Kleuter kritiek ná sy ver val

Die Woonstelblok waar die kleuter geval het. Foto: Google Maps

Die Woonstelblok waar die kleuter geval het. Foto: Google Maps

ʼn Kleuter is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Maandag twee verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Pretoria geval het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het aan Maroela Media gesê die dogtertjie was in haar ma se sorg in hul woonstel op die hoek van Steve Bikorylaan en Booysensstraat.

“Na verneem word, het die kleuter op die stoep voor die woonstel gespeel toe sy deur die relings op die tweede vloer geklouter en geval het,” het Loubser gesê.

Omstanders het noodhulp op die kleuter toegepas totdat paramedici opgedaag het. Paramedici het die kleuter op die toneel gestabiliseer voordat sy met ʼn ambulans na die Steve Biko-hospitaal geneem is. Sy het ʼn ernstige kopwond opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Inwoner ·

Die kind het by die venster van woonstel uitgeval. Daar is nie reelings op stoep nie maar wel mure ás reelings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.