Kleinhoewe-aanval: ‘Hy wou hom dood hê’

Nic en sy dogter, Niret (Foto: Verskaf)

Die familie van ʼn 69-jarige man wat vroeër vandeesmaand op ʼn kleinhoewe in die Donkerhoek-omgewing in Gauteng aangeval en vir die dood agtergelaat is, sê dit is net genade dat hy dié voorval oorleef het.

Nic Grobler het op 13 Februarie vir langer as sewe uur om sy lewe geveg nadat hy “koelbloedig” met ʼn panga aangeval en daarna beroof is.

Niret du Toit (35), Nic se dogter, sê dié “ysingwekkende voorval” het die Grobler-familie én die gemeenskap tot stilstand geruk.

Du Toit sê Grobler was op 13 Februarie op pad na hul kleinhoewe in Donkerhoek nadat hy die vorige aand by haar oornag het.

Sy sê haar pa was vermoedelik buite die huis besig om aan ʼn elektriese toestel te werk toe hy teen 10:00 oorval is. Die gesin vermoed dit is een van Grobler se werkers wat hom aangeval het aangesien die werker sedertdien vermis word, maar die polisie hou volgens die familie vol dat daar nog geen leidrade is nie.

Nic Grobler na die aanval. (Die foto is digitaal gemanipuleer weens die grafiese aard daarvan.) Foto: Verskaf

“Die familie het baie bekommerd geraak nadat ons nie my pa op WhatsApp in die hande kon kry nie. Ons is gewoond daaraan dat hy soms deur die dag besig raak, maar ons het hom nog nooit nié in die hande gekry nie. Ek het teen 15:00 baie bekommerd geraak en my boetie gebel wat op dieselfde kleinhoewe woon om te hoor of hy iets van my pa weet. Hy het gesê hy is steeds by die werk en weet nie hoekom ons hom nie in die hande kry nie.

“My oom woon ook op dieselfde kleinhoewe in ʼn ander huis aangesien die perseel baie groot is. Ek kon hom ook nie in die hande kry nie omdat hy die dag nie tuis was nie. In my kop was daar toe baie rede vir kommer,” sê sy.

Du Toit sê haar oom het Grobler omstreeks 16:30 op die kleinhoewe aangetref. Volgens haar het hy in ʼn plas bloed gelê. Hy was ook verlam aan die een kant van sy liggaam en kon homself dus nie ophelp om ʼn ambulans te ontbied nie.

“My oom het ons toe onmiddellik gebel waarna ons ons na die kleinhoewe gehaas het. Dit neem ongeveer net tien minute om daar uit te kom, so ek het om en by dieselfde tyd as die ambulans en die polisie by die toneel opgedaag. Daardie beeld sal vir ewig in my kop geëts wees: Hy was weerloos. Hy kon niks doen nie. Hy het net daar in sy eie bloed gelê en om hulp geskree – maar niemand het hom gehoor nie.”

Du Toit sê Grobler het ʼn diep wond van ongeveer 7 cm aan die agterkant van sy kop gehad en ʼn wond van sowat 4 cm bokant sy linkerkantse oogbank. Sy gesig was ook baie opgeswel. “Niks kan jou voorberei om jou pa só te sien nie. En dan kan níks jou help om daardie beeld te vergeet nie. Hy het net daar gelê in intense pyn sonder om enigiets vir homself te kan doen. Hy is van agter met die panga geslaan – sonder waarskuwing en heeltemal ongeregverdig. En nadat die persoon hom met die panga teen sy skedel gekap het, wou hy seker maak hy gaan dood deur hom ʼn tweede keer bo die oogbank te kap. Hy wóú hom dood hê.”

Nic op sy dogter, Niret, se troudag (Foto: Verskaf)

Grobler is na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gehaas. Hy was vir langer as ʼn week in die waakeenheid met onder meer skedelbreuk voordat hy Dinsdagmiddag na die hoësorgeenheid oorgeplaas is. Du Toit sê Grobler kan nie die aanval self onthou nie.

“Hy was langer in die waakeenheid as wat ons aanvanklik verwag het as gevolg van komplikasies. ʼn Operasie was buite die kwessie as gevolg van die swelling en die moontlikheid van ʼn bloedklont. Hy is egter later gestabiliseer en ons is vol hoop dat hy binnekort sal herstel,” sê sy.

Du Toit sê Grobler het die voorval as absolute hel bestempel. “Hy het gesê dit was die ergste hel. Hy het gesê hy net daar in sy eie bloed gelê en gewag dat iemand hom aantref. Intussen was daar vrese dat hy sal doodgaan. Dis verskriklik – as jy nie deur so iets is nie, kan jy dit nie vir iemand anders verduidelik nie.”

Die verdagte, vermoedelik net een, het Grobler se bakkie en ander persoonlike items soos ʼn selfoon en ʼn skootrekenaar geroof.

Du Toit sê Grobler sal binnekort met arbeids- en fisioterapie begin omdat hy van voor af sal moet leer om te loop. Dokters kon egter nog nie bepaal wanneer hy ontslaan sal word nie.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Van der Merwe het gesê die polisie ondersoek die moontlikheid dat ʼn plaaswerker by die voorval betrokke was.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Nita ·

Kanse is groot dat geen haan ooit daarna sal kraai oor die voorval nie. Soos met seker 90 persent van sake wat nooit opgelos word nie.

Niret ·

Die Boschkop polisie was ongelooflik. Hulle was vinnig daar, hulle het ‘n honde eenheid daar gehad, speurders, die hoof van Boschkop polisie stasie. Die bakkie is terug gekry 2 dae daarna, hulle is sterk op sy spoor. Hulle het alles baie deeglik gedoen, en hulle volg op. Hy sal gevang word.

Niret ·

Die Boschkop polisie was ongelooflik. Hulle het vinnig reageer, die honde eenheid daar gehad, speurders, die hoof van Boschkop polisie stasie. Die bakkie is terug gevind 2 dae daarna, daar is ‘n ooggetuie. Hulle volg op, en hulle hou ons op hoogte. Hy sal gekry word.

IE ·

Niemand sal niks doen aan die saak en dis so hartseer. Vang hulle die een wat dit gedoen het gebeur daar ook niks. Ons land het sy sterre gesien.

Niret ·

Die Boschkop polisie was ongelooflik. Hulle het vinnig reageer, die honde eenheid was daar, speurders, die hoof van Boschkop polisie stasie. Die bakkie is terug gevind 2 dae daarna, daar is ‘n ooggetuie. Hulle volg op, en hulle hou ons op hoogte. Hy sal gekry word.

Elsa ·

Al hierdie aanrandings en moorde moet na Ramaphosa verwys word dringend…teveel aandag op ander nie saakmaak stories,,,

Lorinda ·

Sterkte Nic, word gou gesond! Kan nie wag dat ons weer kan gaan dans. Dans sal net nooit weer lekker wees sonder jou

Niret ·

Dankie vir jou ondersteuning en liefde Lorinda, hy waardeer dit baie xxx

Jerry ·

Niemand kan met vrede in sy gemoed boer as hy die heeltyd oor sy skouer moet loer. Dit moet regtig nie lekker wees om vandag n boer te wees, presies wat die boosaards wil he en die ergste is dat hulle dit regkry. Daar is soveel veiligheidsadvies al vir boere gegee en dit help absoluut niks. Ek sal graag wou weet waar le die fout, want waaragtig die boere kan nie so aangaan terwyl hulle lings en regs gemartel en uitgemoor word. Almal weet tog nou al teen die tyd dat as jy boer, is jy n teiken en as jy nie ten minste n seksie van 10 man het om jou te beskerm, dan gaan hulle vir jou kom. As jy jou werkers nie agter jou rug kan vertrou nie, dan kan jy in effek nie boer nie. Dit is lankal al tyd dat boere ernstig besin oor die pad vorentoe, want alleen boer, dit kan hulle nie meer nie.

Frankie ·

Ek het vir 9 jaar in ‘n klein plaasdorpie in NZ gewoon en het melk -, bees – , appel – en kersie boere as vriende gehad.

En wat Annie vertel is heeltemal korrek.

Maar sy het vergeet om te noem dat die Kiwi boere al vir generasies baie geld en energie fokus om alles menslik moontlik op hul plase te gemeganiseer.

Min tot geen NZ boere kap bv bome met byle af of plant heining pale met grawe ens.

Daar was ‘n weeklikse program op tv wat spesifiek gefokus het op al die slim maniere individuele boere planne maak op hul plase.

Daar is ook ‘n groot kultuur onder die boere en mense in boere gemeenskappe om mekaar te help met groot projekte soos bv. heining span.

En daar is wel van die groter melk – , bees – , vrugte -, en groente boere wat gebruik maak van langtermyn of tydelike ‘migrant workers’ uit bv die Filipyne asook uit die plaaslike gemeenskap.

Ek het gou gegoogle om seker te maak van my feite en daar is 2017 statistieke van plaasdorpe op die suid eiland met tot 1400 migrant workers wat spesifiek op melk – en beesplase werk… van die groot verskille egter tussen hierdie arbeiders en SA se plaas arbeiders is dat oa die NZ boere te kan bekostig om die mense goeie lone te betaal en dat die werkers via NZ se migrant worker program besig is om vir hul NZ burgerskap te werk…

jennefer ·

Gister oggend is n bejaarde paartjie van n plaas teTuinplaas ,Limpopo aangerand, vermoedelik ook n werker

Niret ·

Ek is baie jammer Jennefer, ek bid hulle herstel volkome xxx

PJC ·

Volgens die familie se kommentaar lyk dit asof die betrokke polisie nie eintlik belangstel om die oortreder te soek nie. Miskien moet die familie ń privaat ondersoeker kry . Hulle het ,os ń sterk vermoede wie die oortreder is.

Niret ·

Glad nie. Die Boschkop polisie was, en is, ongelooflik. Hulle het vinnig reageer, die honde eenheid was daar, speurders, die hoof van Boschkop polisie stasie. Die bakkie is terug gevind 2 dae daarna, daar is ‘n ooggetuie. Hulle volg op, en hulle hou ons op hoogte. Hy sal gekry word.

RM ·

Annie, jy is reg. Kyk net na Amerika hulle doen alles self and bly so veilig. Selfs as iemand vir jou kom werk dan hou jy hulle dop en draai nooit jou rug nie. Party mense sal hulle nie eers in die kamers toe laat nie sodat niemand weet waar die kluis is nie. Met tuinwerk doen hulle alles self, elke Saterdag en die bure help mekaar en die kinders werk saam.

Mimi ·

KRY asb n “privaatspeurder” om die ondersoek te bespoedig! Geen huiswerker moet weet daar is n kluis in n huis nie, hulle word afgepers vir die tipe inligting! N mens moet jou kluis in n fop-klerekas inbou, of iets. Baie sterkte aan die oom Nic en gesin!

Niret ·

Hey Sophia, ek was bekommerd oor hom, en by die werk, in Brooklyn. Ek het huis toe gegaan, wat 10 minute van hom af is. Hy werk vir die ICDL as ‘n eksaminator, en hy eksamineer baie keer in tronke, waar sy foon moet af wees. So ek was bekommerd, maar nie te bekommerd nie. Die prentjie van hom wat lê in sy eie bloed vir 7 ure sal my vir ewig haunt. Ek voel ongelooflik skuldig, my siel pyn.

Niret ·

Annie. My pa het ‘n ander werk, hy is nie ‘n voltydse boer nie.
Die werker het gehelp met bou werk, wat my pa eenvoudig nie voor tyd gehad het nie.
Dis heeltemal moontlik om alles alleen te doen, as mens 46 uur ‘n dag werk.
My pa het ons geleer om alles self te doen, alles self reg te maak. Ek sal altyd dankbaar wees daarvoor.
Hy is die mooiste mens wat ek ken, en behandel almal rondom hom met respek en vertroue.
Daai vertroue is gebreek. Ons bly in Suid-Afrika, nie New Zealand nie. Mens moet leer om te vertrou, anders gaan mens paranois en bitter deur die lewe.
Ons hande is nie in ons moue nie, dit belowe ek jou.
En die mooiste is, my pa is nog steeds nie bitter nie, en hy behandel almal nog steeds met liefde.

Niret ·

Ek is nog in skok. Die prentjie van my pa in sy eie bloed vir 7 ure haunt my. Ek praat graag met die media, maar duidelik gaan daar detail verlore, ek vergeet die afgelope week my eie naam.
Ek wil dit graag duidelik maak dat die Boschkop polisie ongelooflik was. Asook die gemeenskap diens Conserve.
Die Boschkop polisie was ongelooflik. Hulle het vinnig reageer, die honde eenheid was daar, speurders, die hoof van Boschkop polisie stasie. Hulle het seker gemaak hulle doen alles reg, sodat die hofsaak, wat definitief kom, geen onduidelikheid het nie.
Die bakkie is terug gevind 2 dae daarna, daar is ‘n ooggetuie wat die plaas werker sien weg ry het in die bakkie.
Hulle volg op, en hulle hou ons op hoogte.
Hy sal gekry word. Ek verstaan glad nie, die werker het in ‘n splinternuwe huis gebly, hy is goed betaal, goed behandel. En hy het niks oor van die episode nie.

Uvonka ·

Hi Niret

Al ken ek julle nie wil ek jou alle sterkte en liefde toewens en natuurlik vinnige beterskap vir jou dierbare Pa. Ek is so dankbaar dat hy gespaar is.

Niret ·

Dankie Uvonka, ek waardeer. Ek is self ongelooflik dankbaar hy is gespaar, en dat hy op ‘n medies is xxx

Karen van Zyl ·

Dit maak my ongelooflik hartseer om van al hierdie plaasaanvalle te lees en van te hoor, dit een is TE veel, kom ons doen iets en nie net praat nie!

Wilhelmus Grobler ·

Nic my broer, se grootste swakte was sy klein hart(jie)
Ek kan myself nie indink dat hy n persoon in nood, wit of donkerskleurig, sal wegstuur as hy enigsins kon help nie. Hy is nie ryk nie. As hy werk gehad het sou hy die persoon aanstel teen n loon wat hy heel moontlik nouliks kan bekostig.
Die feit dat hy lewe is n bewys dat hy guns ontvang het van die Hoogste Gesag, en dat hy bekend is in daardie kringe.
May God have mercy on his attacker!

Niret ·

Dankie vir die mooi woorde oom, ek het vir hom gelees :-) xxxx

Hilda ·

RM.. as Amerikaners alles alleen doen, hoekom werk my seun en duisende Suid-Afrikaanse seuns op olase in Amerika???

Wtf ·

So ek het nou die berig gelees, en ook elke liewe een se kommentaar/opinie. Die eerste wat ek raak sien is dat daar mense is met goedhartige wense aan Oom Nic vir vorentoe, by elkeen van die inskrywings het Niret geantwoord en gesê dankie.
Nou vra ek die res van julle wat so blatant die arme kind aanvat oor sy nie self gaan kyk het nie, en vir Oom Nic oor hy iemand ‘n werk gegee het om geld te verdien en nie alleen gewerk het nie, besef julle dat die familie die kommentaar ook (moet) lees?

Jacques Venter ·

Deelsaai boerdery, soos wat die gebruik was voor 1913, kan dalk n oplossing wees. Dan het die werker/s belang by die boerdery. Ek verneem dit word reeds suksesvol op sommige wynplase bedryf.

Jannie ·

Baie sterkte aan almal wat deur hierdie beproewing moet gaan. Wat soos ‘n paal bo water staan, plaasaanvalle is die begin van grondgrype. Niks of weinig word daaraan gedoen nie. Vyf polisiemanne word heel waarskynlik slapend in ‘n polisiestasie aangeval en dit word as ‘n nasionale ramp beskou met ministers wat dadelik opdaag en bevele gee dat dit as ‘n prioriteitmisdaad verklaar moet word. Sou die aanval omgekeer wees, dat die plaaseienaar sy werker met ‘n panga van agter aanval, is daar nie ‘n skrif groot genoeg vir die opskrifte nie en die boer sou reeds in die hof verskyn het met die gepaardgaande toy-toy, slagspreuke en haatliedjies.
Ek wens oom Nic ‘n spoedige en volkome herstel toe.

Elize ·

Ek het die berig gelees, en vind dit werklik hartseer dat ons oues so behandel moet word. Ek weet egter dat ek baie veiliger voel hier op die plaas, waar ek nou vir bykans drie weke alleen moes bly omdat my man wat in die Polisie is op kursusse gestuur is. Vir ‘n Jozi girl was ek aanvanklik baie skrikkerig, maar later het dit my nie gepla nie. Ons het egter geen werkers nie en doen alles onsself van wasgoed was, huis skoonmaak, beeste, skape, varke, hoenders en ganse versorg + al die tuinwerk en karre was. Ons het nog nooit enige probleme ondervinding nie. Daarenteen het ons bure wat almal werkers het al almal onder hulle deur geloop, en is ek en my man van mening dat jou eie werkers jou skade besorg en uiteindelik jou dood. Hulle het heeltemal te veel inligting omtrent die huis en sy mense. Nee wat ek werk myself eerder maar in die grond in, maar ek gaan beslis nie die hand voet wat my later wil kom byt nie.!

William Benade ·

Die gebeure wat uitgebeeld is breek n mens se hart so onnodig as mens ,mag jy nie kwaad raak of wraak koester nie want die woord van God se wees lief vir jou vyand bid vir jou vyand hoe kyk mens na dit ek bid dat God daai famielie wat die aaglike aanval moes beleef God hulle omvou in Sy liefde en beskerming en vir die vyand bid ek dat God alle slegte goed en vyande sal uitwis en straf .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.