Kleuter (3) sterf toe kar haar, ma en tannie tref

Argieffoto: ER24

ʼn Driejarige meisie is dood en twee volwasse vroue, vermoedelik haar ma en haar tannie, is beseer toe ʼn voertuig hulle Sondagmiddag getref het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 in Nasrecweg in Riverlea, Johannesburg, plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die kleuter en twee vroue aan die kant van die pad aangetref. Omstanders het verduidelik dat ʼn voertuig hulle getref het, waarna hulle al drie tot in ʼn nabygeleë stormwatersloot geslinger is,” het Vermaak gesê.

Die omstanders het die vroue en kleuter uit die sloot gehaal en na die padoppervlak geneem waar hulle vir die nooddienste gewag het.

“Die kleuter het noodlottige beserings opgedoen. Ongelukkig kon daar niks vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar. ʼn Vrou, wat vermoedelik die kleuter se ma is, het ernstige beserings opgedoen. Sy is op die toneel vir kop- en borsbeserings behandel voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Die ander vrou het matige beserings opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die bestuurder van die voertuig wat hulle getref het, is nie in die ongeluk beseer nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nardus ·

Was op die toneel. Dit ongeluk het vermoedelik plaas gevind as gevolg van n straat resies. Dis on anvaarbaar want n kleuter se lewe is geneem en n gesin verwoes oot n sport wat nie op n publieke pad mag plaasvind nie

Nadia ·

@Nardus.. dit is baie sleg jy moet nie die gebeure kligtelik vat nie gaan sien iemand die trauma kan jou pla sonder dat j dit sal besef. ek kan nie glo mense doen nog straat resies ni dis soooo ou nuus mag die kindtjie saggies rus.

Landi ·

Ja spoed was seker ter sprake maar ek ry elke oggend werk toe dan is dit nog donker en mens kan nie glo hoe sekere dele van die bevolking nie ag slaan op verkeer en sig nie. Daar is omtrent geen straatligte wat werk in Pretoria – Nelson Mandelalaan en die sig is baie sleg, maar waaragtig sal hulle oor die pad hardloop met aankomende verkeer. Nie altyd die motoriste se skuld nie

Nardus ·

Ek stem saam met dit, maar die kleuter en ma was langs die pad teen die reeling en nie oor die pad geloop nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.