Kleinhoewe-aanval: Vrou leef ná 30 messteke

Argieffoto

Argieffoto

Waarskuwing: Die foto’s onderaan die artikel is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Miemie Delport (52) van Mooilande buite Drie Riviere in Vereeniging, Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat sy Maandagoggend glo deur haar tuinier aangeval en 30 keer met ʼn mes gesteek is.

Delport, wat al 20 jaar lank in die omgewing bly, het ʼn huis en twee woonstelle op haar kleinhoewe. Sy woon in een van die woonstelle en verhuur die huis en ander woonstel. Sy het tot onlangs alleen gewoon, totdat haar dogter by haar ingetrek het.

Charles Ellis, Delport se broer, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die huurders van die huis het twee weke gelede uit die huis getrek en die plek baie verwaarloos gelaat. “Miemie het deur een van haar werknemers ʼn verwysing vir ʼn tuinier gekry om die huis en erf skoon te maak,” het Ellis gesê.

Sy is Maandagoggend omstreeks 08:00 op pad na haar sakeonderneming in Drie Riviere toe die tuinier haar glo in die oprit voorgekeer het om te sê hy benodig nog lappe. Haar dogter was toe reeds weg werk toe.

“Miemie het teruggery woonstel toe, uit die voertuig geklim en is in die huis in terwyl die voertuig staan en luier het. Toe sy weer sien, staan die man agter haar in die huis en begin haar met ʼn mes in haar rug en kop steek.”

Ellis het gesê Delport het na die buurtwag se noodradio gegryp en om hulp geroep. “Die man wou die radio uit haar hande klap en het in die proses haar arm op twee plekke gebreek.”

Delport het op die grond neergesak en die man het gevlug. Sy kon glo sien hy gryp haar beursie en selfoon uit haar voertuig. Sy het weer die radio opgetel om hulp te ontbied en die buurtwag oor die voorval in te lig.

ʼn Ambulans het haar na die MediClinic in Vanderbijlpark geneem vir behandeling. “Die dokters het van die oggend af tot omstreeks 16:00 haar in die ongevalle-eenheid behandel. Sy is daarna na die intensiewesorg-eenheid oorgeplaas,” het Ellis bygevoeg.

Intussen het die buurtwag vinnig opgetree en die man sowat 500 m van Delport se huis vasgetrek. ʼn Mes, Delport se beursie en selfoon is in sy besit gevind. Al die geld was uit Delport se beursie verwyder.

“My suster is in baie pyn en nog deurmekaar, maar sy is stabiel. Haar gebreekte arm word vandag [Dinsdag] geopereer. Sy gaan nog vir ʼn ruk lank in die intensiewesorg-eenheid behandelling ontvang om seker te maak haar wonde kry nie infeksie nie,” het Ellis gesê.

Maroela Media het navraag by die Vereeniging-polisiestasie gedoen en wag nog vir kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rentia ·

Verradderlike en veragtelike gespuis!
Waarom kry mense nie liefs werklose blankes om hulle te help nie?
Baie sterkte, word gou gesond.

Maryna ·

Dis om van te skree… arme vrou. Jy kan niemand maar niemand meer vertrou nie. Sluit daai basterd toe en gooi die sleutel weg. Baie sterkte vir die vrou en haar familie.

kitty ·

Ek het nie woorde nie- die barbaar moet ook soveel steekwonde kry soos die arme vrou,sulke barbare moet uit die beskawing permant verban word,!!!!!!!!!

Ronell Ryan ·

Aanvallers moet van die aardbol gevee word – nie mens nie.

Jul laaste reel “moenie die oom of tannie…” . Dit help nie om altyd ‘nice’ te wees met die elemente nie want hul gee niks om vir ‘n lewe nie en …… jy wat ‘nice’ is – kan dalk volgende wees.

Slim Daan ·

My kommentaar al soos die van n bandopnemer. Maar weereens :- Om filantroop te wil speel vir diegene met oop harte en beursies – betaal nie. Inteendeel. Dat jy jou Maker vroeer gaan ontmoet deur te reageer op smeekkrete van ” ehkke es hhomm soeee hooonnghorrr ” is nou maar eenmaal so.
In die son by sy kaia sit en met n stok tussen sy tone en ore krap – is hoe dit hoort.

Slim Daan ·

Hul Prez maak los en vas beloftes van miljoene werkskeppende poste. Laat hul daar loop aanklop. ( Eersg. het n lekker swembad waarin hul kan afkoel as die lang wag te warm raak. )

alet ·

Ek stem saam kry blankes wat nie werk het en laat hulle vir ander blankes help teminste kan n mens hulle vertrou

Marietjie Grant ·

Dis nou stank vir dank. Gee hom ‘n werk en hy steek jou letterlik in die rug. Ek hoop die Buurtwag het hom goed gefoeter voordat hy aan die Polisie oorhandig is. Reënboog nasie se dinges – daar bestaan nie so iets nie.

lindie lamprecht ·

Hierdie is my niggie en het baie seer! Sy het nog nooit iemand skade gedoen nie. Dankie Liewe Heer dat sy nie nog verkrag ook was nie.

Riaan ·

Bring die doodstraf terug – Hoekom is daar nie een party daar buite wat daarvoor vra nie

Andriette ·

Ek hoop nie hy is vir die polisie gevat nie. Gee hom vir al die mense wat al so keelvol is vir plaasmoorde! Hul sal goed weet wat om met hom te doen

AmY ·

Wat bedoel julle met die berig deur te sê ‘sy is glo deur haar tuinier aangeval’ ? Ek verstaan dit nie. Hy het haar mos aangeval? Of moet hy eers pleit voor julle mag sê sy is aangeval?

Ek hoop sy herstel gou en dat die monster boet vir wat hy aan haar gedoen het. Dit is wreed om ‘n dame so aan te val en so lelik seer te maak. En dit boon-op nadat sy hom werk en kos gegee het???

Nee wat, ek gee op!!!!

Derick ·

Ek wonder maar net, volgens die berig is hy 500m vanaf haar huis betrap, dus was hy nog besig om te vlu. Hy het ook nog die beursie en die selfoon in sy besit gehad, maar die geld is uit die beursie uit??? Verduidelik asseblief vir my hoekom sal hy die gels weggooi en die beursie hou? Het niemand anders dit raak gelees nie?

AmY ·

@Derick: Dalk het hy die geld iewers versteek. Jy is reg, ek het daai een ‘misgelees.’

Chantel Delport ·

Hey almal Miemmie Delport is my skoonma! Dit gaan goed met haar sy het net nog bietjie seer. Dit was n werk op die plot wat haar aangeval het. Sy het hom uitgeken ook. In my opinie kan jy niemand meer vertrou nie. Ons is net almal baie dankbaar dat my skoonma oky is en dat die man gevang is. Dankie vir almal se hulp en ondersteuning!

Sharone Rabie ·

Baie sterkte Miemie Boeregroete Sharone ! Ek bly net n paar blokke van jou af in Helderstrome ! Ons is bitterlik bl dat jy leef en ek dink jy is die braafste Boerin waarvAn ek ooit gehoor het !

Annemarie ·

Bring net die doodstraf terug in die land, mense moet nie meer mense jammer. Kry nie, en maar liewers die werk self doen al vat dit langer, n mens se lewe beteken niks vir n skelm nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.