Kleuter (5) skok op kragkabel

Paramedici op die toneel. Foto: Rescue Care

ʼn Vyfjarige dogtertjie het brandwonde opgedoen nadat sy Maandag glo met ʼn ontblote kragkabel in Durban in aanraking gekom het.

Ceron Meadows, operasionele bestuurder van Rescue Care, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 in Cato Manor plaasgevind.

“Paramedici is ontbied kort nadat die dogtertjie agter ʼn vulstasie in Bellairweg op ʼn ontblote kabel getrap en geskok het,” het Meadows gesê.

“Die inwoners het die dogtertjie na die vulstasie gedra waar paramedici haar gekry en behandel het.”

Die meisie is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die metropolisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

Paramedici op die toneel. Foto: Rescue Care

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sies ·

Derde persoon sedert Desember .. die ander twee persone is dood. Hoekom word hierdie lewendige kragkabels nie as ‘n potensiele gevaar gesien nie? Hierdie land is in sy peetjie in .. geen instandhouding, geen gevoel vir sy mense …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.