Kleuter erg beseer ná perdeskop: ‘Ek kry nou nog nagmerries’

Drikus Steyn in die hospitaal. Foto: Facebook

Drikus Steyn in die hospitaal. Foto: Facebook

ʼn Noordwes-egpaar is vandeesweek deur ʼn “nagmerrie-ervaring” nadat hul driejarige seuntjie ernstig beseer is toe hy deur ʼn perd in die gesig geskop is.

“Dit is die ergste ding wat met ʼn ouer kan gebeur as jou kind seerkry. Ek kry nou nog nagmerries hieroor. Dit was verskriklik om my kind so te sien,” het Tobie Steyn, klein Drikus se pa, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Hy vertel dat die voorval Maandag op ʼn wildsplaas tussen Groot-Marico en Swartruggens plaasgevind het waar Tobie as die voorman werk. “My vrou, Suzanne, was by die huis met Drikus en hy was maar daar rondom die huis woelig soos kleuters maar is,” het Tobie gesê.

“Ons het ʼn ruk terug ʼn perd gekoop uit ʼn baie goeie bloedlyn waarmee ons sou teel. Die perd was eintlik ʼn belegging vir Drikus. Maandagoggend het die perd op ʼn manier uit sy kamp gekom en naby die huis kom wei. Drikus moes agter die perd verbygeloop het en die perd het hom in sy gesig geskop. Suzanne het dit nie gesien gebeur nie en het net gehoor toe Drikus hard begin huil.”

Tobie vertel dat hy dadelik terug is huis toe nadat Suzanne hom gebel het. Hy het onmiddellik met Drikus na ʼn hospitaal in Rustenburg gejaag. “Daar was ʼn groot kol bloed op die gras waar dit gebeur het. Dit was grusaam. Aanvanklik kon jy ʼn duidelike merk van die hoef op Drikus se gesig sien soos die perd hom geskop, maar later het sy gesig soos ʼn sokkerbal opgeswel en kon jy dit nie meer sien nie,” het hy gesê.

Hy vertel dat Drikus verskeie frakture in sy gesig opgedoen het, onder meer aan sy neus, wangbeen, oogbank en kakebeen. Sy oë het potblou toegeswel, vier van sy tande is uitgeskop en sy lip was heeltemal oop. Hy het ook harsingskudding opgedoen.

Volgens Tobie het die dokters by die hospitaal aan hulle gesê dat Drikus dringend ʼn operasie moes ondergaan, maar het gevra dat die gesin eers R150 000 deposito betaal aangesien hulle nie ʼn mediese fonds het nie. “Ek het verduidelik dat dit nie vir my moontlik is nie en hulle het my na die staatshospitaal in Ga-Rankuwa verwys, waar hulle glo gereël het dat Drikus opereer kon word,” het Tobie gesê.

“By die hospitaal in Ga-Rankuwa het die dokters heel ander stories gehad en gesê hulle sou Drikus eers Maandag kan opereer. Hulle het nie eers sy lip skoongemaak of enigiets nie. Ek het gesien hier sal my kind nie gehelp word nie.”

Tobie en Suzanne is Woensdag met Drikus na The Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof in Pretoria waar ʼn dokter weereens bevestig het dat hy dadelik geopereer moes word. “Hulle het daar vir ons gesê ons kan later oor die geld bekommer, kom ons kry nou eers julle kind reg,” het Tobie gesê.

“Dieselfde middag was Drikus in die teater om die frakture in sy gesig en sy lip, wat tot op sy verhemelte oop was, te heg. Hy moes meer as 40 steke aan sy lip kry,” het hy gesê. Drikus het ook infeksie opgedoen weens die perd se vuil hoef en is op ʼn kursus antibiotika gesit.

Tans is Drikus steeds in die hospitaal besig om aan te sterk. “Sy een ogie kan nou darem heeltemal oop sodat hy bietjie kan televisie kyk. Hy kan nog nie eet nie en kan net vla en jogurt inneem. Elke keer nadat hy geëet het moet sy mond eers goed uitgespoel word en dis maar vir hom baie seer. Maar my kind is oukei en dit is die belangrikste,” het Tobie gesê.

Hy het gesê hy het nog geen idee wat die mediese rekening sal beloop nie aangesien hy dit eers sal ontvang wanneer Drikus ontslaan word. “Ek weet nie hoeveel die rekening gaan wees nie, maar ons weet dit gaan ʼn baie duur storie wees. Ek weet net die Here het sy hand oor Drikus gehou, want dit kon soveel erger gewees het. Ons is so ongelooflik dankbaar. Ek is ook dankbaar teenoor elke mens wat ons tot dusver gehelp het en bygedra het. Ons sal nooit genoeg kan dankie sê nie.”

Die kleuterskool waar Drikus skoolgaan, Marico Akademie, bestuur ʼn fondsinsameling vir die Steyn-gesin om met Drikus se mediese onkoste te help. Meer besonderhede hieroor kan direk by die skool verkry word by 014 503 0078.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Miemie ·

Kleinlyf ek hoop jy word sommer baie vinnig gesond, sterkte aan die ouers. Ek bid vir julle finansiele en ligaamlike geneesing xx

Sanja Raubenheiemr ·

Baaie baaaaie sterkte groot man, ek vertrou dat jy sommer vining gesond sal word, dit moes vreeslik seer gewees het!! (en is seker nog steeds!) Aan die Personeel van Little Company of Mary….Dit is so wonderlik dat julle die kind gehelp het sonder om daarop aante dring dat daar dadelik ‘n betaling gedoen moet word. Maroela, kan julle dalk die seuntjie se fondsinsamelings rekening nommer plaas. Sterkte Pappa en Mamma, ons vertrou dat die rekening vereffen sal kan word met die fondse wat ingesamel word.

Ernest ·

Ek wonder of die Eed van Hippokrates nog bestaan………sal ‘n dokter weer vir ons verduidelik wat dit beteken. Ek kan nie onthou of daar iets van geld genoem word nie.. ? Ek kan nie glo dat ‘n hospitaal ‘n kind in daardie toestand kan wegwys oor geld nie..!! Dankie aan die hospitaal wat gehelp het……..ons gaan julle onthou vir julle welwillendheid…!!! Kom ons help om by te dra om die kind en die hospitaal te help en leer van sekere hospitale wat so ongenadig optree teen ‘n kind in tyd van nood.

Sannie ·

Jou lewe is niks vir hul nie,ek deur n hond aangeval en hul vir my gese ek moet eers n sekere bedrag neer sit voor hul my help.Bbeste van als toe ek nie kan nie het hul gese ek moet n forum teken wat se ek weier dat hul my help…..Eugene marais hospitaal.

Jacque ·

Wow…thumbs-up vir Little Company of Mary en die betrokke dokters. ..ek kon nie glo wat ek lees nie. Dankie dat julle die mensie gehelp het. Ek hoop hy is weer vinnig op die been en dat julle elke sent spoedig sal kry om die mediese rekeninge te betaal.

Joann ·

Ernest die eed van Hipokratis geld lankal nie meer by sommige dokters nie. Ek het tyd gelede een aand n Dr.geskakel ivm.n dame wat siek was,sy was nog nie op medies nie. Dr.my gese hy behandel net pasiente wat medies het,alhoewel die dame as privaat pasient al voorheen by die Dr.was. Geld,smart karre en huise kom eerste en omgee tel nie.

Karma ·

Ja, dankie, ANC en jul korrupte spul diewe – danksy julle is hierdie arme kind van Pontius na Pilatus gestuur in erge pyn omdat die privaat mediese klinieke en hospitale net ingestel is op wins en daar ‘n spul idiote, ingevoer vanaf Kuba, in die staatshospitale is. Daar moet wetgewing gemaak word dat GEEN hospitaal of dokter – privaat of staat – ‘n pasiënt dringende mediese hulp MAG weier op grond daarvan of hulle mediese fonds het of dit kan bekostig of nie. Goddank ek bly in die Wes-Kaap waar daar ‘n werkende regering en mense met verstand is, sodat ek kan sê dat ek met geruste hart van die staatshospitaal in ons dorp kan gebruik maak!!!

Cherokee ·

en dit was nie aggressie nie maar meer waarskynlik skrik wat die perd laat skop het. As jong kind het ek van die dorp na die plaas gery en by my oupa se huis stil gehou om iets uit die mandjie vir hulle te gee. Terug gestap na die perd besig om deur ‘n koerant te blaai en reg agter die perd (onbewus dat ek so naby hom was) die koerant omgeblaai en die skielike kraak van die papier agter hom het hom laat skop. Die perd was diep ingedagte en hy het van die merrie op die White Horse bottel gedroom toe die skielike ritseling van die papier agter hom was. Die skop het my op die linkerdy getref en ‘n donkerblou kol veroorsaak. As dit effens vorentoe was… dankie tog dit was nie!!! Perd het my met ‘n glimlag aangekyk en steeds rustig gewees. Nie die perd se skuld gewees maar diè van die ruiter. ….wat ek sê is dat die perd waarskynlik skielik die beweging agter dit gesien het en instinktief geskop het.

KarooKlong ·

Die perd en die ruiter was diep ingedagte.
Die perd dink aan die merrie op die bottel, die ruiter net aan die bottel.

Cherokee ·

Hehhaheeee KarooKlong, eintlik is jy reg maar dìt is juis die deel wat die ruiter wou sensor:-)

Yvonne ·

So jammer vir die outjie en sy ouers en sooo bly hy voel al effens beter na sy behandeling deur barmhartiges. Kan die perd nie verkoop word om die rekening te vereffen nie?

KarooKlong ·

Ongelooflik baie mense sterf in die gange van hospitale asook vanaf een hospitaal na ‘n ander soos verwys na in die berig.
Alle eer aan die betrokke personeel van die Little Company of Mary hospitaal in Groenkloof.

Leon Pit ·

Ja mense daar is nog Engele onder ons wonderwerke gebeur daagliks sonder dat ons dit besef.
Sterkte aan die knappie en familie.

Piet Pompies ·

Privaat hospitale word besit deur gierige aandeelhouers wat verbruikers uitbuit vír geld. Ons is lid van’n mediese fonds wat R5000 pm kos, vir’n eenvoudige prosedure is my bybetaling R1650 nié terugbetaalbaar.

Cherokee ·

Òns is ook lede van ‘n fonds wat R5000 pm kos en tye gelede het ek gelees dat daar ‘n omdersoek geloots is oor mediesefondskostes. Om een of ander onverstaanbare rede Piet Pompies, het ek nie in jou fonds of die van myne gesien dat aansoek om ‘n ondersoek gedoen is. Miskien moet ons eie fondse ondersoek word.

Wat-ek-lees ·

Gaan maar gebuk onder die kruis wat ‘n mediese fonds jou kos. Dit het my mediese fonds honderde duisende Rand gekos vir my vrou se kanker tot haar oorlye en dit het my nie ‘n sent gekos. Natuurlik gaan die goedkoopste opsie se premie jou ook kos.

M A ·

My sus het haar knie gebreek en moes amper 2 dae in die voorportaal by Akasia Hospitaal lê totdat hulle R25000 bymekaar kon kry. Hulle wou nie eers vir haar n Disprin gee nie. Dis skandalig dat n kind moet ly omdat dokters en hospitale so geldgierig is.

Amanda ·

As jy n perd kan koop kan jy n hospitaalplan bekostig. Ek betaal R2700 per maand vir myself en 2 kinders. Dit is een opsie bo hospitaal plan en sluit noodgevalle en n gekose huisdokter in. In een jaar was ons almal hospitaal toe en alles is betaal. Eugene Marais kyk mooi in noodgevalle na mense tot hulle per ambulans na n staats hospitaal gaan. So die kritiek bo is onregverdig. Ek het dit al oor en oor gesien.
Ek oordeel nie die sonder medies nie. Ek het dit ook gedoen tot ek een keer staats hospitaal toe moes gaan. Dit was onmenslik.

Suzanne ·

Hi ek wou maar net antwoord en se DAT ons nie die perd gekoop het nie maar heruil het sodat by nie geslag moes word nie. So ons het sy lewe probeer red.

chantel ·

“Ons het ʼn ruk terug ʼn perd gekoop uit ʼn
baie goeie bloedlyn waarmee ons sou teel.
Die perd was eintlik ʼn belegging vir Drikus.” Sê nie in berig dat perd geruil is nie. Bly die klein seuntjie is okay. Dit kon soveel erger gewees het!

Matmiet ·

Amanda wat raak jy kweit ou. Perd is n “once off” medies is maandeliks. Wat as iemand hulle geld gegee het om die perd te koop om hulle te help om meer geld te maak vir n inkomste om n medies te kan bekostig. As ek beperk is met n inkomste is 2700 bokke baie geld. Skoolgeld van die laaitie en dis meer. Wat as die perd op n veiling gekoop was vir goedkoop maar op skuld met die hoop dat dit geld kan inbring vir die gesin? Wees eerder ondersteunend of bly stil.

Vetkoek ·

Baie hartseer dat daar nou moet betaal word vir n diens waarvoor hulle belasting betaal. En op daardie rekening gaan daar weer belasting betaal word. Iemand kry n spekrol by.

Tray ·

Jammer vir die ou seuntjie. Dis ‘n baie sad ongeluk wat gebeur het. Maar te danke aan sy ouers en die Little Company of Mary hospital sal hy uiteindelik beter raak.
Niemand kan so ‘n ongeluk voorsien, vernaam wanneer hulle die perd gekoop het.
Aan die dame wat noem dat hulle ‘n mediese fonds kan betaal as hulle ‘n perd kan bekostig.
Jou kommentaar oor dit is ongevraag. Niemand mag ‘n ander oordeel nie. Hoop alles werk ten goede uit vir almal and dat ons almal ‘n paar rand bydra om te help.
Pay it forward. Groete.

Cherokee ·

Ek ondersteun die stelling wat sê dat Amanda nie net ‘n ongevraagde aanmerking gemaak het maar ook dat dit ‘n onkundige stelling is. Iemand behoort haar daarop te wys dat ‘n perd ‘n eenmalige uitgawe is. Terloops, ek koop elke maand ‘n perd (in die vorm van mediese fonds premies).

Cherokee ·

Tray, jy is een van die massa wat die woord ‘oordeel’ uit onkunde kompleet misbruik.

Marianne ·

Aag moerder “tannie” se kind!
Alle diere is op die een of ander manier gevaarlik.
Ek hoop nie die plaas klonkie gaan letsels of nagevolge oor hou nie.
Alle sterkte aan sy ouers en familie lede.
Baie dankie aan die gene wat die familie bystaan.

Emi ·

Kan jul nie miskien jakaranda se good morning angels probeer. Ek is seker hulle sal kan help! Ai ek hoop hy word gou gesond! Sterkte aan mamma en pappa ook

zelda ·

Mense Mense ek werk in n privaat hospitaal en dis hoe dit werk as die pt.nie die hospitaal kan betaal nie word hy wel in NOODGEVALLE gesien en dan word hy gestabiliseer en oor geplaas na staats hospitaal toe,voor enige een wel sy mond oor n privaat hospitaal uit spoel dink eers dis ook n besigheid wat voorstand moet he en sonder geld kan hulle nie bestaan nie.
Ja almal kan nie fondse bekostig nie nie maar daar is wel goeie fonds wat nie so duur is nie meskien moet jul dalk daar na kyk volgende keer.

Groete Privaat Hospitaal

EJ ·

Ja nee, weereens soos dit gaan in SA. Die rykes buit almal uit. Lekker ry die dr sy Porsche en n lewe beteken niks. Maar die handjie vol regte dr’s soos by Little Mary se 1ste prioriteit is n lewe, nie hoe hy sy Porsche in stand gaan hou nie. So moet almal skree down with the rich…

Pastoor ·

Dit is n skreiende skande. Ek betaal R 5400 vir my en my vrou vir medies. Dan vra die oogspesialis nou n addisionele R 4000 voordat hy n skeelogie van n kind regmaak. So die mediese fonds betaal hom. Spesialis tariewe dan charge hy ekstra soveel as wat hy wil. Die ontvangsdame van n prof dr hier by ons sien mense verniet. Hy verwyder kankers ook als verniet. Hulle moet net betaal vir chemo e bestraling. Daarvoor skep mense fondse. Daar is nog drs en hys n proffesor op sy gebied wat n hart het. Sal sy naam nie noem nie. Hys n MAN

Cherokee ·

Ek dink ‘n skeelogie is slegs te wyte aan ‘n verslapte spier wat moet reggestel word. Dit is nie ‘n kundige mening maar die van ‘n leek. Jy behoort ‘n tweede opinie en kwotasie vanaf ‘n ander oogspesialis te kry. Jy behoort ook jou mediesefonds te kontak en dit met hulle bespreek. Dit is deel van die diens waarvoor jy betaal.

Human ·

Ja Deona jy loop seker die hele tyd agter jou kinders aan of nee wag jy plak hulle voor die tv en sluit die deure. Geen buite lewe vir hulle nie.

CommentQueen ·

Deona!! Ons is almal baie trots op jou wonderlike Ouerskap. Die feit dat jy 24/7 elke sekonde van die dag jou kind onder jou oë het. WEL GEDAAN!! Ongelukkig kan nie alle mense dit so doen nie. Sommige van ons het werkies in en om die huis wat gedoen moet word…. En ja, my kind speel eerder buite as wat hy/sy binne voor die tv sit.
…of miskien betaal jy n pretty penny vir n Nanny om jou kind groot te maak??

Human ·

Drikus ou seun, as ñ perd jou so skop en jy glimlag nog sê net een ding jy’s ñ bul en as jy by die huis kom weet ek van een perd wat sal moet mooi loop. Sterkte en gou gesond word.

snoefie ·

het ons geliefde anc nie gese kinders onder sea (6) jaar is geregtigheid op gratis mediese sorg nie? of het ek die deel gemis waar hulle gese het net sekere velkleur kinders? die aandeelhouers / vennote van privaat- hospitale is feitlik voor die voet almal drs. net vir die rekord “little company of Mary is ook private hospitale wat indien ek dit nie mis het nie, aandue ” life hospital” groep verkoop is.

Jaco Grobler ·

Sterk bul dié Drikus, ek dink hy gaan daai einste perd nog ry dat sy tong op die grond sleep. Mooi so seun, word gou beter. Jou ouers is baie lief vir jou en het hard probeer om jou by die beste dokters te kry, gee hulle elkeen ‘n stywe drukkie!

Johannes Meintjes ·

Jammer oor te lees van hierdie voorval. Dit is my ondervinding ook in die sendingveld, dat die Rooms Katolieke en Moslem instansies sal help waar ander soms vol draadwerk is.

Lance ·

LCOM is net die heel beste hospitaal …dankie dat julle gehelp het. Ouers leer ook iet asb ….jy bly weg agter n perd !

M A ·

Ekskuus? Ek het perde en dis beslis nie “once-off” nie. Ek moet sê dat jy verseker een of ander mediese plan moet hê as jy kinders het. Hulle is oral in en ongelukke gebeur so vinnig. My medies is die laaste ding wat ek sou opgee. Dis nog noodsaakliker as motorversekering.

theresia ·

Al die mense wat negatiewe kommetaar, hou dit vir jouself, die ouers kan nie nou nog deal met dit ook nie,voordat juLle wat so gou wil oordeel, haal eers die balk uit jullee,sterkte aan die ouers en seuntjie, dankie LCOM. Julle kan trots wees op. Wat julle gedoen het,

Ander Koos ·

Stem saam theresia. Met respek, meeste kommentare t o v hierdie berig, en so ook baie ander, is onvanpas, het geen betrekking en is selfs beledigend. Mens moet besin voordat jy jou mening uitspreek.

wanda ·

Ek wil net seker maak, hier by ons op groot marico is daar n capitek bankrekening met besonderhede waar donasies in gerrit de kock se naam moet gedeponeer word, is dit waar, wonder net?

Suzanne ·

Naand Wanda
Jy her reg. Dit is vriende van ons wat werklik uit die goedheid van hul harte wou help. Die geldjies daarin help ons met die hospitaal goedjies. Ons wag tans vir die rekening. Gelukkig is my seuntjie vandag onslaan en doen simmer baie goed. Nou is dit net n gestoei om hom rustig te hou. Hehe

Eddie ·

Suzanne, stuur asb vir my die fondsinsameling rekening besonderhede na [email protected], ek wil graag bydra tot die kleinding se mediese kostes. Sterkte

Johann ·

‘n Paar jaar gelede het ‘n Polisie-kollega van my in die nag in ‘n bees vasgery. Alhoewel hy aan almal by die privaathospitaal bekend was en hy erge hoofbeserings opgedoen het, is hy geweier omdat hy nie sy mediese fonds kaartjie by hom gehad het nie. Van sy kollegas moes inderhaas na dit gaan soek in die voertuigwrak. Intussen het die sogenaamde “golden hour” minuut-vir-minuut uitgeloop… Genadiglik het hy dit oorleef.

Besigheid is dalk besigheid, maar hoe kan dit geregverdigd aan lewe gekoppel word?!

Sterkte aan die gesin!!!

Amanda ·

Suzanne.
Jammer. Soos ek gesê het ek was ook daar. Is by 2 hospitale weggewys en by 3de gehelp en van daar staats hospitaal toe. Dit was n nagmerrie wat ek nooit weer sal wil beleef nie. Daarom my opmerking oor medies.
En ongelukke gebeur dis hoekom ek goed weet wat by Eugene Marais se noodgevalle aangaan..
Sterkte

Deona Everitt ·

Human, ek neem aan jy het nie kinders van jou eie nie daarom dat jy my so beledig.

Human ·

Deona vier seuns en nou oupa van 6 kleinkinders. En ek het jou nie beledig nie. Jy’s die een wat eerste klippe gegooi het.

Jeannie du Plessis ·

Ek is jammer dat dit gebeur het, ons het van kleins af geleer dat jy nooit agter n perd verbyloop nie (al het ek net geweet hoe lyk n prentjjie van n perd, nog nooit een self gesien, op daardie stadium)
Dis sulke belangrike dinge om vir kinders te leer, gee nie om hoe goedgeteeld die perd is of nie, selfs al is dit n Zebra hings/merrie hulle kan en sal skop. Diere is diere ons moet ons kinders van kleins af leer om nie so naby diere te loop nie (of dit nou perde, Zebras of watter soort dier is), respekteer hulle net.
Ek hoop die seuntjie herstel gou volkome, en dat julle hulp kry.

kaalvoet boere meisie ·

Baie sterkte aan die gesin. God se genade is groot. Mense net soos met n voertuig, leer jul kinders om nie agter diere te loop nie. Ek wonder nou net of mamma en pappa die tjokker bewus gemaak het van slange? Op plase, plotte en velde kan jy nie n kind laat buite speel sonder toesig nie. Anders as die perd wat uit kan breek, kan n slang oral in… en nee ek oordeel nie. Ek vra net… Jong man, ek hoop jy genees volkome en dat mamma en pappa kan vrede maak sonder nagmerries… of dan naghingse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.