Kind kom op ouma, versorger se liggame af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse ondersoek van stapel gestuur nadat die halfontbinde liggame van ʼn 88-jarige vrou en haar 44-jarige versorger Dinsdag deur die bejaarde se dogter gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê dié gru-vonds is by die bejaarde vrou se huis in die Makotopong-nedersetting in Sebayeng buite Polokwane (Pietersburg) gemaak.

“Die twee oorledenes is op 16 Augustus vir die laaste keer lewend gesien. Hul liggame is gister deur die bejaarde vrou se dogter aangetref toe sy vir haar ma wou gaan kuier.”

Ngoepe het gesê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die bejaarde vrou, Moloko Enestinah Nkoana, moontlik verwurg is. Die versorger, Maggie Molefe van Hammanskraal, noord van Pretoria, het verskeie steekwonde regoor haar liggaam gehad.

“Die motief vir die moorde is nie in dié stadium bekend nie, maar roof kan nie uitgesluit word nie aangesien albei vroue se selfone vermis word.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om kapt. Ramoomedi Sekgota by 082 565 9165 te bel met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Louise ·

Ons moet die enigste verrotte land in die wereld wees waar soveel mense vir n selfoon vermoor word. Wat help die ge-Rica as elke Jan Rap en sy maat n gesteelde selfoon kan koop en gebruik. Hoe siek is die mense om vir n selfoon moord te pleeg. Of is dit net n dekmantel om ware motiewe vir die moorde weg te steek?

KarooKlong ·

Moet erg wees vir enige persoon om op een van jou gesinslede se lyk af te kom veral as ontbinding al so ver gevorder is.
Simpatie met die kleindogter en haar familie.

Joey ·

Hoe siek moet mens wees om so wreed teenoor iemand anders op te tree. Moord is aan die orde van die dag – ongeag die rede. Ons land is verrot. Elke keer as ek ingaan op Maroela dan gooi my skerm die video uit van “Het jy vriende in die vreemde- nooi hul huis toe”- wonder wie sal dit doen in die land waar elke dag verkrag, vermoor ens. word. Beslis nie ek nie.

oogies ·

Wat ek net nie kan versttaan nie die mense is n week laas lewend gesien kan niemand al lankal onraad opgemerk het nie nou n week lateer en die lyke is reeds ontbind .Ek oordeel nie maar ek as ek nie my bure vir n dag sien nie sal ek dadelik wil weet wat aangaan,omdat ons wereld so siek is kan n mens maar net oorversigtig wees.

Ekke ·

Die grootste probleem hoekom niemand dit agterkom nie is omdat die grootste deel van mense verby mekaar leef. Daar is baie wat vir jare lans mekaar by en nooit eers groet nie. So wat ek wil se is dat die omgewing rondom jou ‘n bietjie veiliger te maak is ontmoed jou bure, groet hulle en gesels met mekaar so deur sal iemand dadelik weet as iets nie reg is by jou nie.

Theresa ·

‘n Selfoon is vir ‘n nikswerd meer as goud werd. dit maak misdaad makliker, want hul organiseer hul kom en gaan heerlik so. In daardie opsig is selfone ‘n euwel. Nes ‘n bestuurslisensie, is daar mense wat dit eintlik nie behoort te besit nie. Nou steel hul dit in elk geval – nes wapens. Weird, maar waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.