Kleuter brand erg in bad water

Foto: ER24

ʼn Vierjarige seuntjie is Maandagaand na ʼn Pretoriase hospitaal gehaas nadat hy in ʼn bad vuurwarm water geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 21:10 na die Plastic View- informele nedersetting oos van Pretoria ontbied. Volgens voorlopige inligting het die seuntjie per ongeluk in die bad warm water beland. Sy ma het met hom na ʼn nabygeleë kerk gehardloop en die veiligheidswagte aan diens gevra om hulp te ontbied.

“Paramedici het die seuntjie ondersoek en gevind dat hy erge brandwonde aan sy bene en boude opgedoen het. Hy was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring gesê.

Die seun is op die toneel behandel en medikasie ter pynverligting toegedien voordat hy na die Steve Biko- akademiese hospitaal gehaas is.

Meiring het gesê plaaslike owerhede is van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chelle ·

Volgens die berig het die kind in die bad in geval? Verstaan ek reg?
Dan sou daar mos aan die arms (en moontlik gesig )ook brandwonde gewees het? Tensy hy direk op sy boudjies geval het.
Volgens die berig het die kind brandwonde aan sy boude en bene opgedoen.
Klink my hy is heel moontlik in die warm bad gesit? Hopelik per ongeluk!
(Ons word so gebombardeer met slegte nuus van alle oorde af dat ons te geneig is om die ergste te dink en te glo). Hoop die kind genees. Moet in verskriklike pyn wees.

Onseker ·

Ek is so bietjie onseker, Hy val in die bad water maar die brandwonde is aan sy bene en boude?? As ‘n kind in ‘n bad water val, wat normaal weg kop eerste sou wees, sou jy mos verwag die wonde moet aan sy bo lyf en kop wees.. Tensy hulle net nie die ander wonde noem nie.. wonder maar net..

Erika ·

Sjoe ! Die kind moet erge pyn ervaar. Ons gebede is met die klein seuntjie. Hoop vir spoedige beterskap.

Joa ·

Plastic View is ‘n informele nedersetting. Ek glo nie bad is soos wat in ‘n huis is nie. Dit is seker ‘n plastiek badjie wat op die grond gestaan het, daarom die bene en boudjies wat gebrand het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.