Kleinseun vas vir ouma se moord, verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 20-jarige man van Ganyesa, sowat 70 km van Vryburg in Noordwes, sal Vrydag in die hof verskyn vir die beweerde verkragting van en moord op sy 77-jarige ouma.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man het glo Donderdag omstreeks 01:00 sy ouma in haar slaapkamer verkrag en verwurg. “Die polisie het die vrou in ʼn plas bloed op die slaapkamervloer aangetref,” het Moleko gesê. “Die seun het saam met sy ouma gewoon en was glo onder die invloed van alkohol toe hy in hegtenis geneem is.”

Moleko kon nie bevestig wie die polisie van die moord in kennis gestel het nie. “Die motief vir die moord word nog ondersoek,” het sy gesê

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale kommissaris in Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê dit is die breër gemeenskap se verantwoordelikheid om na bejaardes om te sien. “Die polisie sal geen moeite ontsien om seker te maak dat mense wat bejaardes mishandel, aan die pen ry nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

“Die motief vir die moord word nog ondersoek” ?????
Goeie genugtig !!!!!!!
Laat ek eerder verder stilbly . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.