Kleinhoewe-aanval: Man (74) sterf, suster in maag geskiet

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Man (74) is omstreeks middernag doodgeskiet buite sy huis in die Bultfontein- landelike omgewing noord van Pretoria.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê die voorval het om 23:20 plaasgevind.

Die man, sy suster en sy skoonsuster het saam in ʼn huis op die kleinhoewe gewoon.

“Twee aanvallers het onder meer die elektriese heining geneutraliseer en die hek uit die spoor gelig. Hulle het toe die voordeur afgebreek,” het Cameron gesê.

Cameron het gesê dit is in dié stadium nog onduidelik presies watter interaksie daar tussen die man en die aanvallers was, maar hy is buite die huis dood aan ʼn kopskoot.

“Sy suster is ook in die maag geskiet. Dit lyk in dié stadium of die ander daarin kon slaag om oor die noodradio hulp te ontbied en die twee het te voet gevlug. Ons het spoorsnyers op die toneel gehad wat die spoor gevolg het tot by ʼn teerpad waar dit voorkom of hulle opgelaai is,” het Cameron gesê.

Volgens Cameron is daar vermoedelik ʼn vuurwapen uit die huis gesteel.

Tarien Cooks, AfriForum se bestuurder van steundienste wat op die toneel was, het bevestig dat die vrou na die Netcare Montana-hospitaal geneem is.

“AfriForum se slagofferondersteunerseenheid was reeds op die toneel en werk met die skoonsuster wat erg getraumatiseer is.”

Cooks het verder gesê na aanleiding van die spore word vermoed dié twee aanvallers is dieselfde twee wat sowat drie weke terug werkers in die omgewing geskiet en gewond het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die 68-jarige suster is na die hospitaal gehaas vir behandeling en die man is op die toneel dood.

Makhubele het egter gesê in dié stadium lyk dit net of ʼn televisie uit die huis vermis word.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Anoniem ·

Die feit dat die moordenaars soos wat in die berig vermeld word, by die teerpad opgelaai is, is ‘n duidelike bewys dat die tipe aanvalle deeglik beplan word. Dis nie net gewone roof pogings nie, dis beplande moord sendings.

Liberaal ·

Die linkse massamedia se vir ons om te aanvaar dat die aanvallers arm is, hulle vlug met motors, hulle moet seker privaat helikopters kry.

Tania Heyns ·

Dagsê Colleen

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nutraal ·

Dit sal nooit kan stop nie behalwe as daar op Orania beleid voort gebou kan word.
Die geskiedenis herhaal hom net weer vanaf Jan v Riebeeck. Dis nou net meer kompliseerd.

White Rhino ·

Stuur dit ook aan vir Trump en Australie en ook Sisulu – ook vir die res van die Buiteland.
Met elke aanval moet dit nou gedoen word.

Boere ·

Ag toe nou Lolatjie, kalmeer net, hoor. White Rhino, jy het klaarblyklik nog nie gehoor nie; die boere het laat weet Trump moet hom met sy eie land se sake bemoei, hul het hom nie nodig nie.

Willie ·

Waar is die SAPD, wat in die aande patrolies moet ry, en voorstaan moet hou?

Christina Maldonado ·

Die boere het nie vir Donald Trump laat weet hy moet hom met sy eie sake bemoei nie!!! Dit is Julius Malema wat dit gese het!!! Ek pos elke dag op LINKEDIN wat aangaan in Suid Afrika en ek wird meestal aangeval deur sekere Afrikaners.

Callie ·

Dis moeilik vir die polisie lede met swak bevelvoerders wat dissipline moet toepas om so laat in die nag wakker te wees. Sterkte aan die mense. Die van ons wat deur sulke dinge is weet hoe bou haat en bitterheid in n mens op.

Gerhard ·

Ons moet DRINGEND iets doen aan die tipe sake. Agri SA is vinnig om vinger te wys na Afriforum, maar hulle doen nooit iets nie en Afriforum is altyd daar om te help. Ek is lid by albei maar gaan my Agri SA lidmaatskap stop as hullle nie vinnig hande met Afriforum vat en die ding STOP nie.

Celtis Africana ·

Dan Kriek, president van Agri SA tydens n onderhou met die joernalis Willemien Brümmer wat op 4 Augustus in die Volksblad verskyn het:
” Hy ontwyk die vraag oor Afriforum en sy veldtog teen plaasmoorde en sogenaamde ‘rassistiese diefstal’ ”
” Die toekoms sal bepaal word deur gematigde Suid Afrikaners, nie randfigure, randorganisasies en mense wat links en regs van die tafel afval nie.”
Dit wat betref jou hoop op samwerking tussen die twee organisasies.

Celtis Africana ·

” Ons het spoorsnyers op die toneel gehad…”
” …Afriforum se bestuurder van steundienste wat op die toneel was…”
” Afriforum se slagofferondersteunigseenheid was reeds op die toneel en werk met die skoonsuster wat erg getraumatiseerd is.”
Alle inligting oor die situasie kom van Afriforum, nie Agri SA nie, Afriforum.
Dit is nie Agri Securitas wat die nodige bystand verleen en opvolgwerk doen nie.
Enige boer wat nie lid is van Afriforum nie, doen dit op eie risiko.
Hierdie Burgerregte groep lewer waaragtig die diens daar waar die klippe val.
Met groot dankbaarheid teenoor Afriforum.

Charles ·

President Trump is verkeerd!!! Daar vind nie ‘n volksmoord plaas teen blankes in Suid-Afrika nie/s.

NITA ·

Ons bly op n plot daar naby. Dit is baie bedrywig daar. Ons opregte dank aan ons GPF groep wat altyd daar is om ons te help. Die ure wat hulle afstaan om patrollie te ry en altyd op bystand te wees. Ons waardeer elkeen van hulle opreg. Dit is n voorreg om in n omgewing te bly waar mense nog soveel omgee vir mekaar.

Louise ·

Ek sien n klomp Afrikaners trap nou ook water en se Trump moet sy neus uit ons sake hou. En maak hom nog boonop tot leuenaar as hy praat van plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding. Praat so uit Madame Sisulu se mond. So kry vir julle. Moet net nie by Trump gaan huil, die dag as boere van hulle plase af moet padgee met net hulle tassies in hul hande nie. Ek ween saam oor elke wit Christen martelaar wat op plase en in dorpe en stede gemartel en vermoor word.

Danie (2) ·

Groot plase, kleiner plasies, landbou hoewes is almal in landelike gebiede gelee. Die eienaars en gebruikers van al die grond het hoofsaaklik ten doel om ‘n lewe te maak uit een of ander vorm van boerdery, hetsy op groot of klein skaal. Die harde feit is die op die kleiner stukkies grond is dit hoofsaaklik manne en vroue wie dikwels nie so welaf is nie maar steeds hulle stukkie brood en botter van die grond win. Hulle is in goeie reg ook boere van beroep. As mens terug kyk hoe Agri SA ontken het dat die plaasaanval getalle so hoog is teenoor dit wat Afriforum ter tafel gele het ,kom die waarheid alhoemeer na vore. Agri SA dit is hoogtyd dat julle, nie net groot plase in jul “kliek” verteenwoordig nie, maar ook jul begin ontferm en die klein boere ook opneem in jul afgewaterde statistieke, dan sal die waarheid na vore kom van werklik hoe hoog aanvalle op alle boere is. Afriforum ons is dankbaar dat julle nie onderskei in “status” tussen groot en klein boere en na almal se belang omsien as boere. Afriforum jul ontplooing en daadwerklike ondersteunings rol asook teenwoordigheid op die grond in landelike gebiede is ‘n riem onder die hart. Dit maak sin dat Afriforum se statistiek korrek is. Hulle is daar waar die dinge gebeur. Agri SA jul skitter in jul afwesigheid daar waar die krisis voorkom – daarom jul gebrekkige statistieke.

donker duiwel ·

Dit is lankal nie meer ‘n kwessie oor of jy boer of nie boer is nie. As jy wit is, is die skrif teen die muur

Lollie ·

So wil hulle ons plase en plotte onteien! Verdryf die mense daar dan is dit mos grond wat gevat kan word! CR is nie veel beter as JZ nie. JZ het gedoen! sonder om ń oog te knip. CR praat baie net om die aandag af te trek van wat hy eintlik besig is om te doen!
Hulle het albei net 1 doel voor oë en eintlik praat hulle maar saam met die EFF. Vir hulle almal kom dit op 1 punt neer en dit is om van wittes ontslae te raak. Is daar enigeen van hulle wat vir die wittes ń goeie woord het of om hulle enigsins by iets te betrek? Nee ons het nêrens ń sê of ń plek nie. President en sy trawante blaas haat aan tussen die nasies. Indien hulle enigsins beter was as die blanke regering sou hulle dat ALMAL saamwerk aan ń beter land en toekoms!
Vinkel en Koljander, die een is net soos die ander!!!

Theresa ·

Feite: Afriforum met ‘n F in middel van woord is die instelling wat als in hul menslike vermoë doen om boere en ander te help met hierdie uitroeiing en afmaaiing van mense – kleinhoewes en plase. Dis hul wat die gemeenskapsorganisasies aan die gang het om te help meer sekuriteit verseker.
Agri SA is heeltemal iets anders.

Stuur asb. hierdie geval aan na die regte plekke soos na buiteland waar belangstelling getoon word en waar ookal. ELKE geval moet onder hul aandag gebring word.
En vir kommentaar hierbo iewers wat sê mens moet dit self aanstuur – die regte mense het die regte kanale waardeur dit versend word.

Skreiend die moorde wat steeds plaasvind. Wat is ons president se antwoord op familielede van hierdie nuutste moord? Is hy ademloos of steur hy net nie!

Danie (2) ·

Theresa, dankie dit mag wees dat Agri SA heeltemal iets anders is soos u se – as dit so is, waarom bemoei hulle hulself en spreek hulself uit, met verwysing na sogenaamde “feite” oor plaas aanvalle en moorde wat kwansuis nie so erg is nie en aan die afneem is . Dan moet hulle mos nie uitlatings maak wat nie binne hul veld val nie, veral as hulle nie behoorlik huiswerk gedoen het nie.

frenchpeteers ·

As julle die gevalle een vir een aan stuur gaan dit vinnig stop gesit word op watter manier die mense wat nie daarvan hou nie ookal dit gaan probeer keer. Vra Afriforum of iemand wat aangewys is om ‘n lys te maak van al die gevalle en dit op ‘n weekliks/2 weeklkse, ens basis bekend te maak en dan eerder die lys aan te stuur vir die mense aan wie julle dit wil bekend maak (Suid Afrika, Trump, Australia, ens)

sekelbos ·

10jaar gelede het dieselfde gebeur op bultfontein julle. gelukkig was ons geseend met die taakmag wat die dame van sekelbos kafe laat uitroep het en sy en haar werkers hulle oe en ore oopgehou het vir vreemde voertuie op die paaie daar was baie vasgetrek veral in Maroela en Sekelbos en dit het gestop. miskien kan iemand dit weer doen, jammer ek is nie meer in die gebied nie. sterkte ek weet hoe dit voel as jou mense gemoor en geskiet word. moenie mekaar kritiseer nie help mekaar eerder. dit is ongelukkig ons grootste fout ons tonge wat nie weet wanneer om vas gebyt te word nie.

Piet ·

Boere, Agri SA praat nie namens almal nie. Hopelik verloor Agri SA baie vinnig lede wat hul self eerder sal skaar agter TLU. Hulle deel wel Trump se kommer wat verband hou met die huidige stand van sake.

donker duiwel ·

Deesdae weet mens nie meer wie is die robber en wie is die crook nie. Mens weet nie eens wie die sogenaamde Afrikaners is wat ontken dat daar volksmoord plaasvind nie en of hulle net Afrikaans sprekende mense is nie. Daar is ‘n groot verskil.

teresa ·

Hierdie man was My niggies se Oupa gewees. Hy was n goeie man, met n hart van goud! Hierdie geweld moet STOP!!!

teresa ·

En dit was sy vrou wat in die huis was. sy het die skote gehoor.

Bokkie van der Merwe ·

Hierdie man is my swaer se swaer.Sy sussie en haar seun is verpletter. Hulle dogter jare terug in ongeluk verloor. Die moorde moet voorgang geniet maar wat se almal nee dis gewone moorde. Wel gewone moorde is ook verkeerd. n Familie is in rou gedompel. Die man was n man met n hart van goud. Die dierbaarste mens wat ek geken het.Rus in vrede.Hoop Amerika kom help sodat hulle kan sien wat gebeur met moordenaars.Is vandag net gatvol vir ons regering wat niks doen nie. Ons is ook boere en ons moet na onsself kyk geen SAPD nie.

Piet my vrou ·

Sekelbos… daardie was nie die Taakmag nie – dit is gewone lede van die publiek wat hulle lewens in gevaar stel vir die gemeenskapslede. Wat dit gratis doen sonder om iets te vra – hulle is nie deel van n sekuriteits groep nie dus word hulle nie n salaris betaal nie en word ook nie vergoed vir hulle uitgawis nie. Hulle gebruik hulle bekwaamhede om ander te help. Hulle kry selde n dankie van die gemeenskap af. En as hulle n vergadering reel daag daar net n handjie vol mense op. Die res sit op die kantlyn en kla en kritiseer. Hierdie groep manne en vroue gee hulle alles en verloor soms baie in die proses om ander gelukkig te maak en te help. Wens net die gemeenskap wil dit besef.

Werner ·

Boere daar is nie boere wat se Trump moet sy neus uit ons sake hou nie dit is die liberale media se liegstories maar gelukkig hetTrump n eerste wereldse intl diens so glo hy weet wat aangaan beter as usles Agri SA waatvan jy seker deel is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.