Klerksdorp-egpaar in hof vir wapens, ‘gesteelde goedere’

Die polisie het onder andere op vier vuurwapens beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

ʼn Egpaar van Klerksdorp in Noordwes is in hegtenis geneem nadat hulle met vermoedelik gesteelde goedere, etlike ongelisensieerde vuurwapens asook ammunisie betrap is.

Willem Hendrik Barnald (45) en sy vrou, Rowen (42), is Woensdag op borgtog van R500 elk vrygelaat nadat hulle ʼn dag tevore in hegtenis geneem is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie het ʼn wenk opgevolg dat gesteelde items glo by die egpaar se huis gehou en daar verkoop word. Hulle het ʼn lasbrief bekom en eergister op die huis toegeslaan.

Myburgh het gesê bykans 30 geslotekringtelevisiekameras en vier ongelisensieerde vuurwapens – ʼn haelgeweer, twee gewere en ʼn pistool – asook 493 patrone van verskillende kalibers vuurwapens is gevind.

“Die egpaar is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op al die items,” het Myburgh gesê.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het gesê die polisie sal toesien dat onwettige vuurwapens nie in die verkeerde hande beland nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
katerinadiekat

Ai blankes kan maar net nie ophou om mekaar te verraai nie. As jy wapens en ammo het, steek dit uiters goed weg en laat huishulpe dit ook nie raaksien nie. Ek het ongelukkig nie n vuurwapen nie maar as ek in n posisie was waar ek selfs net ammo gehad het om te verkoop sou ek dit so doen dat niemand weet waar ek woon nie.

JohanR

As ek soe algemeen na nuus berigte oor ‘n tydperk kyk, dan lyk daai Klerkdorp ‘n wilde dorp?

Jeff

Volgens die Kwena soos Flou Flo sabc gevra ” Wie is die verkeerde hande.”?

Leon

Polisie sal toesien dat die wapens nie in verkeerde hande land nie. . . . . . . . . sowaar nê!

Hoekom

As jy in ‘n land bly met belaglike vuurwapen wetgewing en een van die grootste misdaad syfers ter wereld, moet jy weet die burgers van daardie land gaan onwettige wapens bymekaar maak en gebruik maak van kameras om te kyk wat by hulle eiendomme plaasvind. Hoekom gaan soek julle nie eerder die wapens by die bendes in die wes kaap, wat gebruik word om kinders te moor, nie…