Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 13:40 op die R101 sowat 35 km buite Polokwane gebeur.
“Netcare is saam met provinsiale paramedici na die toneel geroep. Met paramedici se aankoms op die toneel is daar gevind dat die klein dogtertjie nie meer asemhaal nie,” het Mathe gesê. “Paramedici het vyf minute gesukkel om haar weer by te bring en haar pols aan die gang te kry.”
Nadat die kleuter op die toneel gestabiliseer is, is sy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Polokwane geneem.
Volgens Mathe was die pad gesluit ná die voorval en is dit ongeveer ʼn uur later weer oopgestel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dit is hartseer wat maak n kleuter van vyf so naby besige paaie waar is die ma !!!!
Uitsonderlike goeie werk gedoen Netcare & Paramedici.
Dalk is sy die enigste broodwinner, alleen ouer
Al was sy besig om die pad oor te steek, hopelik nie reg voor die vragmotor in nie, moet die vragmotor darem kan briek? Het oopmond gestaar nou die dag toe ‘n City to City bus in Pretoria-Oos soos blits die straat afjaag. Sonder om te vergroot, maklik teen 120+ km per uur. Al was die robot rooi, sou dit nie kon stop nie. Al was daar ‘n mens in die pad, sou dit nie kon stop nie. Baie vragmotors, taxis en busse is moord op wiele. Kan daar nie ‘n spesiale taakmag wees wat hierdie bestuurders met ‘n valkoog… Lees meer »