Kleinhoewe-moord: “Hy was soos ʼn pa vir my”

Kobus van der Westhuizen. Foto: Verskaf

Kobus van der Westhuizen. Foto: Verskaf

Kobus van der Westhuizen (58) is Saterdagaand by sy huis op ʼn kleinhoewe naby Hartbeespoort in Noordwes beroof en vermoor.

“Dit was my oom, hy was soos ʼn pa vir my,” het Francois Ohsiek Maandag aan Maroela Media gesê. Van der Westhuizen het ʼn houthuis op die kleinhoewe gehuur wat aan Ohsiek se ouma, Christa (83), behoort. Hulle was jarelange vriende. Van der Westhuizen was ʼn meubelmaker en sy werkswinkel was in ʼn skuur langs sy huis.

“Hulle het al vantevore drie keer by hom probeer inbreek, maar hierdie keer was hy nie so gelukkig om hulle te stuit nie,” het Ohsiek gesê. Van der Westhuizen is Saterdagaand vermoedelik omstreeks 23:00 deur ʼn onbekende aantal aanvallers by sy huis ingewag en vermoor.

Christa het die volgende oggend hulp ontbied nadat sy iemand voor die skuur sien lê het. Kobus se hande was met skoenveters agter sy rug vasgebind. Hy het ʼn kopwond gehad en hy is vermoedelik ook met ʼn skerp voorwerp aangerand.

“Die aanvallers het ook my oom se hond bedwelm waarna hulle te voet met sy selfoon, skootrekenaar, kamera en vuurwapen gevlug het,” het Ohsiek bygevoeg.

Kol. Emelda Setlhako, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval Maandag aan Maroela Media bevestig. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak,” het Setlhako gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Suzette ·

Nee Jannie, dit was weer ‘n spul barbaarse moordenaars teen een weerlose ou mens. Dis mos hulle styl. Hoe weerloser die teiken hoe meer die geweld.

Suzette ·

Nee Jannie, dit was ‘n wrede spul barbare wat weereens ‘n weerlose oumens vermoor het. Hoe weerloser die teiken hoe wreder die aanvalle. Hulle het nie die “guts” om enige iets meer te doen nie lafaards.

"Huh!" ·

Hoe vinniger die volk tot inkeer sal kom, so vinniger sal ons Verlossing ook kom.

charmaine ·

Ja, oumense is nou die teiken. Dit is Maandag en alweer lees ons van 2 oumense wat aangeval is waarvan een vermoor is en die ander een veg om sy lewe.

Sue ·

Ek het so ‘n tyd terug opgelet dat daar ELKE week ‘n plaasmoord of 2 of 3 gebeur het. Ek het nie eers woorde nie…Ek lees nie meer die koerant nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.