Kleinseun laat vaar borgtogaansoek

Jay Peters het Woensdag met dieselfde klere as ’n week tevore in die hof verskyn. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Die 25-jarige Jay (JJ) Peters het Woensdag vir die derde keer in die landdroshof in Mbombela, Mpumalanga, verskyn en het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Peters, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouma, Susanna Kilmister (68), twee weke gelede op ʼn kleinhoewe in Cromdale vermoor het, het geen redes verskaf oor waarom hy nie met sy aansoek wil voortgaan nie.

Die saak is gevolglik tot 25 April uitgestel.

Hy het Woensdag dieselfde T-hemp, effens geskeurde kortbroek en plakkies as met sy verskyning ʼn week tevore aangehad en het skynbaar emosieloos in die beskuldigdebank gesit. Geen familielede het die hofverrigtinge bygewoon nie.

Albert Gryvenstein, die familie se woordvoerder, sê hulle is verlig dat die borgtogaansoek nie voortgegaan het nie, aangesien dit in dié stadium net bykomende spanning sou veroorsaak.

Peters het tydens sy vorige verskyning ook van besluit verander en regshulp versoek nadat hy aanvanklik aangedui het dat hy homself gaan verdedig.

Maroela Media het vroeër berig dat Peters van moord, opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling aangekla word. Hy en Kilmister het glo die dag van haar dood ’n hewige argument gehad waarna Kilmister aangerand en vermoor is. Peters het ten tyde van die voorval by sy ouma gewoon en is dieselfde dag op die toneel in hegtenis geneem.

Sy pa, ʼn sakeman in die omgewing, het verlede week via Gryvenstein aan Maroela Media gesê dat die familie Peters mettertyd sal vergewe, maar dat “die tyd nog nie reg is nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Dit is bo my denke hoe wreed mense kan wees.om sy eie ouma te vermoor gaan my verstand te bowe en dan het hy nog by haar gebly.Daar is ‘n program op televisie “Evil lives here”

Swerwer ·

Hoe kan so ‘n persoon ooit dink hy is geregtig op parool na die vreeslike daad wat hy gepleeg het nie.

Poplap ·

JJ hierdie Tannie sal jou nooit ooit kan vergewe wat jy aan jou ouma ennnn aann my vriendin gedoen het nie. Jou ouma was net goed vir jou nog altyd.!!! Net omdat sy nie vir jou geld wou gee nie, want sy geweet jy wil seker weer drugs gaan koop. My vriendin, ek sien en hoor jou elke liewe dag voor my. Jy was ‘n kind van God. Jj. . .hoe de moeL kon jy wat uitgevrete lummel is,met meer liggaams krag as jou ouma wat sieklik ook nog was. Vir my kan jy maar vrottttt in die tronk.

Pieter J ·

Dit is defnitief nie normaal vir ń seun om sommer sy ouma te vermoor as hy kwaad word nie en hy behoort nie in die samelewing los gelaat te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.