Kleuter kritiek ná trok haar tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vyfjarige meisie moes Woensdag in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal vervoer word nadat sy buite Polokwane deur ʼn vragmotor raakgery is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 13:40 op die R101 sowat 35 km buite Polokwane gebeur.

“Netcare is saam met provinsiale paramedici na die toneel geroep. Met paramedici se aankoms op die toneel is daar gevind dat die klein dogtertjie nie meer asemhaal nie,” het Mathe gesê. “Paramedici het vyf minute gesukkel om haar weer by te bring en haar pols aan die gang te kry.”

Nadat die kleuter op die toneel gestabiliseer is, is sy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Polokwane geneem.

Volgens Mathe was die pad gesluit ná die voorval en is dit ongeveer ʼn uur later weer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Denise ·

Dit is hartseer wat maak n kleuter van vyf so naby besige paaie waar is die ma !!!!

Theresa ·

Al was sy besig om die pad oor te steek, hopelik nie reg voor die vragmotor in nie, moet die vragmotor darem kan briek?
Het oopmond gestaar nou die dag toe ‘n City to City bus in Pretoria-Oos soos blits die straat afjaag. Sonder om te vergroot, maklik teen 120+ km per uur. Al was die robot rooi, sou dit nie kon stop nie. Al was daar ‘n mens in die pad, sou dit nie kon stop nie. Baie vragmotors, taxis en busse is moord op wiele. Kan daar nie ‘n spesiale taakmag wees wat hierdie bestuurders met ‘n valkoog en ‘n staalgreep dophou nie? Stel spesiale mense aan wat dit reg sal doen en wat opgelei is om dit te doen. Skep daardie werk en red baie lewens.

Lolla ·

Daar was volwassenes saam met haar wat die pad wou oorsteek en besluit het hulle gaan dit nie maak nie. Hulle het kort omgedraai en haar gelos. Die drywer het probeeer uit swaai en in die proses teen n boom vas. Die drywer het alles in sy vermoee gedoen om dit te probeer verhoed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.