Kleinhoewe-moord: Slagoffer is bekende sangeres se pa

Helena Hettema saam met haar pa, Jan. Foto: Facebook

Helena Hettema saam met haar pa, Jan. Foto: Facebook

Die man wat Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe in Pretoria doodgeskiet is, is die bekende oud-Springbok-fietsryer en tydrenjaer, Jan Hettema.

Hettema (83) het in 1955 Suid-Afrika by die Wêreldfietsrykampioenskap in Rome verteenwoordig en met sy terugkeer sy Springbok-kleure verwerf. In 1956 is hy gekies om aan drie fietsrygeleenthede as deel van die Olimpiese Spele in Australië deel te neem. Hy was ook ʼn uiters vaardige tydrenjaer en het meer as 100 tydrenne gewen, onder meer vyf keer die Suid-Afrikaanse nasionale tydrenkampioenskap.

Hettema, wat ook ʼn goeie sanger is, is die pa van die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Helena Hettema. Hy en sy dogter het in die verlede ʼn paar liedjies saam opgeneem en saam by vertonings opgetree.

Maroela Media het vroeër berig Hettema is omstreeks 08:00 op sy kleinhoewe op die Boschkoppad in die ooste van Pretoria doodgeskiet toe hy deur twee aanvallers oorval is. Sy vrou, die huishulp en haar baba is daarna deur die aanvallers in ʼn kas toegesluit, waarna die verdagtes die huis omgekeer het. Dit was nie dadelik duidelik of daar enigiets uit die huis gesteel is nie.

Helena het verlede week op haar Facebook-blad gedeel dat sy met vakansie in Namibië is, maar het gesê dat sy hierdie Saterdag weer terug sal wees om in Pretoria op te tree. Dit is in dié stadium nie duidelik of hierdie vertoning sal voortgaan nie. ʼn Woordvoerder by die agentskap wat Helena verteenwoordig, wou nie Woensdagoggend enige kommentaar lewer nie.

Boodskappe van medelye is Woensdagoggend op Helena se Facebook-blad gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Connie ·

Aai ek voel so jammer vir die familie. Sterkte. Dis so onnodig.

Hannie ·

Ai! Nee!, Hoe ver nog? Hoeveel moorde nog? Hoveel mense se lewens sal nog boed, vir NIKS! Hierdie sinnelose dade moet ENDKRY!

Dan ·

Endkry Hannie? Hierdie is nog net die begin. Wie gaan dit stop? O ja wag bietjie, daardie ou met die wigte … en sy meelopers.

Cora Simpson ·

En ons land en die wereld mag nie weet nie. My sus is ook dood geskiet en dis so ‘n groot seer. So jammer vir Helena & haar Ma en Familie. Met tyd verdof dit, maar dit verdwyn nie. Sterkte vorentoe.

Idee ·

Maroela, te veel mense loop net uit om ondersoek te gaan instel, dit het al soveel mense se dood veroorsaak. Mense moet bewus gemaak word van meets en moenies wat veiligheid aan betref. Wil julle nie dalk n reeks artikels skryf om mense bewus te maak hoe om jouself te beveilig nie?

Elize Coetzee ·

Dit was agtuur in die oggend!! Hy het nie uitgegaan om ondersoek te gaan instel! Die huishulp was al daar!

Delia ·

Idee, daar is al hoeveel keer deur mense hier op M se blad gevra vir sulke advies…..dit val op dowe ore!
Ons almal sien uit na so ‘n reeks artikels….

Cherokee ·

Dit is elke keer Idee se idee om dit te vra, Delia. Ek dink nie dat dit werklik Maroela se gebied is nie. Daar is vele ander plekke waar julle die inligting kan kry en soos Idee self ook sê, daar is moets en moenies wat logies is om te doen en nie te doen nie. Dit is nie soos sommige mense al gesê het, dat ons in ‘n oorlog is nie. ‘n Oorlog het spesifieke priöriteite. In ‘n oorlog is daar steeds dinge wat as oorlogsmisdade geklasifiseer word. Die land is in ‘n wurggreep deur bloeddorstige sluipmoordenaars. Die inwoners moet met daardie besef lewe. Soos ‘n bosduif wat nie eens water drink sonder om rond te kyk.

Flintstone ·

Cherokee,hierdie is n oorlog,vorige slagoffers en kommentators het self gesê dat die vyand hulle verskeie kere gedreig het met aanvalle omdat die slagoffer volgens die “bloeddorstige moordenaars”,hulle grond beset. Wanneer iemand kom om te moor en daar geen opsigtelike motief soosbv.roof is ,beteken dit nie dat daar nie’n verskuilde agenda is nie. Meeste,indien nie al die moorde op plase en kleinhoewes regverdig nie die geweld wat daarby betrokke is nie.Hierdie aanvalle het “spesifieke prioriteite”naamlik om blanke mense van hulle grond te verwyder deur ‘n skrikbewind van sinnelose terreur aanvalle te loots. Jy noem dit guerilla oorlogvoering.

GELOOF ·

Ons mense MOET op ons kniee gaan en elke dag die muur van beskerming van Onse Vader afsmeek, met Gebed en Smeking en met Danksegging.

Besorg ·

Sjoe, baie hartseer. Alle sterkte aan die helene familie.

Die aanslag op ons Afrikaners is geweldig! Van alle kante word ons bedreig. Kom ons wees saam sterk!

Joann ·

En wat gaan ons prez doen aan die moorde? Niks net hehehe en eet

Elane vd W ·

Net nog ‘n sinnelose daad deur mense met geen sin in die lewe nie, hoe hartseer om op so gru manier aan jou einde te kom!

Ronelle ·

Al die moorde sinloos,waar gn dit als eindig,wonder of daar nog enige nuus is oor die Moeder van Texas wat haar twee dogters doodgeskiet het en toe die polisie vir haar,ons wereld word siek,maak my benoud

Lou ·

Jan Hettema was ‘n legende van my jong dae. Ek sien daar was nog ‘n aanval. Help nie ek sê genoeg is genoeg nie want wat doen ek en julle daaromtrent? Kom leiers – AfriForum, Steve en ander, kom sê wat ons moet doen asseblief!

James ·

Afriforum hou nie van Steve en kie nie. Steve, Sunette en Praag is volgens volgens hul mos “vêr regs” as hul hulself uitspreek oor volksmoord ens.

Saartjie ·

James en intussen en Sunette self haar eie groener weivelde gaan soek en blêr en sanik sy vanuit Amerika. Dis een ding om die daad by die woord te voeg en aan die tuisfront jou woord gestand te doen, maar dit is heel iets anders om eiers te lê vanuit ‘n nessie wat jy vir jouself gerieflik in anderland geveer het. Sunette moet haar woorde spreek waar haar hart is, nie woorde spreek waar sy besluit het haar hart is weg van enige gevaar nie. ‘n Soldaat maak oorlog op die tuisfront nie vanaf ‘n afstand nie.

elize ·

ai my pa het saam met hierdie legende Total Rallys gery..kan dit so so goed onthou,,,innige simpatie Helena,,,

James ·

@Saartjie – Sunette het baie meer gedoen om plaasmoorde te stop as AfriForum, Solidariteit, VF+ ens! Sy was só passievol un haar veldtog teen plaaoorde dat Afriforum haar ‘n vêrregse genoem het…

Kaspaas ·

Watter bedreiding is n 83jarige. Hierdie is niks anders as sistematiese volksmoord waar die regering niks aan sal doen en wat aangeblaas word deur die media deur hulle aanhoudende berriggewing van wit op swart rasisme maar nooit anders om. Net vir interesantheid hoekom word die ras van die aanvallers nie genoem of sal dit ook rassisme wees.

Johanné ·

Dit moet dieselfde ouens wees, want dieselfde modus operandi is gevolg – toegeluit in ‘n kas.

Johanné ·

Dis Malema wat oorlog verklaar het! Sy haatspraak wakker die moorde aan.

david ras ·

Aan die einde van jou laaste special stage, kan ek net se Rus in vrede ou Grote

Die tydrenwereld is nou soveel armer……

Ken ·

Hier’s my vraag. Toe Bees Roux aangekla is van moord op die Metropolisielid jare terug, moes hy vergoeding aan die lid se familie betaal en ‘n hengse bohaai is gemaak van die hele ding… Nou, en ek vra net, vir al hierdie blanke moorde waar die vermoordes ook broodwinners vir hul families is, hoe presies word die families vergoed – of word dit maar net oorgesien… Ek dink spesifiek aan die duisende boere wat al vermoor is… Nee wat, die balans in die land is totaal uit. Tog se die sogenaamde Grondwet ons almal is geregtig op veiligheid en sekuriteit… Whatever…..

Saartjie ·

Ken, ek dra een van daardie slagoffer T-shirts nadat my man meer as twaalf jaar gelede vermoor is. Wees verseker dat ons geen vergoeding ontvang het na ons onherstelbare verlies soos wat Bees aan sy slagoffer se familie moes betaal nie – dit werk nie so nie. Dit hang af wie die slagoffer was en wie die moord gepleeg het ……

Ken ·

My innige simpatie met jou groot verlies, Saartjie. Ja nee, dis presies die ding, hang af wie die slagoffer en wie die misdadiger was…. Dis waarom die hele situasie in SA so totaal onaanvaarbaar en belaglik is….. Mense vra heeltyd, “wanneer gaan dit stop” en “hoeveel mense nog”, wel, ongelukkig is daardie antwoord duidelik – nie gou nie. Solank hierdie stukkende sogenaamde demokrasie voortleef is hierdie ons voorland. Mens moet maar seker net aanhou in vrees leef, heeltyd oor jou skouer kyk en so paraat moontlik probeer wees. Totaal onnatuurlike situasie in die land……

Saartjie ·

Dankie Ken – het net verlede week met Oscar Pistorius verhoor besef dat Barry Steenkamp ‘n baie waar woord gespreek het – die familie van die vermoorde, wat net so slagoffers is as wat die vermoorde ‘n slagoffer is van die gru-daad, herstel geestelik nooit ooit van so ‘n tragiese gebeure nie. In ons geval is ‘n familie totaal geskeur gelaat. Vir diegene wat mag dink met die tyd kom genesing – toe nie, twaalf jaar later is die seer en gemis niks minder as heel aan die begin nie. Mog elke moordenaar, of sy naam Oscar Pistorius, Piet Verdriet of wat ookal, vrot in die tronk.

elize ·

Die familie kry net mooi niks vergoeding nie.want hulle is blank. My niggie se man is 9 jaar gelede net geskiet omdat skiet.skiet Is. Sy moes haar 3 seuns self groot gemaak het.aldrie is vandag pragtige seuns.al het hulle sonder hulle pa groot geword.

Tiger ·

Ken jy het ‘n BAIE goeie punt beet.Dis tyd dat daar ‘n gesamentlike geding teen die regering aan die gang gesit word vir vergoeding aan blanke families wat deur spesifiek rasse moord geraak was, soos plaasmoorde en ander gevalle ook.Dit is per slot van sake die regering wat die Kommando stelsel afgeskaf het destyd met hul oorname omdat hulle(die anc) geweet het die Kommando stelsel hou misdaad op plase goed in bedwang!

Francois ·

Wat verstaan ons nie.
Gebriuk die “K” woord en elke ANC lamsak minister of “want to be” breek jou deur af.
Kyk jy na hulle (ANC regering) vir hulp terwyl hulle ons soos konynne uitmoor, dan word daar nie ‘n vinger gelig nie.
Twee moorde in selfde streek binne 24 uur en ons aanvaar dit gelate.
Maar o wee…. gelukkig het niemand die “K” woord gebruik nie en gelukkig was dit nie ek of my familie nie … so die kaap is nog hollands.
Twee moorde op ons mense te veel.
En steeds sit Maroela Media, Afriforum en Solidariteit apaties en toekyk. Geen vorm van protes nerens nie.
Word wakker!!!
More is dalk jou beurt en dan is dit verewig te laat.

Nico ·

JA-nee. ‘n Foto van ‘n kleuterskool wat miskien rassisme mag wees is bir die staat BAIE belangriker as ‘n menselewe…

Henk ·

In die laaste twee dae is daar HELSE opslae veral in NEWS 24 van die Koos Bekker stal gemaak oor twee swart mans wat deur wit mans aangerand was. Met die vuiste bygedam is. Alles het om RASSISME gehandel. Twee van die mans is klaarblyklik dan ook effektief tot 24 en 18 maande gevangenisstraf gevonnis sonder die keuse van ‘n boete. Hier is ‘n onskuldige “ou” wit man brutaal by sy woning vermoor. En nie ‘n enkele woord oor rassisme nie?

Grassie ·

Jan Hettema was een van my grootste sporthelde tydens my jonger dae. Dit is tragies dat hy op so ‘n wyse moes sterf – afgemaai deur lafaards. Ek het opregte meegevoel met sy naasbestaandes.
Dit is opmerklik dat die meeste wit slagoffers van plaas- en huisaanvalle die afgelope tyd bejaard is, meeste bo 70 jaar. Dit is in lyn met Marx se indoktrinasie – val die swakkeres genadeloos aan en vlug skaamteloos van die sterkeres. Ek wonder of die Valke hierdie saak gaan ondersoek – ag nee, ekskuus tog, hulle is nog besig om die boere op Parys in die grond in te trap.

m ·

Soveel hartseer wat hierdie mense veroorsaak en dit vir wat? Mens het net nie meer woorde vir hierdie sinnelose moorde in hierdie land nie en die ANC worry ma net nie daaroor nie..Hulle wend absoluut GEEN poging aan om dit te stop nie…… Ai tog…

Juanita ·

Tragies. Dis onaanvaarbaar wat in hierdie land aangaan!!! Hulle kom nie om te steel nie, maar te verwoes en te vermoor!! Barbaars!! Dan moet mens nog versigtig wees om ‘n mens self te verdedig, want dalk word jy dan sommer toegesluit!! Dis sommer nonsens. Waar is ons menseregte!!! Hul val mense ook nog op wyses aan waar hulle so onverwags aangeval word, en op so ‘n agterbakse manier dat daar nie ‘n kans is nie. Die aarde is boos, want daar is te veel bose mense! Hoeveel aanvalle moet daar nog wees voordat daar werklik ernstig opgetree word landswyd! Daar is soveel aanvalle waarvan nie eers in die nuus vertel word nie. Sterkte aan die familie.

Ludwig Pretorius. ·

+/- 3 jaar gelede Corrie Saunders en nou Jan Hettema … twee mense wat vir hierdie land baie beteken het . Hulle ontsien niemand nie. RIV Jan.

Piet Pompies ·

Ek troos my daaraan dat ek weet dat die moordenaars een of ander tyd die duurder prys gaan betaal. Vir die leiers van die land wat so gemaklik die realiteit van die moorde ignoreer, jou beurt kom want so iets gaan nie ongesiens verby. Sterkte vir die familie en vriende!

m ·

Malema het mos vir die massas gese om grond te vat as hulle dit wil he, so hierdie sinnelose moorde gaan nou ma net al hoe meer gebeur om boere se grond in die hande te kan kry…

Mense regte komissie ·

Mense regte kommissie julle is uitgedaag om hierdie verlies en verleentheid op te los. Ja ‘n Olimpiese sportheld het nie eens mense regte in Suid-Afrika nie, maar die wetters wat hom sommer net so doodskiet het mense regte. Julle sal van jul stoele moet opstaan en begin beskerm, as al die goeie mense op is kom die wetters vir julle en almal wat hulle toelaat. Dan is dit te laat om te huil & sê ons moes dit anders hanteer het – al die goeie mense is dan klaar dood!

Mike de Beer ·

Jan Hettema is ‘n held. Ipv heldeverering word hy vermoor, sy familie word mishandel. Die Hettema’s is “fine and upstanding people” wat bydra tot die samelewing. Tragies en uiters sinloos. Bepaald barbaars.

johann cb ·

Dit help nie om rassisme, apartheid, Afriforum, Steve of wie ook al te blameer of hulp te vra nie! Ons moet leer om onsself eers te help voordat ons hulp van Bo of enige ander persoon gaan kry. Begin deur op julle knieë te gaan en te bid vir hierdie korrupte regering!
Jan was ‘n legende in sy tyd. As kind was ek ‘n aanhanger en is spyt om van sy tragiese afsterwe te lees. Sterkte aan sy gesin en familie. Die land gaan hom mis.

Oom Kalahari ·

Jan hierdie daad was so onnodig, jy was ‘n Ikoon en man wat sy gemeenskap ongeag van kleur ten volle gedien het en ‘n waardige steunpilaar. Jy het Suid-Afrika na nuwe hoogtes geneem in die 1950’s en hierdie land Internasionaal verteenwoordig, maar jou lewe is nou met hartseer en sonder respek ontneem. Ons huidige regering en stelsels het jou en baie andere gefaal. Alle simpatie en medelye aan Helena, Familie, vriende en gemeenskap met hierdie ge-eerde man se skielike wegneem deur ‘n onbeskermende land. RIV Jan.

Peet J ·

Ons witmense word al geruime tyd soos kriminele in die NSA behandel, ons word vertrap op alle gebiede met die doel om totale vernietiging onder die wittes te bewerkstellig.
Hierdie optrede van die regering is ‘n langdurige stelselmatige metode om sodoende ‘n rewolusie te voorkom dit laat my egter dink aan die moorde wat deur die Nazi Duitsland op die Joodse volk toegepas is vir die eenvoudige rede dat die Duitse volk nie kon tred hou met die skranderheid en bedrywighede van die Jode nie.
My innige simpatie met die familie .

Estelle ·

R.I.V. Sterkte vir die familie. Julle is in my gebede.
Dalk is dit net hier waar ek kan praat oor hoe ek voel….ons is hoeveel blanke gesinne . Werkloos huisloos. Hoekom maak die boere nue hulle hekke oop vir ons. Ons weet hoe om te boer. Ons kan plant ens. Huisves ons wittes op die plase. Ons sal werk vir n blyplek. Em kan van die lande eet. En dink net hoeveel mans kan 24 uur patroleer op die plaas. Ek wil sien hoe sluip 3-4 in met tien of twintig boere wat hulle inwag. Wou so lank die deel met iemand. Vrouems kan kook wssgoed was kinders kan skool gaan onder n boom of in n skuur. Boere maak oop julle hekke en harte. Ons witmense kry swaar op straat. En nie omdat ons wil. Ons het ALLES verloor. Toe die myne sluit ens. Ons is goeie mense nie straat mense. Ons kan saam staan en werk.

Dries Naud'e ·

Ek stem saam met Estell ek het dit reeds op my kleinhoewe gedoen geen problem met die by wooners nie

Oom Kalahari ·

Pragtige bydrae en stelling deur Estelle hierbo. Vele van ons verkeer in daardie posisie, deel Estelle se sentimente en glo ons kan van hulp wees tot hierdie Boere en hul huidige omstandighede. Laat ons toe om van hulp te wees en bydraes met werke te kan lewer.

Dries Naud'e ·

Dis jammer ek weet daar is org. wat hulle bes doen om ons Afrikaaners te help, maar hulle ploeter elkeen in ‘n rigting in. Ons het iemand nodig om vir ons die regte rigting te wys. As dit met my famielie moet gebeur sal ek persoonlik wraak neem.

Boetman ·

Op skool was Jan Hettema my held. Ek was altyd bang dat hy in ‘n tydren sou doodgaan. Vermoor deur barbare was laaste op my vreeslys. Rus in Vrede Grootte.

Johan ·

Ek word sinneloos kwaad…. Jan Hettema was vir jare baie mense se motorsport held, nou vermoor deur vuilgoed. 83 jaar oud…. hoe verdedig jy jouself…!!!!!
Sterkte aan die families

KP ·

Ons is in guerille oorlog waar jag gemaak word op weerlose ou mense vroue en kinders deur terroriste. Die regering is ek bevrees gaan niks daaromtrent doen nie. Die publiek sal hulle eenvoudig self moet beskerm teen hierdie terroriste.

John ·

Dis harde woorde om te se, maar daar is oumense, veral plaasboere, wat eenvoudig net weier om te glo die lewe het drasties verander in SA. Baie wil selfs nie diefwering voor hul vensters en deure installeer nie. Ouer persone kan nie meer alleen op afgelee plekke bly nie. Sommiges is uiters manhaftig. Dit help nie. Jongeres ly, wat nog ons bejaardes. AfriForum behoort gebiede te besoek en probleme uit te wys en die inwoners tot ander insigte te lei. Vergeet van takies doen vir ‘n onbetrokke gierige regering. Daar is belangriker verantwoordelikhede wat wag. Waarom word die regte van witmense nie na die grondwethof geneem nie? Klein sakies in howe kos baie en bereik niks.

André Bouwer ·

Al wat ek kan sê is dat Piet Retief al teveel probeer sê het. Nie veel het verander in al die jare nie. Die vooros is nou die agteros . Die agteros kan nie joppie doen nie! Hy kon wel trek en goed vreet, maar hy ken nie die pad nie! Die sondaar lei na die afgrond en gaan die wa saamsleep. Ons kan losbreek van die span ,jy hoef nie saam te storm na die afgrond. Al wat ons nou kort is God die vader wat by Bloedrivier was ,en ń Godvresende leier .Daai selfde God het nie verander nie! Hy is nog net dieselfde!!!! Ons het verander!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.