Kleuter in hospitaal ná hy in swembad beland

Argieffoto

ʼn Vierjarige seun is in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy Vrydagmiddag by ʼn huis naby Oslo-strand aan die KwaZulu-Natalse suidkus in ʼn swembad beland het.

Oslo-strand is naby Port Shepstone geleë.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die kleuter is gevind waar hy bewegingloos in die swembad dryf. Familielede het hom uit die water gehaal en dadelik kardiopulmonêre resussitasie toegepas.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was die kind by sy bewussyn maar verward. Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is,” het Herbst gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SO ·

Ouers beskerm julle kinders en sit ‘n swembad net oor om jul kinders en julle self veilig te hou.

Gesiggie ·

Ek is dankbaar dat die ouers gou opgetree het, hoop dat die seun nie skade opgedoen het. Sterkte aan die ouers… Ouers moet hul kinders oppas by n swembad, n ongeluk kan so vining gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.