Kleinhoewe-aanval: Bejaarde vrou sterk aan

hhh

Foto: Verskaf

Ralie Groenewald (74) sterk aan nadat sy Maandagoggend op ‘n kleinhoewe in Boschkop, Pretoria, gewurg en aangerand is. Haar man, Charles (76), is tydens die voorval doodgeskiet.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die gesin is te geskok en wil nie met die media praat nie.

Maroela Media het Maandag berig Ralie het omstreeks 08:00 die winkel, Charlie’s General Dealer, op hul kleinhoewe oopgesluit. Twee mans het die winkel betree en gesê hulle wil meel koop. Ralie het die deur vir die twee mans oopgesluit en een van hulle het haar oorval, aangerand en begin wurg. Die ander verdagte het intussen die egpaar se huis binnegegaan. Hy is na die agterste slaapkamer waar Charles gelê en slaap het. Hy is tydens ‘n struweling in die bors geskiet en noodlottig gewond.

Een van die aanvallers is tydens die struweling in die maag gewond. Die twee verdagtes het daarna van die toneel gevlug sonder om iets te steel. Die verdagte wat geskiet is, is later dood in die pad aangetref.

“Ralie is op die toneel behandel vir skok, die voorval het haar erg getraumatiseer, maar sy is nie ernstig beseer nie,” het Van der Merwe gesê.

Volgens Van der Merwe was die tweede verdagte teen Dinsdagmiddag steeds soek. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Lees ook:
Bejaarde op kleinhoewe doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.