Kleuter deur hond aangeval in Durban

ALS Paramedics op die toneel waar ’n kleuter Sondagaand deur ’n hond aangeval is. (Foto: Verskaf / ALS Paramedics)

ʼn Driejarige seuntjie het ernstige beserings opgedoen toe hy Sondagaand deur ʼn hond, glo ʼn pitbull, in Watsoniaweg in die Bluff aangeval is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê dié nooddiens is net ná 18:30 na die toneel suid van Durban ontbied.

“ALS Paramedics het met hul aankoms op ʼn chaotiese toneel afgekom soos lede van die publiek die hond in bedwang probeer bring het.

“Die pasiënt se ma het haar driejarige seuntjie tot by ons paramedici gedra. Hy het verskeie ernstige beserings in die aanval opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vir dringende behandeling geneem is.”

Jamieson sê dit is nie bekend wat tot die aanval gelei het nie.

“Die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vuurvliegie ·

Alweer ‘n pitbull!!! ‘n Driejarige kind kan NIKS aan ‘n hond doen nie. Hoeveel mense en kinders moet nog vermink word voordat die pitbull ras verbied word soos in baie ander lande. Ek hoop die kind se ouers dagvaar die eienaar tot bankrotskap. Die tyd is ryp dat honde eienaars verantwoordelik gehou moet word en tronkstraf kry vir hulle hondtjies se gruweldade.

Boeing ·

Ek is nie lief vir honde in die algemeen nie. Veral nie my bure s’n nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.