ʼn Vierjarige seun is Sondag dood nadat hy van die derde verdieping van ʼn gebou in Johannesburg geval het.
Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn gebou in Fleurhof in Randburg plaasgevind.
“Die kleuter het vermoedelik uit ʼn venster geval. Wat presies gebeur het, is onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het sy gesê.
Beamptes van die brand- en reddingsdienste en paramedici het na die seun op die toneel omgesien. Hy het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
“Die seuntjie se toestand het in die hospitaal vererger. Ongelukkig was alle pogings om sy lewe te red tevergeefs en is hy in die hospitaal dood,” het sy gesê.
Hoe tragies. Innige simpatie aan almal betrokke. Ongelukke gebeur binne n oogwink.
Hoekom val so baie kinders by vensters uit in Johannesburg? Is dit woonstelle wat nie diefwering het nie of wat? Dis baie tragies en sterkte aan die familie!
Sterkte aan die gesin in hul donker tyd. Dit is tragies.
Dis vreeslik hartseer… Daardie arme familie
Ek stem saam hoekom kan hulle nie diefwering by sulke vensters aanbring nie.Sterkte aan gesin en familie.