugte en groente wat reeds só beskikbaar is.

Papiersakke sal by die rak beskikbaar wees sodat klante hulle plastiekvrye, groentewinkel-geïnspireerde inkopies kan voltooi. Klante kan PnP se nuwe herwinbare netsakkies vir vars vrugte en groente teen R7,50 koop, of hulle eie verpakking saambring.

Die maatskappy sê hy hoop om die reeks selfs verder uit te brei, hoewel die verkope van los produkte in dié stadium net 10% uitmaak van die groente en vrugte wat in PnP-winkels verkoop word.

“Dit moet egter volhoubaar en sonder onbedoelde gevolge wees. Verminderde plastiekgebruik het ooglopende voordele, maar ons moet versigtig wees om nie die hoeveelheid kos wat gemors word, in die proses te verhoog nie,” sê Disberry.

Nie net beskerm verpakking vars produkte nie, dit verhoed ook dehidrasie en verleng die rak- en tuislewe van produkte. Voorafverpakte produkte kan met veiligheid aan kosbanke geskenk word, terwyl nie alle los produkte daarvoor geskik is nie.

“Vantevore was ons los produktereeks nie so gewild soos ons voorafverpakte produkte nie. Ons glo die neiging verander omdat klante toenemend meer omgewingsbewus is. Die uitwerking van plastiek [op die omgewing] is ʼn groot prioriteit vir klante. Ons gaan inkopiegedrag fyn dophou en as die proefneming suksesvol is, kan ons die projek na ander winkels uitbrei.”

Die kleinhandelaar Woolworths het verlede jaar ook ʼn projek begin om te probeer verseker dat niks van sy verpakkingsmateriaal later op stortingsterreine beland nie. Enkelgebruikplastiek word uitgefaseer en Woolworths hoop om teen 2022 al sy verpakking óf herwinbaar óf herbruikbaar te maak.

Die kleinhandelaar wil teen volgende jaar al volkome wegdoen met enkelgebruikinkopiesakke.

Food Lover’s Market doen ook weg met die gebruik van plastiekinkopiesakke. (Foto: Food Lover’s Market)

Die varsproduktegroep Food Lover’s Market het verlede jaar ook sy Withdraw the straw-veldtog afgeskop – ʼn projek om alle plastiekstrooitjies met papierstrooitjies te vervang. Die groep doen ook weg met die gebruik van plastieksakke by betaalpunte en papiersakke of bokse word gebruik.

Food Lover’s Market het toe gesê plastiekvrye opsies is deel van die groep se verbintenis tot volhoubare sakepraktyke en ʼn gesonde omgewingsafdruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

piet piet ·

Ek dink dit is n uitstekende plan en sal dit definitief ondersteun.

Sarel ·

Sekere lande her reeds die gebruik van plastieksakkies,ok bekend as ” doringdraadblom” verbied. Die verbruiker sal moet aanpas en alternatiewe metode gebruik maar ons weet ook dat die SA verbruiker baie lief is vir sy gerief. Foodloversmarket- nie almal oorgeslaan na Papiersakke nie, kry soms wel bokse is. Bedryf kan ook asb. Alternatiewe verpakking goedkoper maak asb. By een Kettingwinkel een keer Papiersak gekry. Moes nogtans betaal daarvoor en was nie baie sterk nie. Versamel Appelbokse en pak dit in jou voertuie en selfs jou waentjie as jy gaan inkopies doen. Baie gerieflik

Christelle ·

Ek sal verseker dit ondersteun.. Jammer hulle se nie waar! Sien mense bang vi hande id kos… Almal was hul groente voor di ttd.. Gebruik maar soutwater!

Freud ·

Maroela… food lovers market het seker hulle plastiek strootjies met papier strootjies vervang een nie papier met plastiek nie.

Anoniem ·

Baie goeie idee, nou kan ons ten minste sien wat die werklike kwaliteit van produkte is. Met plastiek bedekte vooraf verpakkings was dit nie moontlik nie. Het al verskeie produkte na ‘n dag of 2 moes weggooi omrede ‘n mens nie kan sien wat binne die verpakking aangaan nie. Ek koop al lankal nie meer vooraf verpakte produkte nie, ook nie gemarineerde hoender nie. Dis net ‘n wegsteek plek vir kos wat “af” is.

EO ·

Nou gaan almal aan van die produkte druk. Ek sien in die winkels hoe mense aan perskes, pere en pruime druk om te voel of dit ryp genoeg is. En die druiwe wat nie verpak is nie, almal gaan begin korrel daaraan.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentare. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig. Plastiekstrooitjies moet inderdaad met papierstrooitjie vervang word.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

rien ·

Nou gaan almal hulle vuil hande in al daardie vrugte en groente druk en aan dit alles voel.

Asyn ·

Spoel al jou groente en vrugte met asynwater af voor jy dit eet. Maak al die kieme dood. Dis beter as om al daai plastiek verpakking die wêreld in te stuur.

Jan ·

Hoe dink jy beland jou groente en vrugte in plastiese verpakking, Harry Potter toorkuns?

Johanna Botha ·

Solank mense hulle hande tuis hou en nie oor die kos nies nie asb !

EO ·

Presies Johanna!! Mense hoes en nies sonder om hulle hande voor hulle monde te hou.

Philippus ·

Prysenswaardig, maar nou plaas dit druk op papiervervaardigers en uiteindelik op bosbou. Dit veroorsaak weer vernietiging van natuurlike plantegroei en blootstelling van grond aan ander verliese. Die sirkel bly loop, alles waaraan die mens sy hand sit, het nagevolge!
Hergebruik en herwinning op ‘n streng basis bied ‘n oplossing, maar, dit gaan selfdissipline en maatskaplike regulering verg.
Elkeen moet verstaan dat dit van homself alleen afhang, soos die slim Amerikaners sê: If it has to be,its up to me!

Karolis ·

Goeie en sinvolle kommentaar.
Sal eersdaags met kerse moet braai want hout gaan skaars word.

Talie ·

Ek gril as ek net daaraan dink hoe almal aan die kos gaan voel en vat. Nou die dag gesien hoe twee seuns al die brode op n ry so op en af geloop en vryf het.

CJ ·

Goeie idee, mits ons almal net leer om nie alles hard te druk en te kneus, ens nie.

Wills ·

Ek ondersteun geen plastiek met voorwaardes van hygiene moet op geskerp word en goedkoop bruin papiersakke eerder voorsien word. R7,50 is hopeloos te duur. Verpakking kan ook gedoen word in bamboes houers wat maklik herwin baar is.

Madeleine ·

Ek hou baie vd idees! Ek is baie pro herwinning en is geskok as ek sien hoe MIN van woolies se plastiek verpakking WEL op hede herwinbaar is. Maar verder herwin ek ALS wat ek kan… glas; papier; plastiekbottels asook tins. Dis die verantwoordelike ding om te doen. As daar net meer mense is wat dit kan insien.

Wonder soms ·

Nog ‘n plastiekprobleem is valsnaels en die naeltegnologie industrie. Praat van besoedeling

Kobus ·

Asseblief net niks wat met Engeland te doen het nie dis sommer klaar verban

Kobus ·

Ek verpes dit wanneer mense aan alles loop en druk. VERSTAAN die mense nie dat jy die produk beskadig nie. Maar weer tipies SA . Gee nie om vir volgende persoon wat die produk moet koop of die Handelasr wat bederf moet verwyder nie

wielie ·

Toe ek n kind was het dit so gewerk. Papiersakke vir kruideniers en groente en vrugte was oop opi rakke. Glas bottels vir alles ……… toe kom die plastiek monster en verwoes alles.

George in Bloem ·

Wanneer sal die mensdom tog leer dis nie die produkte of die goedere wat die probleem is nie maar die mens. En dit kan slegs met behoorlike opvoeding en later wetstoepassing aangespreek word. Nou is plastiek die euwel(wat miljoene mense werk gee wereldwyd)en almal moet nou papier gebruik wat miljoene bome en miljoene kubieke meters water jaarliks nodig het om vervaardig te word? Elke proses het maar sy “pro’s en cons”. Herwinning kan ontsettend baie werksgeleenthede skep in SA as dit reg aangepak word maar dis ‘n goue geleentheid wat daar is vir die regering wat om die een of ander onverklaarbare rede net eenvoudig nie behoorlik van die grond af kom nie?

Judge Dredd ·

So nou wil hulle weer papiersakke gebruik.
So hoe lank voordat aktiviste kla oor die getal bome wat afgesny word?

Adri ·

Bosbou sal in die vraag na papier kan voorsien. As Bridget Bardot jare gelede vrou alleen dit kon regkry om pelsjasse uit te skakel en die hele swakara bedryf lamgelê het dan behoort ons almal saam op te tree teen plastiek. Neem jou eie houer saam en weier enige plastieksak waar moontlik. Ek dink aan my slagter wat die papiersakkie biltong in ‘n plastieksak sit en nie begrip het as ek nie die plastieksak neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.