Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man het glo Donderdag omstreeks 01:00 sy ouma in haar slaapkamer verkrag en verwurg. “Die polisie het die vrou in ʼn plas bloed op die slaapkamervloer aangetref,” het Moleko gesê. “Die seun het saam met sy ouma gewoon en was glo onder die invloed van alkohol toe hy in hegtenis geneem is.”
Moleko kon nie bevestig wie die polisie van die moord in kennis gestel het nie. “Die motief vir die moord word nog ondersoek,” het sy gesê
Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale kommissaris in Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê dit is die breër gemeenskap se verantwoordelikheid om na bejaardes om te sien. “Die polisie sal geen moeite ontsien om seker te maak dat mense wat bejaardes mishandel, aan die pen ry nie,” het hy gesê.
“Die motief vir die moord word nog ondersoek” ?????
Goeie genugtig !!!!!!!
Laat ek eerder verder stilbly . . .