Kleinhoewe-aanval: 4 verdagtes wag egpaar in

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Die polisie in Nelspruit in Mpumalanga is op soek na vier verdagtes nadat ʼn egpaar Vrydagaand op ʼn kleinhoewe op Hermannsburg in dié provinsie aangeval en beroof is.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar is oorval toe hulle omstreeks 17:00 by hul huis stilgehou het.

Pretorius sê vier verdagtes het in daardie stadium reeds toegang tot die huis verkry.

“Dit is tans nog nie duidelik hoe die vier verdagtes toegang tot die huis verkry het nie, maar ons vermoed hulle het ʼn duplikaatsleutel gehad. Toe die egpaar voor die huis stilhou, het die mans reeds die kluis opgebreek, twee vuurwapens gesteel en hulle ingewag,” sê hy.

Hy sê die verdagtes het die egpaar vasgebind en toe aangedring op kontant. “Die egpaar het nie kontant by hulle gehad nie. Die verdagtes het vermoedelik kwaad geraak toe hulle nié geld kon kry nie, en het die vrou hard oor haar vingers met ʼn voorwerp geslaan.”

Pretorius sê die besering aan die vrou se vingers is die enigste besering wat aangemeld is.

Hy sê die verdagtes het die egpaar se wasmasjien gesteel, op die man se bakkie gelaai en toe gevlug.

Pretorius sê ʼn polisieondersoek duur voort. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Boer ·

Woon ook op n plaas. EK gaan altyd alleen in, dan kom my gesin in, net vir ingeval. Voel al soos n soldaat, altyd gereed. Kan nie uitgaan as jy iets hoor nie, kan nie inkom as jy weg was nie. Uuh! Bly die mense is ok.

Cherokee ·

Boere en boergesinne, lees wat Boer sê en volg sy voorbeeld. En diegene wat buite wag moet soos bosduiwe wees… gereed om te vertrek indien nodig. Parkeer in ‘n wegtrek posisie.

Boer Kibboets Vlakvark van Oppieplaas ·

Daar is waarskynlik net één oplossing: ons boere en hoeweienaars sal hul gronde moet konsolideer en gemeenskapsplase of kibboetse met behoorlik omringde grense en sekerheidstelsels skep. Die dae dat elk boer sy eie plaas met ‘n eie opstal kan besit, is dalk ‘n luukse en iets van die verlede. Ons kan baie van die Israeli’s gaan leer. Dit gaan om oorlewing.

Deon Koegelenberg ·

Ek voel saam met jou Boer net vir jou se daar is honderde soos ons wie gereeld dag vir dag voor God pleit vir jul beskerming en behoud

Niklaas ·

Kleinhoewe en plaas eienaars gaan toenemend geteiken word. So hul sal elke dag paraat en op hul hoede moet wees . Ek was altyd jaloers op boere want daar was soveel welvarendes. Nou beny ek hul glad nie meer nie. Daar is al soveel van hul aangeval en talle sterf jaarliks.

susan ·

Niklaas jy praat die waarheid Ons bly nog steeds heerlik. Ons vertroue is op ons Hemelse Vader jykan op enige plek aangeval word xxx

Liezl ·

☺jy’s snaaks Cherokee… ja, miskien moet ons die program begin, ‘Boer soek veiligheid’..dan gaan hul by plase om om hul veiligheid op te skerp! Amper iets soos ‘renovate your farm security’

Maryna Griesel ·

Die wat verantwoordelik is vir die veligheid van landsburgers stel nie lewens hoog op prys nie want die boedelbelasting beloop miljarde elke jaar van mense wat vermoor word en dit gaan in staats koffers in.

Hairraising ·

Verskriklik om te dink dat jy ingewag word om verniel of doodgemaak te word. My hart gaan uit na ons boeregemeenskap!

Deon Koegelenberg ·

Ek voel saam met jou Boer net vir jou se daar is honderde soos ons wie gereeld dag vir dag voor God pleit vir jul beskerming en behoud

PJC ·

Boer ek wil jou net sê ek bly in die stad en was ook al in die aand ingewag by my huis. Nou bekruip ek ook maar saans my huis met die wapen in die hand as ek donker by die huis kom. Ek weier absoluut om my te laat intimmideer deur hierdie skermunkels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.