Kleuter gesleep in tref-en-trap-voorval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige seun is Sondagmiddag in Port Elizabeth in ʼn beweerde tref-en-trap-ongeluk doodgery en ʼn paar meter ver gesleep.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 17:45 in Bloemendal plaasgevind. “Die kind se ma was besig om in ʼn minibustaxi te klim toe ʼn blou VW Golf die kind teen ʼn hoë spoed getref het,” het sy gesê.

Die kind is vir ʼn paar meter ver onder die voertuig gesleep voordat die motoris glo van die toneel gevlug het sonder om stil te hou.

Volgens ooggetuies was daar twee mans en ʼn vrou in die motor. Hulle was glo op pad huis toe van ʼn begrafnis af.

Die vermeende bestuurder, Curtis Felkers, is in verband met die voorval in hegtenis geneem en het Maandag vlugtig in die Gelvandale-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, die versuim om stil te hou ná ʼn ongeluk, die versuim om hulp te verleen, roekelose of nalatige bestuur en die bestuur van ʼn motor sonder ʼn geldige rybewys. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 13 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ashlee ·

Wow!!! Pathetic country you guys call home!! R5000.00 bail?

Victor ·

Welcome to South Africa, Ashlee..!! A place where criminals almost have more rights than your normal citizen.. A place where robbing/killing someone is seen as a fun hobby to those that commit it.. A place where our government doesn’t care about anything but themselves..

Theresa ·

Yes, AND I wonder where this taxi parked whilst letting this lady and child try and get onto this vehicle safely. I really wonder. Because most of the times the drivers of taxis do not care for their passengers at all. I will not lie the blame on the man driving past so quickly. The taxi driver must also be asked to stand trial.

SNEL ·

My hart skeur in stukke vir daai ma, haar kind word deur iemand wat geen rybewys het nie, roekeloos bestuur, wegjaag en en en…hy kry wraggies borg. Dis vreeslik, geen geregtigheid nie. Jy kan doen wat jy wil en kom weg daarmee. Siek verby.

Delia ·

Moet my asb nie kruisig nie, maar hoe klim ‘n ma eerste in ‘n taxi terwyl die kind nog buite is?
Ek het baie meegevoel met die ma en is baie hartseer oor die kind se kort geknipte lewe, maar voel dit is iets wat voor kom kon word.

Frans ·

N begrafnis is meer as 5000 die skelms en moorde naars kom met als weg

Theresa B ·

Dis vreeslik. Die arme onskuldige kindjie. Daai man verdien nie eers borg nie!

Annie ·

Hulle moes hom toegesluit het – hoekom kry hy borg die boek is dan na hom gegooi – hierdie land darem.

Theresa ·

Moenie die taxi weggooi in hierdie hartseer storie nie. Waar het hy parker? Waarom die kind nie eerste laat inklim nie? Kon die VW ooit betyds stop of uitswaai???
Meer as een mens hier skuldig?

Anoniem ·

Delia ek stem..Dit was ook my eerste gedagte toe ek die berig lees….Jy as moeder gaan mos dat jou kind voor jou staan en eerste inklim…Jy beskerm moes jou kind so…want jy weet sulke goed gebeur..die kind kon in die straat ingehardloop het. …Sorry Thereza maar dis nie die taximan se skuld. Die plig le op die ouer om haar/sy kind te beskerm so ver moontlik. Voel die kon voorkom gewees het. Jammer vir die kleintjie wat nie meer met ons is……so onnodig…….

CommentQueen ·

Anoniem en Delia… hey julle al gesien hoeveel pakkies en goed moet sommige mense dra en saam in die taxis laai. Miskien was die ma besig om haar kind se tassie en/of groceries in die taxi te laai voor sy en haar kind inklim…. Dis so n hartseer ding wat gebeur. Gladnie nodig om die arme ma die skuld te gee nie! Ek dank die Here dat ek nie van BOET EN TAXI afhanklik hoef te wees nie.

Anair ·

Jy mis die punt .. pakkies en alles kon wag .. kind se veiligheid kom eerste…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.