Kleuter kritiek ná hond hom aanval

Die paramedici wat die seun behandel het. (Foto: Netcare 911)

ʼn Kleuter is Maandagmiddag na ʼn hospitaal gehaas nadat ʼn hond hom by ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal aangeval het.

Besonderhede rakende die voorval is in dié stadium skraps.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het wel gesê paramedici is omstreeks 16:32 na ʼn huis in Glenwood ontbied waar ʼn hond ʼn driejarige seuntjie aangeval het.

Volgens Herbst het die kind ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na ʼn hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Outop ·

Onlangse hofspraak uitspraak kan sulke honde eienaars duur kos. En dit op regspraak uit die Romeinse tyd.

Ek kan ·

Dalk is dit die mense se eie hond wat die seuntjie aangeval het. Sterkte vir die seuntjie en sy ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.