Kleinhoewe-moord: ‘My pa sou enduit terugbaklei het’

John Bosman is in sy huis op ‘n kleinhoewe by Nelspruit doodgeskiet. Foto: Facebook

Die oudste seun van die man wat Dinsdag koelbloedig in ʼn rooftog op ʼn kleinhoewe buite Nelspruit doodgeskiet is, sê hy sal sy pa onthou as iemand wat altyd tyd vir ander gehad het, asook ʼn pa vir sy en sy broer se vriende was wat ʼn vaderfiguur gekort het.

Steven Bosman (29) het Donderdag aan Maroela Media gesê John Bosman (61) was ʼn sterk en vasberade man. Hy kan hom dus voorstel dat sy pa tot die einde toe weerstand gebied het toe hy Dinsdagaand in hul huis oorval is.

John, wat vir homself gewerk het, het omstreeks 21:00 sit en televisie kyk. Sy vrou, Leigh (62), was in hul slaapkamer, waar sy reggemaak het om te gaan slaap.

“My pa-hulle het gewoonlik eers die sifdeur net voor slapenstyd gesluit,” vertel Steven. Dit was waar die drie aanvallers toegang tot die huis verkry het.

“My pa het [die rowers] aangesê om te loop, maar een het ʼn vuurwapen en nog een ʼn mes uitgehaal,” sê Steven. “Hy’t vir my ma geskree om die kamerdeur te sluit en die paniekknoppie te druk.”

‎In die struweling wat daarna gevolg het, is John twee keer in die bors geskiet. In hul haas om weg te kom, het die rowers die Bosmans se televisiestel ʼn entjie buite die huis laat val. Teen die tyd dat die veiligheidsmaatskappy opgedaag het, was hulle reeds weg.

Bosman se oudste seun, Steven, ’n musikant, sê hy onthou sy pa as vasberade en ’n vaderfiguur vir baie. Foto: Facebook

“Dis so vreemd om te dink my pa, wat altyd so sterk was, is nie meer daar nie,” sê Steven, wie se ouers langer as 35 jaar getroud was. Hy sê sy ma is ʼn “tawwe koekie” wat kop bo water hou, maar “dit gaan nie goed met haar nie”.

Steven, ʼn musikant, en sy broer, Dylan (26), ʼn prokureur, woon albei in Pretoria, van waar sy ouers jare gelede Nelspruit toe verhuis het.

“My pa kon baie sterk standpunt inneem oor morele kwessies en was altyd bereid om mense te help, eties én filosofies,” vertel Steven, “maar hy het die flouste pa-grappe ooit vertel!”

Hy sê sy pa, wat op 30 Desember 62 jaar oud sou geword het, sou nie ʼn begrafnis wou hê nie; daarom reël die familie ʼn viering van sy lewe. Hulle moet nog besluit oor die tyd en datum.

Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, sê die polisie se soektog na die drie aanvallers duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

AMANDA ·

maar ons moet bedagsaam en nice wees…….dit is n joke ons land

Se maar net ·

En volgens CR is daar nie n ding soos plaasmoorde nie. Dis net wit mense wat geteiken word. En ons mag nie rasisties wees nie, nou hoe moet n mens nice wees teenoor hulle. Dis om van naar te word.

Marlene ·

Ons land is die grootste grap, ons word vertrap deur hulle en ons mag nie ‘n woord se nie, taxis mag ons uit die pad ry, en ons moet dit aanvaar, ons word vermoor, maar daar bestaan nie so iets in ons land nie, dis regtig nie meer lekker nie, die dat almal immigreer nie, die land is gemors, ons kan nie meer nie.

Susan Verster ·

Kan al die mense wat opgeruk en nog steeds opruk na die dros rapist se verhoor ook begin opruk na
plaasmoorde

Anoniem ·

Ai so hartseer weereens !!! Its time to talk out loud to every country in the world we must stand up for ourselves!!!!!!.

Siener van Melbourne ·

Ek sit hier in Melbourne en tob oor hoe sinneloos die dade is daar ver in my land van herkoms. Hoe die alledaagse moorde so ongewoon en skokkend sou wees in my kinderdae. En hoe terloops dit nou is. Maar elke slagoffer is n Ma, Pa ,Ouma, Oupa of kind. Al wat ek kan sê is moenie dit as moreel aanvaarbaar maak nie, want dit is nie. En miskien ook, as jy kan en jy sien kans, skuif jou voet as jy op n warm kooltjie staan. Al stem jy nie saam nie oorweeg dit om eerder jou veiligheid as jou lojaliteit te prioritiseer. Moet asb nie aanstoot neem nie. Japie Botha

Genoeg ·

Hoeveel mense hier op Maroela Kommentaar het al gesê dat dit tyd is om op te staan en om self iets te doen aan hierdie gruweldade? Mense, die tyd loop uit en praat help lankal nie meer nie en so word die boere uitgemoor en so het niemand nog daadwerklik opgestaan om hierdie gruwels te stop nie. Kom en laat ons as ‘n volk soos een opstaan en begin om hierdie dade teen te staan. Besittings, eiendomme en geld moet nou laaste aan gedink word, hier moet nou aan voortbestaan en oorlewing gedink word. Ek daag een en elk uit om saam te staan.

Elvira ·

Kom jy agter dat dit NOG n aanval op n blanke plaasboer is wat nou dood is Ramaposa….?????

Frans C ·

Dit is ‘n traumatiese ondervinding om ‘n ouer aan die dood af te staan al is dit ook weens siekte of ouderdom,dit is nog erger om ‘n ouer onder sulke omstansighede te verloor.
My innigste simpatie aan die familie,mag jul berusting vind in die Woord van God en herhinneringe aan ‘n onverskrokke ouer.

Daar is egter ‘n les vir ons almal om te leer,niemand van ons,al is ons hoe sterk en gesond,is koeëlbestand nie,dit is waarom polisie en ander koeëlvaste baaidjies dra en nog steeds slagoffers word van misdaad.

As jy dus jou vuurwapen moet gebruik sorg dan dat jy uit ‘n veilige posisie vuur,want
daar is vuurwapens met soveel skaankrag dat dit maklik deur ‘n gewone houtdeur,want
staan nog ‘n hol slaapkamerdeur gaan.

Rêrig? ·

Susan Verster, was jy daar toe die menigtes opgeruk het na die Dros Rapist se verhoor? Hoekom is daar nooit enige groot skare wittes teenwoordig ter ondersteuning van die wittes by ‘n hofsaak nie?

Nettie ·

@Rêrig? – daar is nooit massas der menigdes ‘ter ondersteuning’ van wittes by hofsake nie, want ONS BLANKE MENSE IS GELEER OM ONSSELF ORDENTLIK TE GEDRA EN KONVENSIONEEL OP TE TREE.

Ons het aan moederskoot geleer dat dit nie baat om te raas, te skreeu en te skel nie – jy verneder jouself net. En in vandag se SA is die kans groot, dat as jy só optree, tydens die verhoor van ‘n swart aanvaller/aanvallers op ‘n wit mens/mense, jy as ‘n rassis uitgekryt sal word.

van der Merwe ·

Die gewone wit persoon sou ook so ‘n betoging wou bywoon – maar ons werk – verdien maandelikse salaris om die pot aan die kook te hou, en het dus nie die TYD om so ‘n byeenkoms te ondersteun nie.

TRANE ·

Sal graag wil weet Ramaposa, Is hierdie goed ons verbeelding? My trane is eg.

Johan ·

Hoe is die gesegde? Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Dit is Ramaphosa.

Marlene Hanekom ·

My innige simpatie. Uit die oogpunt van iemand wat ook haar pa aan die dood moes afstaan omdat hy vermoor is kan ek werklik se ek verstaan watse pyn dit is. Desember is dit 22 jaar gelede,maar as ek die dinge hoor en sien voel dit steeds soos gister wat dit gebeur het. Tyd heel nie wonde nie, jy raak maar net daaraan gewoond om sonder jou pa te leef. ‘n Stukkie van my het saam met my pa gesterf en die wyse waarop my pa gesterf het (5keer geskiet) het ‘n deel van my hart in klip laat verander. Baie sterkte aan die naasbestaandes

En nou? ·

Dis alles goed en wel om te se misdaad raak almal, nie net wit mense nie.

Kan iemand asb vir ons persentasies uitwerk?
Hulle se daar is net iets soos 57 mense op plaas aanvalle dood die jaar. Persentasie gewys hoeveel wittes word elkedag vermoor teenoor swart mense. (Mag ek swart se?)

Die persentasies moet uitgewerk word met hoeveel wit mense in SA is teenoor swart mense. Ek dink ons sal sien daar word baie meer wit mense vermoor as swart mense, persentasie gewys.

Of is ek verkeerd?

Stephanie ·

Wanneer begin ons weermag wat sit en dukker word elke dag ons belasing betaalers se geld opvreet uot gestuur word na die plase om te gaan help….nee man dit moet nou tot n punt beweeg…onskuldige menze word vermoor..

Word wakker SA

Oom Kalahari ·

Steven, dit is hartseer dat jul ontneem is van ‘n ouer figuur deur ‘n misdadige land en hooggeplaasdes wat in ontkenning leef.
So is ons ook ontneem van ‘Moeder in 2002 en weer ‘n broer in 2015.
Mens probeer vergewe en die hartseer verwerk, maar kan net nie vergeet en dan kom hierdie berigte elke dag deur wat weer die gemoed opvlam. As dit anders on is word alle finansieele hulp en beradings gebied, maar vir ons ander is jy op jou eie weens jou gelaats kleur.
Alle simpatie en sterkte aan jul familie.

Gesiggie ·

Vader Ons God….ons pleit by U in die naam van Jesus vir n Goddelike ingryping om die vlaag van Misdaad en Moord in ons land te stop…….. My innige meegevoel aan die Familie, As ons as SA nie vir onself opstaan . sal niemand….Wanneer gaan dit ophou…. God red ons land asb””

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.