Kleuter brand erg met water

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Kleuter van Lephalale (Ellisras) het Donderdagmiddag erge brandwonde opgedoen nadat warmwater op hom gemors is.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die voorval in Shongoane plaasgevind.

“Paramedici is ingelig dat die kind se broer hom glo in ʼn stootwaentjie buite die huis rondgestoot het waar ander kinders water op ʼn vuur warm gemaak het,” het Bodasing gesê. “Die kinders het na bewering besluit om die houer met warmwater op die stootwaentjie te laai en die water het glo op die kleuter beland toe hulle die waentjie gestoot het.”

Die seuntjie het ernstige brandwonde oor die linkerkant van sy lyf opgedoen. Hy het uit die waentjie gespring en huilend na sy huis gehardloop, waarna paramedici ontbied is.

Hy is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na Mediclinic Lephalale geneem vir mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Z bc

Weereens……..waar is die ouers wanneer daar met vuur gewerk word?????? Hel…….dit kan mos nie so aangaan nie……….

CHRISTA

Hoe laai jy kookwater op ‘n stootwaentjie waarin ‘n kind sit?!! How clever can you get?