Kleuter gevind ná JHB-kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21 maande oue seuntjie wat tydens ʼn kaping in Booysens, Gauteng ontvoer is, is in Braamfontein gevind.

“ʼn Volkswagen Golf is Vrydagmiddag gekaap en gewapende mans het met die kleuter weggejaag,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Polisiebeampte het Vrydag patrollie gedoen in Booysens toe hy twee mense sien hardloop het. Hy het hulle agternagesit, maar die twee het hom oorval en hom met sy dienspistool geskiet. Hy is in die arm en maag gewond.

Volgens Makhubela het die verdagtes in die polisievoertuig weggery, maar dit ʼn kort ent verder verlaat. Daarna het hulle die Golf met die kleuter daarin gekaap. “Die motor is twee ure later, omstreeks 19:00, in Braamfontein opgespoor. Die kleuter was steeds in die motor.”

Die kind is met sy gesin herenig en is gestuur vir ʼn mediese ondersoek.

“Ons is nog steeds op soek na die twee verdagtes en ondersoek ʼn saak van gewapende roof, ontvoering en poging tot moord,” het Makhubela bygevoeg.

Die gewonde polisieman is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

ʼn Agt maande oue seuntjie is in Oktober verlede jaar na ʼn soortgelyke voorval veilig opgespoor nadat sy ma se Volkswagen Polo in Phiri, Soweto gekaap is. Hy was op die agterste sitplek toe gewapende mans die motor gekaap het terwyl die ma die hek by haar huis oopgemaak het, het kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, in daardie stadium gesê. Inwoners het kort daarna ʼn kind hoor huil. Hulle het die seuntjie, wat nog steeds in sy karstoeltjie vasgemaak was, langs die pad opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

As ons koerant kry wat net elke dag se misdaad bekend maak, sal die koerant skatryk word.
Trots ANc land….

Gerald ·

Met ons stelsel kan jou kar nie gehi jack word nie. Jy kan die motor self stop tot en met 250 meter of die motor sal automaties self afsluit na 40 seksondes Al los of vergeet jy jou sleutels in die kar kan die motor nie aanjgesuit word nie. Gepatenteer. Gewaarborg, Skakel Gerald by 0833251999 of besoek on web tuiste audioalarm.co.za pretoria.

ladybug ·

Sterkte aan daai polisieman, een van die min wat nog sy werk wou doen … wonder ook maar net waar was sy “crew” om hom “back up” te gee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.