Klerksdorp-bordeel: Man in hof

Die mans wat op die perseel gevind is en ondervra is. Foto: Valke

Die mans wat op die perseel gevind is en ondervra is. Foto: Valke

ʼn Nigeriër (34) het Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn in verband met die bordeel op die dorp waar die Valke die naweek ʼn klopjag uitgevoer het.

Charles Chukwukere Okopie is Vrydagmiddag in hegtenis geneem, nadat een van die vroue wat uit die bordeel gered is, ʼn verklaring afgelê het oor sy beweerde betrokkenheid by die bestuur van die bordeel.

Hy in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die Wet op Seksuele Misdrywe en mensehandel. Hy moet op 28 Desember weer in die hof verskyn, wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Okopie is een van 19 mans wat op die perseel gevind is toe die Valke Vrydagoggend op die bordeel toegeslaan het. Die mans is almal vir ondervraging ingeneem. Die Valke het 26 vroue, tussen 14 en 37 jaar oud, uit die bordele gered. Die vroue is van provinsies van regoor die land.

Die departemente van maatskaplike ontwikkeling en binnelandse sake, die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag staan die Valke by met die ondersoek.

Die vroue wat uit die bordeel gered is. Foto: Valke

Die vroue wat uit die bordeel gered is. Foto: Valke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

verban elke uitlander wat kriminele oortree. hulle eie lands het hulle nodig.

Ontwettig ·

One of many. Maar ons regering is te slap om die onwettige immigrante uit die land te pos .. ‘n BAIE hoe persentasie mense van ander lande maak in SA ‘n bestaan uit kriminele dade, dan is hulleself onwettig hier. Daar is niks makliker as om die onwettige immigrante te deporteer en jou grense weer dop te hou nie, maar die ANC is bang hulle kom nie weer aan bewind met die volgende stemming nie, want al die onwettiges kan blykbaar stem ook as hulle ANC wil stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.