Kleinhoewe-‘martelaars’ dalk skotvry

Argieffoto: Maroela Media

Ses mans wat daarvan aangekla word dat hulle Floris Johannes Kruger (60) op ʼn kleinhoewe gemartel en vermoor het, mag dalk binnekort skotvry wees.

Khangelani Matebe, Luyanda Nkolose, Mzuvukile Foli, Fuzile Kosana, Athenkosi Mtshayisa en Fundile Nqwensu is in aanhouding nadat hulle Kruger glo in Augustus 2010 op sy kleinhoewe naby St Albans in Port Elizabeth vermoor het.

Die beskuldigdes het na bewering by Kruger se huis ingebreek, sy huis geplunder en hom in die loop van die aand aangerand. Sy liggaam is die volgende dag met steekwonde aan sy arms en rug langs ʼn grondpad aangetref. ʼn Nadoodse ondersoek het bevind hy is uiteindelik dood weens ʼn koeëlwond aan sy kop.

Hul verhoor het aanvanklik in die Port Elizabeth-hooggeregshof plaasgevind. Die staat en die verdediging het reeds hul sake gesluit en regter Bonisile Sandi moes sy uitspraak lewer.

Sandi is egter vroeër vanjaar dood en die verhoor moes van voor af begin. Die nuwe verhoor het vandeesweek afgeskop. Die beskuldigdes was egter uitdagend en die meeste het geweier om vir ʼn tweede keer te pleit. Van hulle het ook geweier om uit die aanhoudingselle te kom.

Die ses staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering, huisbraak, huisroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Adv. Jodene Coertzen, vir die beskuldigdes, het Donderdag gesê hy gaan namens sy kliënte ʼn aansoek indien dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hulle nie vervolg nie weens ʼn onredelike vertraging in die saak.

Die saak is tot 7 September uitgestel vir betoë oor dié aansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Boer ·

Adv Jodene Coertzen moet net weet dat God hom/haar een dag vir daardie aansoek sal “judge”

Akademi Buktu ·

Adv Coertzen illustreer maar weer hoekom ek hulle eerder wetsgeleerdes noem as regsgeleerdes.

m ·

Ons regstelsel is so belaglik. Dit beskerm die moordenaar ten volle.

Alida ·

Dit is die belaglikste ding wat ek al ooit gehoor het. Die hele saak is op band die volgende Regter kan na die oorkondes luister en daarop uitspraak lewer. Hoe kan hulle hierdie mense vrylaat. Die oorledene se familie moet kapsie maak. Hou hulle in die tronk. Niemand het voorsien dat die Regter sou sterf nie. Dit kan nie so gelaat word nie. Hoe op aarde kan ‘n Advokaat hulle nog probeer verdedig. Wat as dit haar pa was??????????????

Reti ·

Mooi Adv Jodene Coertzen! Jyt jou saak ‘gewen’ nou kan nóg ONSKULDIGE mense deur jou ‘ONSKULDIGE’ kliente VERMOOR word. Pragtig.

Ronel ·

Stem saam Reti! Dis duidelik dat alles oor geld en die “wen” van ‘n saak gaan. Gewete? Dit gaan kom, al is sy nou gewetenloos!

Arrie ·

En hul noem dit n regstelsel. Dit walg n mens. Kom Here, kom gou. Sy oordeel is tenminste regverdig

Haan ·

Stem 100% saam met jou Arrie! Ons volk het nou werklik Sy ingrype nodig.

moeg ·

ja so werk dit seker maar…….ses mense staan vir hulle regte by kfc en gaan tronk toe maar vermoor iemand en jy loop vry rond hoe werk dit

ek ·

Dis omdat die dit wit mense was wat vir hul regte gestaan het by KFC

Francie ·

…dan moet ons wat witmense is, ook maar wegbly van KFC , soos die Spur – om “vredesonthalwe”.

Steven ·

Dan kan ons maar net hoop die strik siekte trek julle almal plat, nie gou nie, maar n lang uitgerkte tyd.

Sê net ·

“…weens ‘n onredelike vertraging in die saak.” M.a.w, iemand moes kon voorsien het dat die regter sou doodgaan. Ek wens party mense kan hulle prioriteite agtermekaar kry, dan sal dinge in die land dalk ook begin regkom.

Griki ·

Waarom het die saak vanaf 2010 tot 2017 geduur. Dit moes mos al lankal afgehandel gewees het. Ons regstelsel is belaglik en heeltemal te stadig met ernstige misdade. As hulle nie uit die aanhoudingselle wil kom nie, hou hulle in die tronk. Hierdie vertraging in hofsake veroorsaak ongelooflike hartseer vir slagoffers en/of hulle families, dit terwyl die wet sê beskuldigdes is geregtig op ‘n spoedige verhoor. So, wie het die wet hier minag?

HARTSEER ·

Ja ne….Ons wonderlike land en sy wonderlike regstelsel en sy wonderlike moordenaars en sy wonderlike regsverteenwoordigers wat die moordenaars verdedig en en en……Ek raak sommer siek!

Ilse Kruger ·

My skoonpa het ongelooflike leiding ondergaan daai aand toe hy vermoor is. Hoe kan die regstelsel ons so teleurstel en in die steek laat??? Dis presies hoekom ons gesin uit die land uit is – chaos oorheers alles. Dit breek my hart dat my kinders in n ander land moet grootword, maar na wat met Paps gebeur het plaas ons nie ons of ons kinders se lewens weer in sulke gevaar paaie nie…. As hierdie siellose wesens kan wegkom met n absolute grusame martel moord op n onskuldige man wat rustig geslaap het en nie eers enige weerstand kon aanbied nie! Dis n skande vir Suid Afrika.

chrissie ·

So jammer vir julle verlies, ek glo nie die seer gaan ooit weg gaan nie. en asb moenie hartseer wees deur jul kinders na ‘n ander land te geneem het nie, julle het julle kinders die grootste geskenk ooit gegee deur dit te gedoen het. hierdie land is in sy kanon, sou baie graag eerder ander woorde wou gebruik. Sterkte vir julle as familie en geniet julle lewe in die ander beter land. een van die dae doen ek en my gesin dit ook.

Sê net ·

Maroela Media ek dink julle moet ‘n “like knoppie” op die kommentare sit sodat mense wat saam stem met iemand se kommentaar dit kan “like”

LMF ·

Sê net. Ek vra al lankal vir die like knoppie maar lyk my MM sukkel met daai een????? En wag ek gaan gou kots na die berig ek is nou hondsiek

Skapie ·

SÊ BET, EK SOEK OOK ‘N LIKE KNOPPIE. HET AL VOORHEEN GEVRA

Wonder Ernstig ·

Maak ‘n “onredelike vertraging” jou dan onskuldig? Die slagoffer is gemartel en VERMOOR; nou het aangeklaagdes die “reg” om hulle soos opstandige skoolkinders te gedra, niesteenstaande die feit dat hulle aangekla word vir MOORD. En WAT, as ons mag vra, van die regte van die vermoorde slagoffer?

Justice ·

Dit lyk vir my dat indien jy in Port Elizabeth `n moord pleeg daar genoeg regslui is wat oor hul voete sal val om jou suksesvol op tegniese punte te verdedig.

Freddie ·

Hulle verdien elkeen ‘n dood in gelyke maat van die wat hulle gepleeg het. Watokal die uitslag, die wraak kom die Here toe. Elkeen sal rekenskap moet gee.

marous ·

Die strafproses maak duidelik voorsiening dat indien daar geweier word om te pleit word ‘n pleit van onskuldig genotuleer. Indien ‘n beskuldigde se houding ontwrigting veroorsaak dan kan die hof gelas dat die verhoor in sy afwesigheid voortgaan. Enige eerste jaar regstudent behoort dit te weet.

Rix ·

Welgedaan!!!! Ek wil net graag weet hoe hierdie besluit eendag voor die Regter van Alle Regters… Sou dieselfde aansoek gerig gewees het as die skoen aan die ander voet was en die aansoeker se geliefdes hul lewens ontneem was op so ‘n wrede en barbaarse wyse? Ek wonder ook maar net……

ek ·

Maar dan word daar op “msn” berigte geskryf oor hor rassisties wit mense is……

Seeg ·

So , die regter sterf af en hulle is dalk vry. Alle regters moet dan solank begin hardloop, want julle gaan binnekort n bedreigde spesie wees.

dovaz ·

Die Here slaap nie Adv Jodene Coertzen. We are not to judge but one day He will be the Judge. Mark my words!

C ·

Ja-nee @Seeg. Stem volkome saam met jou. Die verdediging het reeds hul saak gesluit, kan hul nie ‘n ander regter kry en hom tyd gun om deur die saak te werk nie en dan daarvolgens sy uitspraak lewer nie. My innige simpatie met Oom Floris se familie wat al daardie hel moes deur gaan. Ek kan net dink hoe hul moet voel oor hierdie belaglikheid. ‘n Regverdige regstelsel het ons beslis nie.

Piet ·

In korintiers lees ons dat ” die onskuldige word vervolg, maar nie deur God verlaat nie.” Mens kan dan seker self se dat, die skuldige word nie vervolg nie, maar wel deur God verlaat. Dis maklik om te kan sien wie is wie. Advokaat, watter skoen pas jou vandag?

Riaan ·

Dis wat my so teleurstel van “prokkerowers”. Hulle wil altyd net sake wen in plaas van om geregtigheid te laat geskied. ‘n Prokureur moet sien dat sy klant ‘n regverdige verhoor en straf kry – nie bo alle koste sy klant probeer laat vrykom nie.

Bianca ·

Hoe verskriklik onregverdig is dit nie, maar omdat dit nou ‘n wit oumensie se lewe was, nou is dit mos van minder belang en reken die hof mos hulle tyd word gemors, dit is so ongelooflik baie verkeerd, wanneer gaan daar vir ons oumensies baklei word maar die afrikaner is deesdae mos te bang om ‘n woord te se, reken mos dis veiliger om eerder stil te bly en vermy so moeilikheid, tot die dag dat daar nie meer oumensies is nie wat dan?

Jo ·

Jodene Coertzen, hoe slaap jy in die aand???????

Nee dis nie reg nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Verstom ·

@ Ilse Kruger, baie jammer dat so iets moes gebeur met jou skoonpa. Is daar nie iets wat julle gesin kan doen om beswaar aan te teken nie? Ek kan net nie glo dat daar enigsins n moontlikheid is dat hulle skotvry kan afkom nie!

erica ·

toemaar as dit met haar familie gebeur moet sy nie huil nie.

Vryheid ·

Jodene coertzen wag maar tot dit met jou gesin gebeur. Die wiel draai stadig maar hy draai!

Johan ·

“onredelike vertraging” Hoe lank het die Boeremag Saak gevat voordat dit afgehandel was. Was dit ook nie ‘n onredelike vertraging nie. Ons regstelsel vrot . As hul skotvry daar uitstap gaan hul weer dieselfde doen, indien nie erger !! Adv Coertzen dit gaan op jou gewete wees.

Nico ·

Ja adv coertzen die duiwel gaan jou nog sink wonder wie betaal jou vir die saak

·

In meeste gevalle word die prokureurs of advokate aangestel deur die Regshulpraad. Regshulpraad is deel van Departement van Justisie. Om jou vraag te antwoord: Ek en jy en die wat wel belasting betaal, betaal indirek ook vir die advokaat. [Praat onder korreksie maar ek dink ek is reg, indien nie, laat weet asseblief].

Alida ·

Met ander woorde die moordenaars gaan die Regters doodmaak voor die uitspraak dan word hulle vrygelaat? ONGELOOFLIKE voorbeeld wat hier gegee word.

Gert ·

Agente van regering wat ook die regstelsel in SA oorgeneem het.

Swartkat ·

As dit nou wit ouens was wat ‘ n swarte net aangerand en in ‘n kis geprop het om hom ‘n les te leer sal die saak nie eers terug getrek word as die regter doodgaan nie. Hier gaan dit daaroor dat dit net ‘n boer is wat aangerand en vermoor is , niks ernstig nie – pateties

Meatloaf ·

Soos enige regstelsel op hierdie planeet (dalk nie in Suid-Afrika) in n hof, kla jy aan, en verdedig jy. Hoe dan anders? Verbaas my altyd hoe sommige mense nog steeds in n grot woon, ver weg van begrip.

Meadloaf ·

Hier is daar net ‘n regstelsel om wittes wat moontlik oortree of diskrimineer of moontlik ‘n “k” woord gebruik baie ernstig te straf sodat die massas tevrede kan wees. Vermoor of rand ‘n plaasboer en sy vrou aan en jy kom in die ANC se goeie boeke, tronkstraf word of opgeskort of jy ontvang die minimum straf en is ook geregtig op mediese parool. As die ANC jou sien as ‘n goeie comrad dan kry jy nog KFC in die selle. As die voorsittende regter omkap is daar geen saak nie want sy sake en dokumente en bewyse behoort aan hom en word saam met hom begrawe, hy mag dalk die saak aanhoor in die hier naamaals om die beskuldigde te straf om hel toe te gaan.

Drikus ·

Nou waar is die hoofregter? Kan hy nie hier intree nie? Hoe slaap die advokaat en regter as hulle oogluikend moordenaars en wreedaards laat wegkom? Kan MMedia ‘n ondergoud voer met die advokaat? Ons moet haar verduideliking hoor. Dit maak mos bloot nie sin om die wreedaards skotvry te laat wegkom nie.

Neilia ·

Julle oordeel nou n advokaat en wil GOD se naam gebruik, die selfde GOD wat se julle mag nie oordeel nie ! Dit is ongelukkig haar werk, as sy dit nie gedoen het nie sou iemand anders wel . You have the right to remain silence ,you have the right to an legal representative if you can not afford one ,one will be provided to you.. net n gedeelte van jou regte wat voorgeless word as jy in hegtenis geneem word . So ongelukkig is sy die een wat provided was met die saak. Dink net biekie verder as julle neuse ,wat as dit jou werk was ?

Proefvlug ·

En as 6 mans nou by haar huis inbreek ? Gaan dieselfde redenasie dan gevolg word? Mooi adv. … niemand wens enige iemand anders iets sleg toe nie… die lewenswiel is rond, draai …. draai hy beslis… ..

Nicolene Neveling ·

Sjoe dit is so onregverdig dat die regter dood is en hul so lank aangehou moes word en hul tyd “gemors” word.. dink net hoeveel boere kon hul nou al beroof en vermoor het terwyl hul in aanhouding moet sit en wag. Adv Jodene ek wet nie hoe jy slaap in die nag nie, wat as dit jou pa was, sou jy nogsteeds so hard baklei het vir hul vrylating?? Dis oor mense soos jy dat ons land beheer word deur kriminele ons reg stelse is n grap!!!! wag maar dame, eendag gaan jy voor die Here staan en hy gaan van jou vra wat jy met jou lewe gedoen het en elke onskuldige mens wat vermoor of beroof is agv van jou “onskuldige” klante gaan voor JOU gele word, jy gaan verantwoording doen, en jy gaan jouself nie daai dag uit die ding kan praat nie

Naas ·

Die advokaat doen net haar werk. Die feit dat die beskuldigdes ‘n aansoek bring, beteken nie dat dit sal slaag nie. Ek dink hulle sal sukkel om die nuwe regter te oortuig dat die vertraging onredelik was in die omstandighede. Die Strafproseswet bepaal al sedert 1977 dat daar ‘n herverhoor in die omstandighede moet wees. Alles wat julle nie pas nie is nie ‘n sameswering teen witnense nie.

kollie ·

Korrek, hierdie beskuldigdes sit waarskynlik reeds sedert 2010 in die tronk en hulle is nog nie eers skuldig bevind nie. In enige regstelsel het ‘n beskuldigde die reg om so spoedig doenlik voor die hof te kom en verhoor te word. Die advokaat doen net haar werk.

Nita ·

Die simpel wet moet verander word. As n regter doodgaan voor hy uitspraak kan lewer, moet n regbank van 3 regters onmiddelik aangestel word om die saak te oorsien en binne 30 dae n uitspraak lewer. Hierdie onnodige gedraai met sake en uitsprake bevoordeel misdadigers.

Yolani ·

Die berig sê moontlik, maar van die kommentaar laat dit klink soos ‘n uitgemaakte saak.

Ek dink die nuwe regter behoort slegs die dokumente bestudeer as ook klank opnames. Indien daar onduidelikheid is oor iets kan die getuies en beskuldigdes versoek word om verder getuienis te lewer.

pietie ·

“Regstelsel” – wat is dit? Kom ons praat liewer van wetstoepassing en maak geen aanspraak op “reg” nie.

Hanna ·

Hierdie moord is nou RASSISME in die ergste graad.
6 swarte teen een banke, en Dan is hy vermoor en besteel.
Dis nie net moord en roof nie, hierdie is n
rasse aangeleentheid.
Dis 1000 X erger as die KFC aangeleentheid of die Doodskis en KFC sake.
Hierdie is swartes wat NA die huis van hierdie Witman gegaan het.
Elke plaasaanval moet gesien word as Rassisme in erge Lig.

Pietie ·

Die rassime deel van hierdie misdade hoort eintlik ook by die MRK en die NVG, maar wat is die kans by hierdie anti-wit rasbehepte instellings? Die ses moordenaars se regte is al wat tel. Dis duidelik hoekom.

Johannes Meintjes ·

Ons as slagoffers van misdaad en onbevoegde of gemanipuleerde stelsels in SA leer ook maar moeilik. Buurtwag en GPF optrede moet na mening aangepas word van reaktief tot effektief voorkomend, en inwoners moet paraat genoeg wees om misdaad te voorkom of summier, soos nodig binne die wet, aan te spreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.