Kleuter ernstig in botsing beseer

Die kleuter is na ’n oop veld gebring, van waar hy per helikopter hospitaal toe geneem is. Foto: ER24

ʼn Driejarige seuntjie het ernstige beserings opgedoen in ʼn botsing tussen twee voertuie op Chapmanspiek-rylaan naby Houtbaai in die Kaapse Skiereiland.

Toe paramedici Donderdag kort voor 17:00 by die toneel opdaag, vertel Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, was die brandweer reeds besig om die kind te behandel. Paramedici het vasgestel dat hy ernstig beseer is.

“ER24 het gevorderde lewensondersteuning toegepas voordat hulle die seun na ʼn nabygeleë veld gebring het, van waar hy per mediese helikopter hospitaal toe gebring is verdere behandeling.”

Van Huyssteen sê ʼn vrou het geringe beserings opgedoen, maar het die aanbod van vervoer hospitaal toe van die hand gewys.

Dis nie bekend hoe die botsing gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.