Kleinhoewe-aanval: ‘Vermoor vir twee selfone’

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Man is op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-omgewing in die ooste van Pretoria dood toe gewapende aanvallers hom Woensdag deur ʼn glasdeur van sy huis geskiet het.

Die man het oënskynlik wakker geword van die geraas toe die aanvallers ʼn veiligheidshek begin oopbreek het. Na verneem word, het hy hulp ontbied, maar is doodgeskiet voordat hulp kon opdaag.

Die aanvallers het die deur verder oopgebreek en twee selfone geroof voordat hulle gevlug het.

Die man se vrou en twee jong kinders is nie tydens die voorval beseer nie, maar geweldig getraumatiseer.

“Dit was ʼn sinnelose moord en vir wat? Twee selfone,” het Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

katerinadiekat ·

Nee die twee selfone was nie die primere rede nie. Dit was om n blanke te vermoor. Die selfone is maar net geneem om dit te laat lyk soos n inbraak vir goedere.

Anoniem ·

Uiters betreurenswaardig hoe min ‘n menselewe geag word. Sterkte aan die naasbestaandes. In die lig van die huidige demoniese BLM veldtog, versoek ek dat Maroela Media asseblief vir ons in alle moord berigte die ras van beide die aanvallers, asook die slagoffers bekendmaak.

Persheks Adri ·

Wanneer stop die plaasmoorde? Genade dis om van mal te raak! Ek dink al hierdie moorde is beplan en word beslis aan gehits! Die boere voorsien kos aan ons indien die mense dit nie besef nie!!!

Sterkte aan die familie en mag God julle dra in die moeilike tyd

Anthony ·

Is daar ooit nog mense oor op die plase ? Teen die trant van moord kan daar sekerlik nie meer veel oor wees nie

Piet ·

Word alle kleinhoewe-aanvalle tans as plaasaanvalle beskou? Vra maar net.

katerinadiekat ·

Maak dit saak, liberale Piet? Mense boer op kleinhowes ook, n vriendin van my het met bokke geboer op haar kleinhoewe, n ander een met hoenders.

Piet ·

Ek dink tog daar moet ‘n onderskeid getref word om dit te onderskei van plaasaanvalle ter wille van statistiek. Baie mense woon op kleinhoewes sonder om te boer, hulle is nie boere nie. Hierdie kleinhoewes is ook dikwels net buite groot dorpe terwyl plase meestal meer afgelee is.

katerinadiekat ·

My mening verskil van joune hieroor. Kleinhoewes is ook in landelike gebiede, en alhoewel baie van hulle nie heeltemal so afgelee is as plase nie, is hulle net so kwesbaar. Die bewyse daarvan het ons male sonder tal in die nuus hier op MM gesien. Die aanvallers sien kleinhoewes beslis in dieselfde lig as plase. En hoe hulle dit sien, is ongelukkig wat saak maak hier. Nie my en jou siening oor die mate van afgesonderdheid nie. Hoe hulle dit sien. Kwesbaar. Vandaar die baie aanvalle op kleinhoewes. Miskien voel sommige van die aanvallers dat hul nie tyd het om mense op kleinhoewes vir ure brutaal te martel nie, so dan maak hulle n vinnige teregstelling daarvan. Die slagoffers is almal ewe dood. En gewoonlik blankes.

Piet ·

Daar moet onderskei word tussen boere en mense wat nie as boere geklassifiseer word nie. Dis meer waarskynlik dat die boer op die plaas wit is as wat die bewoner op ‘n kleinhoewe wit is. Dis byvoorbeeld belangrik wanneer na die effek van liedjies soos”kill the boer, kill the farmer” gekyk word wat spesifiek na wit boere op plase verwys.

katerinadiekat ·

Ek weet wat jy bedoel. Maar die meeste mense wat hoewes besit, is ook blankes. Net soos op die plase, bly daar baie maal ook werkers op die terrein. Maar dit is meesal blankes wat vermoor word, nie werkers nie. Volgens die nuusberigte, is dit duidelik dat die aanvallers blankes op kleinhoewes ook as boere oor dieselfde kam skeer. Die betroubaarste statistieke sou dus beskikbaar wees wanneer hoewes ingesluit word by plase, ivm met aanvalle, verkragtings, marteling en moorde. Of huisroof, soos dit gewoonlik deur die polisie geklassifiseer word. As dit duidelik is dat die aanvallers hoewe bewoners oor dieselfde kam skeer as plaasboere, is dit miskien tyd dat statistieke vir die twee gekombineer word. Met statistieke daarby van die rasse van die aanvallers, en die vd slagoffers. Die totale gruwelike prentjie.

katerinadiekat ·

My mening verskil van joune in hierdie saak. Kleinhoewes is nie almal so afgesonderd soos plase nie, maar dis ook landelike gebiede. En die aanvallers sien kleinhoewes beslis in dieselfde lig as plase. Die bewyse daarin is te vinde in al die nuus oor hoewe aanvalle hier op MM.

Net so kwesbaar. En wat ongelukkig hier saak maak, is hoe die aanvallers kleinhoewes sien – Kwesbaar. Nie my en jou siening van die mates van afgesonderdheid nie.

Die meeste aanvallers voel dalk dat op hoewes, hulle nie ure het om die slagoffers brutaal te martel nie. Dan maak hulle dit n vinnige teregstelling soos in hierdie geval. Die slagoffers is almal ewe dood. En gewoonlik blankes.

Objektief ·

Ons is in SA”White loives don’t matter” is die regtering se benadering

Piet ·

Hulle was besig om te skei en die vrou in die proses om uit die huis te trek volgens berigte. Dink nie die wynbedryf het iets hiermee te doen nie.

daniel ·

Moet nie die fout begaan om te dink dat hierdie moorde op witmense op veral plase en hoewes enigiets met roof te doen het nie. Wees verseker dit het nie.
Hierdie moorde het n politieke konoktasie wat gevind kan word by politieke partye in Suid Afrika
Waarom word uitsprake wat gemaak deur sogenaamde quasy politici in hierdie verband nooit ondersoek nie?.
Die feit dat n mens sekerlik NIE nodig het om iemand te vermoor as jy hom wil beroof baie sinister en dui op politieke motiewe.

Oujongvrou ·

Lankal nie meer inbrake nie. Sien niemand wat hier aangaan nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.