Kleuter (3) verdrink in riooldam

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die liggaam van ’n vermiste kleuter van Port Nolloth in die Noord-Kaap is vandeesweek in ’n riooldam in die omgewing gevind.

Die driejarige Liam Cloete het Dinsdag verdrink toe hy en maats naby die riooldamme in die Sizamile-informele nedersetting gespeel het. Sy liggaampie is Woensdag ná ’n soektog in die rioolwater gevind.

Konst. Renique de Wee, woordvoerder van die plaaslike polisie, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê volgens Liam se ma het hy aanvanklik saam met sy maats in ’n straat naby haar huis gespeel.

Die kleinding het in ’n stadium teruggekeer huis toe om water te drink voordat hy weer saam met sy maats gaan speel het. Liam se ma het egter teen 14:00 bekommerd geraak en na hom gaan soek.

Liam is ure later, teen 18:45, as vermis by die polisie aangemeld. Hy is die laaste keer by die riooldamme geklee in ’n oranje T-hemp en rooi sweetpakbroek gesien.

’n Ondersoek is van stapel gestuur en reddingspanne van Upington en Kimberley het Liam se liggaam die volgende dag teen 13:35 in die riooldam opgespoor. Die spesifieke riooldam is glo enkele meter van die nedersetting en is relatief diep.

De Wee sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mieke

So klein nog… my innigste meegevoel aan die familie. Sterkte vir julle almal.

PersHeks

Ag, ek voel so verskriklik jammer vir die ouers!