Hettema (83) het in 1955 Suid-Afrika by die Wêreldfietsrykampioenskap in Rome verteenwoordig en met sy terugkeer sy Springbok-kleure verwerf. In 1956 is hy gekies om aan drie fietsrygeleenthede as deel van die Olimpiese Spele in Australië deel te neem. Hy was ook ʼn uiters vaardige tydrenjaer en het meer as 100 tydrenne gewen, onder meer vyf keer die Suid-Afrikaanse nasionale tydrenkampioenskap.
Hettema, wat ook ʼn goeie sanger is, is die pa van die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Helena Hettema. Hy en sy dogter het in die verlede ʼn paar liedjies saam opgeneem en saam by vertonings opgetree.
Maroela Media het vroeër berig Hettema is omstreeks 08:00 op sy kleinhoewe op die Boschkoppad in die ooste van Pretoria doodgeskiet toe hy deur twee aanvallers oorval is. Sy vrou, die huishulp en haar baba is daarna deur die aanvallers in ʼn kas toegesluit, waarna die verdagtes die huis omgekeer het. Dit was nie dadelik duidelik of daar enigiets uit die huis gesteel is nie.
Helena het verlede week op haar Facebook-blad gedeel dat sy met vakansie in Namibië is, maar het gesê dat sy hierdie Saterdag weer terug sal wees om in Pretoria op te tree. Dit is in dié stadium nie duidelik of hierdie vertoning sal voortgaan nie. ʼn Woordvoerder by die agentskap wat Helena verteenwoordig, wou nie Woensdagoggend enige kommentaar lewer nie.
Boodskappe van medelye is Woensdagoggend op Helena se Facebook-blad gedeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
56 Kommentare
Aai ek voel so jammer vir die familie. Sterkte. Dis so onnodig.
Ai! Nee!, Hoe ver nog? Hoeveel moorde nog? Hoveel mense se lewens sal nog boed, vir NIKS! Hierdie sinnelose dade moet ENDKRY!
En ons land en die wereld mag nie weet nie. My sus is ook dood geskiet en dis so ‘n groot seer. So jammer vir Helena & haar Ma en Familie. Met tyd verdof dit, maar dit verdwyn nie. Sterkte vorentoe.
Maroela, te veel mense loop net uit om ondersoek te gaan instel, dit het al soveel mense se dood veroorsaak. Mense moet bewus gemaak word van meets en moenies wat veiligheid aan betref. Wil julle nie dalk n reeks artikels skryf om mense bewus te maak hoe om jouself te beveilig nie?
Sjoe, baie hartseer. Alle sterkte aan die helene familie.
Die aanslag op ons Afrikaners is geweldig! Van alle kante word ons bedreig. Kom ons wees saam sterk!