Kleuter kom op ma se liggaam af

Foto: Reaction Unit South Africa

Foto: Reaction Unit South Africa

ʼn Vierjarige seuntjie het Maandagoggend op sy ma se liggaam afgekom in hul huis in Verulam, KwaZulu-Natal.

Reaction Unit South Africa het op sy Facebook-blad gesê sy beamptes is omstreeks 09:00 na ʼn huis ontbied waar hulle die liggaam van ʼn 31-jarige vrou gevind het waar dit aan ʼn stuk wasgoedlyn van die dak af hang.

“Volgens die familie is die vrou ʼn verpleegster by die Wentworth-hospitaal en is sy omstreeks 07:00 vir die laaste keer lewend gesien,” het Reaction Unit SA gesê.

“Die vrou het pas van Empangeni teruggekeer waar sy die begrafnis van haar voormalige kêrel en die pa van haar kinders bygewoon het. Sy was ontroosbaar nadat die man selfmoord gepleeg het sonder om ʼn nota agter te laat.”

Die vrou se suster het glo aan Reaction Unit-beamptes ʼn briefie oorhandig wat deur die oorledene agtergelaat het. Daarin verduidelik sy hoe haar kinders versorg moet word en hoe haar begrafnis moet geskied. Dit is nie duidelik of die ander twee kinders ook in die huis was ten tyde van die voorval nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Liewe Heksie ·

cruel van n mamma wat weet haar kinders is daar waar haar lyk gevind sal word !!!

ekke ·

Praat jy ja. En sy weey die pa is ook nie meer nie, wat word van hulle! Daar was seker ‘n ander uitweg gewees. Maar dan, ek het ook nie haar pad gestap nie. Dink aan die kinders.

Gesiggie ·

Nee regtig hoe ongevoelig kan so n Ma nou wil wees…. sy moes mons vir haarself gedink het, dat die arm kind op haar sou afkom? hy is maar net 4 jaar oud? Dit is Hartseer wat sy gedoen het, maar het sy vir een oomblik aan haar kinders gedink … Ek hoop dat die kinders teminste in goeie sorg geplaas sal word… en dat die arm klein seuntjie nie vir ewig daai beeld voor hom sal sien.. Jammer vir die Familie.. Dit moes nie vir die Ma n maklikke besluit gewees het” Maar sy het dit vooraf beplan.

MissDemeanor ·

Moenie oordeel voor jy nie self depressie gehad het nie. As mens in so ‘n toestand verkeer dink mens nie reg nie, sy was dalk oortuig dat haar kinders beter af gaan wees sonder haar en iemand anders se sorg. Werklik hartseer.

Lientjie ·

Depressie is n baie lelike siekte, ja dis die mees selfsugtigste ding wat n ma aan haar kinders kan doen. Depressie lyers sien net die uitweg dis al… Arme kindertjies verstaan dit nie.

Amanda Van Vuuren ·

26 Jan

Sad baie sad! Trek maar daardie vinger wat na haar wys terug en byt dit af!! Nie een v julle was daar om te weet wat die omstandigdhede was nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.